Funksionele aspekte van spoorvervoereindpunte wat die suksesvolle vervoer van goedere per spoor ondersteun

Date
2020-04-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Abstract
Hierdie artikel bied ’n oorsig van die funksionele aspekte van spoorvervoereindpunte wat die suksesvolle lewering van goederespoordienste kan ondersteun. Ten aanvang word die primêre en sekondêre funksies van goederevervoereindpunte in die algemeen bespreek, waarna spoorvervoereindpunte in die besonder bespreek word. Spoorvervoereindpunte bestaan uit verskeie werftipes wat elkeen ingerig is om sekere funksies te verrig of werksaamhede te hanteer. Die primêre en sekondêre funksies van al die werftipes word vermeld. Daarna word die funksies bespreek van die vier breë klasse goederespoorvervoereindpunte wat vandag aangetref word, naamlik (1) losmaat-, (2) grootmaat-, (3) opry-afry- en (4) intermodale eindpunte. Grootmaateindpunte word verder verdeel in ertseindpunte, eindpunte by die tenkwerwe van olieraffi naderye en chemiese aanlegte, en eindpunte by graansuiers. Die soorte treine, spoortrokke en hanteringstoerusting wat by elke eindpuntklas aangewend word en die goederesoorte wat by elkeen hanteer word, word vermeld.
Description
CITATION: Pienaar, W. J. 2020. Funksionele aspekte van spoorvervoereindpunte wat die suksesvolle vervoer van goedere per spoor ondersteun. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 39(1):32-39, doi:10.36303/SATNT.2020.39.1.745.
The original publication is available at http://www.satnt.ac.za
Keywords
Terminals (Transportation), Freight and freightage, Railroads
Citation
Pienaar, W. J. 2020. Funksionele aspekte van spoorvervoereindpunte wat die suksesvolle vervoer van goedere per spoor ondersteun. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 39(1):32-39, doi:10.36303/SATNT.2020.39.1.745.