A 10 GHz oversampling delta modulating analogue-to-digital converter implemented with hybrid superconducting digital logic
Date
2001-03
Authors
Fourie, Coenrad Johann
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Rapid Single Flux Quantum (RSFQ) logic cells are discussed, and new cells
developed. The expected yield of every cell is computed through a Monte Carlo
analysis, and where necessary these cells are optimized for use in a complex system.
A mathematical study of the Josephson junction and SQUIDs (Superconducting
Quantum Interference devices) as switching elements precede a discussion on the
operation of RSFQ and COSL (Complementary Output Switching Logic.) These
logic families are implemented in low temperature niobium technology, and require
liquid helium cooling. A 10 GHz oversampling delta modulating analogue-to-digital
converter is then designed and constructed using RSFQ and COSL building blocks in
a hybrid configuration. The design emphasis is on devising ways to test the operation
of RSFQ with limited equipment. Yield analysis procedures on the complex system
are discussed, followed by a detailed discussion on the circuit layout and layout
problems. Software routines are developed to calculate the required dimensions of
layout structures.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Rapid Single Flux Quantum (RSFQ) logiese selle word bespreek, en enkele nuwe selle word ontwikkel. Die verwagte opbrengs, of kans dat 'n sel sal werk, word bereken deur 'n Monte Carlo analise. Waar nodig word selle met behulp van die analise verbeter vir gebruik in 'n komplekse stelsel. 'n Wiskundige studie van die Josephson-vlak en SQUIDs (Superconducting Quantum Interference devices) word gevolg deur 'n bespreking oor die werking van RSFQ en COSL (Complementary Output Switching Logic.) Hierdie logiese families word geïmplementeer in laetemperatuur niobiumtegnologie, en vereis vloeibare helium-verkoeling. 'n Deltamodulerende analoog-na-digitale omsetter met 'n intree-monstertempo van 10 GHz word ontwerp en vervaardig met 'n hibriede samestelling van RSFQ en COSL boublokke. Die ontwerp fokus op maniere om die werking van RSFQ teen 10 GHz te kan toets met die beperkte toerusting wat beskikbaar is. Opbrengsanalise op die komplekse stelsel word bespreek, gevolg deur 'n volledige bespreking van die stroombaanuitlegprosedure en uitlegprobleme. Roetines word in sagteware ontwikkel om die nodige dimensies van uitlegstrukture te bereken.

Description
Thesis (MScEng)--University of Stellenbosch, 2001.
Keywords
Signal processing -- Digital techniques, Superconductivity, Dissertations -- Electronic engineering, Rapid Single Flux Quantum (RSFQ), Microwave frequency application, Theses -- Electronic engineering