Privacy as a common good in the age of big data
Date
2022-04
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: In this thesis, I support the claim that Big Data poses a significant threat to liberal democracy
through its violation of citizens’ privacy and consequently argue that in order to address this threat,
it is necessary to re-assess the way that we value privacy in a liberal society. Big Data's role in the
erosion of liberal democracy has been increasingly raised in the media and the philosophical literature,
but the precise role that violations of privacy play in undermining democracy is not always
clearly spelt out. I unpack the claims made in this regard and show that the central issue here is that
Big Data threatens democracy because of its unique ability to undermine citizens’ autonomy. I go
on to show that it is able to do so thanks to its unprecedented large-scale and consistent invasions of
privacy. That is to say, I show how, by invading privacy, Big Data can and does undermine autonomy.
And as I will argue, without an autonomous citizenry, liberal democracy cannot thrive. Having
made the argument that democracy is under threat because of Big Data’s erosion of autonomy
through privacy-invasions, I go on to assess arguments for valuing privacy as a public good. I show
the limitations that stem from viewing privacy as a public good, and I conclude that in the Age of
Big Data, it is crucial that we view privacy as a common good instead. I argue that the traditional
evaluation of privacy as an individual good is a central obstacle in the struggle to address privacyinvasions
in the Age of Big Data. Hence, in order to protect our privacy and, ultimately, liberal
democracy, we need to reconceive of the value of privacy.
AFRIKAANS OPSOMMING: In hierdie tesis onderskraag ek die bewering dat Goortdata ’n beduidende bedreiging vir die liberale demokrasie inhou deurdat dit burgers se privaatheid ondermyn. Verder voer ek aan dat hierdie bedreiging slegs aangespreek kan word indien ons die waarde wat ons in liberale samelewings aan “privaatheid” heg, in heroënskou neem. Alhoewel die rol van Grootdata in die wegkalwe van die demokrasie meer aandag in die media en in die filosofiese literatuur begin geniet, word die presiese rol wat privaatheidsoorskryding hier speel nog nie duidelik uitgestip nie. Ek bestudeer verskeie bewerings wat in hierdie verband gemaak word en wys dat die kern uitgangspunt is dat Grootdata ’n bedreiging vir die demokrasie inhou weens die ongeëwenaarde mate waartoe dit burgers se outonomie kan ondermyn. Ek wys dan dat hierdie vermoë voortspruit uit Grootdata se ongekende, grootskaalse en volgehoue privaatheidsoorskrydende praktyke. Dit is, ek wys hoe Grootdata, deur privaatheid te oorskry, outonomie ondermyn. Ek maak dan verder die argument dat liberale demokrasie nie kan floreer sonder ’n outonome burgery nie. Nadat ek vasgestel het dat Grootdata ’n bedreiging vir die demokrasie inhou deurdat dit, weens die oorskryding van burgers se privaatheid, outonomie ondermyn, evalueer ek argumente wat aanvoer dat privaatheid ’n gemeenskaplike bate is. Ek lig die beperkinge van hierdie benadering tot die waarde van privaatheid uit en kom tot die gevolgtrekking dat die Grootdata-era ons noop om privaatheid eerder as ’n openbare bate te beskou. Dus, ten einde ons privaatheid en, uiteindelik, liberale demokrasie te beskerm, moet ons herbesin oor die waarde van privaatheid.

Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Big data, Political science -- Philosophy, Data ethics, Privacy