Communication strategies as a tool to address the double burden of malnutrition : an analysis of select interventions in the Western Cape province, South Africa
Date
2022-04
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: Background: The increasing prevalence of the double burden of malnutrition (DBM) has led to the development of global, national and provincial policies and strategies to address malnutrition in all its forms. In the Western Cape Province, South Africa, two initiatives, the First Thousand Days (FTD) and WesternCape on Wellness (WoW!), were launched by government to address early-life nutrition and overweight and obesity, and non-communicable diseases (NCDs), respectively. A growing body of evidence support double-duty actions (DDAs) to address the DBM in a more holistic manner. Strategic communication can be key in facilitating this process.
Objectives: The primary objectives were to 1) evaluate the success of communication strategies for the FTD and WoW! initiatives based on the awareness, knowledge and behaviour of frontline workers and community members related to the initiatives’ objectives, 2) identify available feedback channels related to initiatives, 3) evaluate the relevance of these initiatives in the study sites, and 4) evaluate whether initiatives leveraged communication opportunities for DDAs. Secondary to this, the research explored whether select non-governmental, nutrition-sensitive initiatives had potential areas of overlap with the FTD and WoW! goals to identify DDA opportunities, examine the relevance of these initiatives in the light of the COVID-19 impact on food and nutrition security, and contribute to data for the Western Cape Department of Health (WCDOH) five-year nutrition plan for addressing the double burden of malnutrition in a holistic manner.
Methods: This research was an exploratory-descriptive qualitative study, with an analytical component. A desktop overview of the policy documents and strategies from the Western Cape Government and WCDOH was completed to contextualise the origin and prioritisation of the initiatives. Semi-structured interview guides were used as basis for data collection. The total sample size was 17, which included community members (n=6), frontline workers (n=4), NGO officials (n=4) and key government officials (n=3). Fourteen (14) telephonic interviews were conducted, as well as three written exchanges, complemented by one follow-up telephonic interview.
Results: Despite being launched five years ago, and high-level interest in the FTD and WoW! initiatives, there was a lack of awareness and knowledge of the WoW! initiative, and sub-optimal behaviour related to the FTD initiative, even though the initiatives were perceived as relevant. COVID-19 increased the need for and receptiveness of nutrition communication, though opportunities to communicate decreased as result of related restrictions. There were definite areas of overlap of the FTD and WoW! interventions with the nutrition-sensitive interventions included in this study, though there are currently few areas of integration.
Conclusion: Communication strategies for the FTD and WoW! initiatives have not been successful according to the criteria for this study. The findings suggest that this may be due to missing necessary elements for successful strategic communication such as sub-optimal multisectoral collaboration, and the lack of adequate funding, sufficient human resources, and accessible training. In addition, there is a lack of integration and relevant communication channels, shortcomings in the feedback mechanisms, and lack of robust evaluation and indicators of success. However, many opportunities for improvement were identified by participants.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Agtergrond: Die toenemende voorkoms van die dubbele las van wanvoeding het gelei tot die ontwikkeling van globale, nasionale en provinsiale beleide en strategiee om wanvoeding in al sy vorme aan te spreek. In die Wes-Kaap, Suid-Afrika, is twee inisiatiewe, die Eerste Duisend Dae (EDD) en WesternCape on Wellness (WoW!), deur die regering van stapel gestuur om onderskeidelik vroee-leeftydvoeding, vetsug en nie-oordraagbare siektes aan te spreek. 'n Toenemende hoeveelheid bewyse ondersteun dubbeldiensaksies om die dubbele las van wanvoeding op 'n meer holistiese wyse aan te spreek. Strategiese kommunikasie kan 'n sleutelrol speel om hierdie proses te fasiliteer. Doelwitte: Die primere doelwitte was om 1) die sukses te evalueer van kommunikasiestrategiee vir die EDD en WoW! inisiatiewe gebaseer op die bewustheid, kennis en gedrag van voorstelinie-gesondheidswerkers en gemeenskapslede wat verband hou met die inisiatiewe se doelwitte, 2) beskikbare terugvoerkanale te identifiseer wat met die inisiatiewe verband hou, 3) die relevansie van hierdie inisiatiewe in die gemeenskappe waar die navorsing gedoen is te evalueer, en 4) te evalueer of die inisiatiewe kommunikasiegeleenthede vir dubbelsdiensaksies benut het. Sekonder hiertoe het die navorsing ten doel gehad om te ondersoek of uitgesoekte nie-regerings-voedingsensitiewe inisiatiewe potensiele areas van oorvleueling met die EDD en WoW! doelwitte het om dubbeldiensaksie-geleenthede te identifiseer, die relevansie van hierdie inisiatiewe te ondersoek in die lig van die impak van COVID-19 op voedsel- en voedingsekerheid, en by te dra tot data vir die vyfjaar-voedingsplan van die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid (WKDG) om die dubbele las van wanvoeding op 'n holistiese wyse aan te spreek. Metodes: Hierdie navorsing was 'n verkennende-beskrywende kwalitatiewe studie met 'n analitiese komponent. 'n Oorsig van die beleidsdokumente en strategiee van die Wes-Kaapse Regering en die WKDG is gedoen om die oorsprong en prioritisering van die inisiatiewe te kontekstualiseer. Semi-gestruktureerde onderhoudriglyne is as basis vir data-insameling gebruik. Die totale steekproefgrootte was 17, wat gemeenskapslede (n=6), voorstelinie-gesondheidswerkers (n=4), sleutel-NRO-amptenare (n=4) en sleutel-staatsamptenare (n=3) ingesluit het. Veertien (14) telefoniese onderhoude is gevoer, terwyl daar met drie respondente skriftelik gekommunikeer is, aangevul deur een opvolg telefoniese onderhoud. Resultate: Ten spyte daarvan dat die EDD en WoW! inisiatiewe vyf jaar gelede van stapel gestuur is, en ten spyte van hoevlak belangstelling in hierdie inisiatiewe, was daar 'n gebrek aan bewustheid en kennis van die WoW! inisiatief, en sub-optimale gedrag wat met die EDD-inisiatief verband hou, al is die inisiatiewe as relevant beskou. COVID-19 het die behoefte aan en ontvanklikheid vir voedingskommunikasie verhoog, hoewel geleenthede om te kommunikeer afgeneem het as gevolg van verwante beperkings. Daar was besliste areas van oorvleueling van die EDD en WoW! inisiatiewe met die voedingsensitiewe inisiatiewe wat in hierdie studie ingesluit is, alhoewel daar tans min areas van integrasie is. Gevolgtrekking: Kommunikasiestrategiee vir die EDD en WoW! inisiatiewe was nie suksesvol volgens die kriteria vir hierdie studie nie. Die bevindinge dui daarop dat dit kan wees as gevolg van noodsaaklike elemente vir suksesvolle strategiese kommunikasie wat ontbreek, ondermeer sub-optimale multisektorale samewerking en die gebrek aan voldoende befondsing, voldoende menslike hulpbronne en toeganklike opleiding. Daarbenewens is daar 'n gebrek aan integrasie en relevante kommunikasiekanale, tekortkominge in die terugvoermeganismes, en 'n gebrek aan robuuste evaluering en suksesaanwysers. Baie geleenthede vir verbetering is egter deur respondente geidentifiseer.

Description
Thesis (MNutr)--Stellenbosch University, 2022.