n Geïntegreerde bevoegdheidsgebaseerde model vir die ontwikkeling van menslike hulpbronne in 'n gesondheidsorganisasie : 'n onderwys- en opleidingsperspektief

Date
2002-12
Authors
Esterhuyse, M. B.(Maria Barbara)
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The problem that lead to this study is whether the view of the personnel in the utilisation review centre in the organisation with reference to the management of human resources as well as their work performance increased after implementation of the integrated competencybased human resource model. The general purpose of this study is to develop through extensive literature survey an integrated competency-based human resource model, to implement it in the organisation and to measure the impact the model had on the personnel in the utilisation review centre in the organisation. The dimensions according to which the impact was measured, are the views of the personnel in the organisation and their work performance. The following methods were used in developing and implementing the integrated competency-based human resource model: an analysis of the work processes and tasks was done to determine the flow of work through the utilisation review centre. Thereafter the different roles were identified. Simultaneously an analysis of the strategy of the organisation was conducted to determine what impact it would have on the work processes and tasks in future. Once the analyses were completed, role descriptions were compiled for the identified roles. The role descriptions are used in the development of the various human resource management activities, viz. recruitment and selection, education and development, performance management and remuneration. Throughout the implementation process the human resource management activities are evaluated to determine that it complies with the regulations of the labour laws. An opinion survey questionnaire was used to determine the view of the personnel in the utilisation review centre with reference to the methods used to implement the integrated competency-based human resource model and whether the methods were successfully executed. Thirty of the 50 respondents partook in this study. A one-group first measurementsecond measurement design was used to determine whether the model contributed to the expected results. The design allowed a single group to complete a first measurement twelve months and a second measurement 24 months after the model was implemented (January 2002 to December 2001). The outcome of this study is based on the degree of variance between the first and second measurements. The quality requirements were used to evaluate the work performance of the participants (40 respondents) on a six-monthly basis. Forty of the 50 respondents partook in this study. This was done in order to determine whether there was an improvement in the work performance of the personnel. The most significant conclusions of this study can be summarised as follows: o There was a significant difference between the first and second measurements, which indicated that the participants were of the opinion that the model had a positive impact in the organisation. o There was a significant improvement in the work performance of the participants, which indicates that the modelled to an improvement in the work performance in the organisation where the study was carried out. Based on the findings of the study, recommendations are made for further research in this field. The study succeeded in developing and implementing an integrated competency-based human resource model, which can be used with certainty by organisations to develop their personnel and which can therefore enable organisations to reach and retain a competitive advantage.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die probleem wat aanleiding gegee het tot die studie is of personeellede verbonde aan die benuttingsoorsigsentrum in die organisasie se mening rakende die bestuur van menslike hulpbronne, asook hulle werksprestasie sal verbeter ná implementering van die geïntegreerde bevoegdheidsgebaseerde menslikehulpbronmodel. Die algemene doelstelling van hierdie studie is om aan die hand van 'n omvattende literatuurstudie 'n geïntegreerde bevoegdheidsgebaseerde menslikehulpbronmodel te ontwikkel, dit in die organisasie te implementeer en die impak daarvan op die personeel in die benuttingsoorsigsentrum in die organisasie te takseer. Die dimensies waarteen die impak getakseer word, is die mening van die personeel in die organisasie en hulle werksprestasie. Die volgende metodes is aangewend m die ontwikkeling en implementering van die geïntegreerde bevoegdheidsgebaseerde menslikehulpbronmodel: 'n analise van die werksprosesse en take is uitgevoer om te bepaal wat die verloop van werk deur die benuttingsoorsigsentrum is. Daarna is die verskillende rolle geïdentifiseer. Terselfdertyd is daar ook 'n analise van die organisasiestrategie gedoen om te bepaal watter impak dit in die toekoms op die werksprosesse en take gaan hê. Nadat die analises afgehandel is, is rolbeskrywings opgestel vir die geïdentifiseerde rolle. Die rolbeskrywings word gebruik vir die ontwikkeling van die verskillende menslikehulpbronbestuursaktiwiteite, naamlik werwing, keuring en seleksie, opvoeding en ontwikkeling, prestasiebestuur en vergoeding. Deurlopend deur die implementeringsproses word daar seker gemaak dat die menslikehulpbronbestuursaktiwiteite voldoen aan die bepalings van die verskillende arbeidswette. 'n Meningsopnamevraelys is gebruik om te bepaal wat die mening van personeel in die benuttingsoorsigsentrum is oor die metodes wat gebruik is om die geïntegreerde bevoegdheidsgebaseerde menslikehulpbronmodel te implementeer en of die metodes suksesvol deurgevoer is. Dertig van die 50 deelnemers het aan die ondersoek deelgeneem. Om te bepaal of die beoogde resultate wel bereik is, is 'n enkelgroep-eerste-tweede-metingontwerp vir die evaluering daarvan gebruik. Inhierdie tipe ontwerp lê 'n enkelgroep 'n eerste meting twaalf maande en 'n tweede meting 24 maande ná die implementering van die model af (Januarie 2000 tot Desember 2001). Die resultaat van die ondersoek is die mate van verandering tussen die eerste en tweede meting. Evaluering van die ondersoekgroep se werksprestasie is op 'n sesmaandelikse basis aan die hand van die kwaliteitsvereistes gedoen. Veertig van die 50 deelnemers het aan die ondersoek deelgeneem. Die doel hiermee is om ondersoek in te stelof daar 'n verbetering in die werksprestasie van die personeel voorgekom het. Die vernaamste bevindinge van die studie kan soos volg opgesom word: D Daar is beduidende verskille tussen die eerste en tweede metings, wat daarop dui dat die ondersoekgroep van mening is dat die model wel 'n positiewe impak in die organisasie het. D Daar is 'n beduidende verbetering in die werksprestasie van die ondersoekgroep, wat daarop dui dat die model tot 'n verbetering in die werksprestasie binne die organisasie waar die studie uitgevoer is, gelei het. Gebaseer op die bevindinge van die studie word sekere aanbevelings aan die hand gedoen met die oog op toekomstige navorsing. Die studie het daarin geslaag om 'n geïntegreerde bevoegdheidsgebaseerde menslikehulpbronmodel te ontwikkel en te implementeer wat met sekerheid deur organisasies gebruik kan word om hulle personeel te ontwikkel. Sodoende word die organisasies in staat gestel om 'n mededingende voordeel te bekom en te behou.
Description
Thesis (PhD)--University of Stellenbosch, 2002.
Keywords
Personnel management -- South Africa, Medical personnel -- South Africa, Dissertations -- Education, Theses -- Education
Citation