Exploring the resource management challenges that prompted the South African Military Health Services to outsource
Date
2020-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: There is a growing body of research that confirms that organisations often resort to outsourcing when they are experiencing resource management challenges. Outsourcing is mainly used as a cost-saving strategy. While this is done primarily by the private and public sectors, military organisations are increasingly using outsourcing as a better option. While little (or no substantive) research has been conducted in the South African National Defence Force (SANDF) regarding the rationale behind outsourcing, no specific research has focused on why the South African Military Health Service (SAMHS) decided to outsource healthcare services. Against this backdrop, this study seeks to bridge this knowledge gap. The purpose of the study is to explore the resource management challenges that prompted SAMHS to outsource healthcare services. The study employed administrative management theory, resource dependency theory, and privatization theory to explain why organisations resort to outsourcing. The study adopted a qualitative explorative and descriptive design to conduct the research involving an intense literature review to collect data. Multiple methods were used to collect data such as information in the archives, books, online journals, government gazette, policy documents and available relevant documents from SANDF to obtain quality data, was conducted. Content analysis was used to analyse the data that was collected from primary and secondary sources.
The findings reveal that a lack of management skills and governance led to mismanagement of resources and the cause for outsourcing of healthcare services by the SAMHS. Non-compliance with the policies and the legislative framework by managers led to resource management challenges. The SAMHS did not outsource healthcare services as a cost-saving strategy, but mainly because of a lack of resources and specialised skills to carry out its duties. The conclusions show that the outsourcing of healthcare services can be used by the SAMHS to save costs as it has been used and recommended by other health organisations.
The establishment of measures and processes for implementation and control is important in the management of contracts between organisations and service providers to ensure that quality services are provided.
This study recommends that all managers in managerial positions at all levels in the SANDF and SAMHS organisations should possess management qualifications, skills, knowledge, capability, and experience. This will ensure that the management of all resources is implemented cost-effectively so healthcare service delivery does not suffer. The refurbishment of the facilities should be completed so that the outsourcing of services can be minimised. The SANDF and SAMHS should adhere to procurement processes when purchasing equipment and medical supplies to avoid irregular expenditure. Lastly, there must be strict adherence to all the legal frameworks that specify how patient care should be managed and provided to the patients, as well as how the responsibilities of healthcare service providers, including managers of healthcare organisations, should be practiced. Finally, the study suggests that future research (preferably field research) should be conducted in this field.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Daar is 'n toename in navorsing wat bevestig dat organisasies dikwels uitkontraktering gebruik wanneer hulle voor uitdagings ten opsigte van hulpbronbestuur te staan kom. Uitkontraktering word hoofsaaklik as 'n kostebesparingstrategie gebruik. Alhoewel dit veral deur die private en openbare sektor gedoen word, gebruik militêre organisasies toenemend uitkontraktering as 'n beter oplosssing. Alhoewel daar weinig (of geen substantiewe) navorsing in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) gedoen is rakende die rasionaal agter hierdie uitkontraktering nie, het geen spesifieke navorsing gefokus op waarom die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens (SAMHS) besluit het om gesondheidsorgdienste uit te kontrakteer nie. Teen hierdie agtergrond poog hierdie studie om bogenoemde kennisgaping te oorbrug. Die doel van die studie is die ontleding van die knelpunte rakende hulpbronbestuur wat SAMHS aangespoor het om gesondheidsorgdienste uit te kontrakteer. Die studie het gebruik gemaak van administratiewe bestuursteorie, teorie van hulpbronafhanklikheid en privatiseringsteorie om uiteen te sit waarom organisasies gebruik maak van uitkontraktering. Die studie het 'n kwalitatiewe ondersoekende en beskrywende model gebruik om die navorsing uit te voer, wat 'n intense literatuuroorsig insluit om data te versamel. Navorsing is gedoen met behulp van veelvuldige metodes soos inligting in die argiewe, boeke, aanlynjoernale, staatskoerante, beleidsdokumente en beskikbare toepaslike dokumente van die SANW om kwaliteitsdata te bekom. Inhoudsanalise is gebruik om die data wat uit primêre en sekondêre bronne versamel is, te verwerk. Die bevindinge toon dat 'n gebrek aan bestuursvaardighede en bestuur gelei het tot die wanbestuur van hulpbronne en die gevolglike uitkontraktering van gesondheidsorgdienste deur SAMHS. Bestuurders se nie-nakoming van die beleid en die wetgewende raamwerk het struikelblokke vir hulpbronbestuur veroorsaak.. SAMHS het nie gesondheidsorgdienste as 'n kostebesparende strategie uitgekontrakteer nie, maar hom hoofsaaklik daartoe gewend weens 'n gebrek aan hulpbronne en gespesialiseerde vaardighede om sy pligte uit te voer. Die gevolgtrekkings toon dat die uitkontraktering van gesondheidsorgdienste deur SAMHS gebruik kan word om koste te bespaar, aangesien dit deur ander gesondheidsorganisasies gebruik en aanbeveel is. Die daarstelling van maatreëls en prosesse vir implementering en beheer is belangrik in die bestuur van kontrakte tussen organisasies en diensverskaffers om te verseker dat gehaltedienste gelewer word. Hierdie studie beveel aan dat alle bestuurders in bestuursposte op alle vlakke in die SANDF- en SAMHS-organisasies oor bestuurskwalifikasies, vaardighede, kennis, bekwaamheid en ervaring moet beskik. Dit sal verseker dat die bestuur van alle hulpbronne kostedoeltreffend geïmplementeer word sodat dienslewering in die gesondheidsorg nie benadeel word nie. Die opknapping van die fasiliteite moet voltooi word sodat die uitkontraktering van dienste tot die minimum beperk kan word. SANDF en SAMHS moet by die aankoop van toerusting en mediese voorrade by die aankoopriglyne hou om onreëlmatige uitgawes te vermy. Laastens moet daar streng voldoen word aan al die wetlike raamwerke wat spesifiseer hoe pasiëntesorg bestuur moet word en aan die pasiënte gelewer moet word, asook hoe die verantwoordelikhede van gesondheidsorgverskaffers, insluitend die bestuurders van gesondheidsorgorganisasies, uitgevoer moet word. Laastens stel die studie voor dat verdere navorsing (verkieslik veldnavorsing) op hierdie gebied gedoen moet word.

Description
Thesis (MMil)--Stellenbosch University, 2020.
Keywords
Contracting out -- Health aspects, Outsourcing, South African Military Health Service, South African National Defence Force (SANDF), Medicine, Military -- South Africa, Medical personnel -- South Africa, Personnel management -- Military construction operations, UCTD