'n Ondersoek na die geskiktheid van 'n datavloeiverwerker as 'n herstruktureerbare spesiale verwerker
Date
1984-11
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis behels 'n ondersoek na die geskiktheid van 'n
datavloei-verwerker om as 'n herstruktureerbare spesiale verwerker
te dien.
Die werking van 'n datavloei-verwerkermodel word aan die hand
van datavloeikonsepte verduidelik. Die tekortkominge van die
model, naamlik die gebrek aan datastruktuur-hanterings,
toevoer/afvoer en hertoelatingsmeganismes wor-d uitgelig en
moontlike oplos~ings word gege••
'n Semodifiseerde datavloei-model, wat beide struktuurhantering
en toevoer/afvoermeganismes insluit, word voorgestel.
Hertoelating word met behulp van 'n datapakketbenamingsmetode
bewerkstellig. Om die programmeerbaarheid en
die herstruktureerbaarheid van die model te ondersoek, is
besluit om 'n datavloei-verwerker te simuleer.
Die model is met behulp van die hoevlaktaal PASCAL, en bedryfstelselroepe
op die VAX 11/780 rekenaar gesimuleer. ParallelIe
verwerkingskonsepte in beide programmatuur en argitektuur
word gedemonstreer.
Description
Thesis (MEng.) -- Stellenbosch Universiteit, 1984.
Keywords
Parallel processing (Electronic computers), Multiprocessors, Electronic data processing, Dissertations -- Engineering