Perceptions of the learning environment by medical students at a new medical school in Nigeria
Date
2019-04
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: There is an increasing interest and concern about the role of the learning environment in undergraduate medical education. The learning environment as experienced by students has been described as one of the most important factors in determining the success of any medical curriculum. Not only does it form the basis for effective learning, it also determines the extent to which learning objectives or outcomes will be achieved. It is a determinant of students’ satisfaction and achievement. Assessment of the learning environment provides an essential approach for evaluating the quality of the medical
curriculum and training programmes by identifying the strengths and the weaknesses of the curriculum
and the priority areas for improvement; thereby ensuring high quality medical education. The Ekiti State University Medical School (ESUMS) is in its early formative years with various challenges, reforms, and modifications. An assessment of how students perceive the learning environment will not only provide insight into the various challenges, but also identify the strength of the learning environment that can be enhanced in order to maximize learning and ensure learning outcomes are achieved. With this understanding, this study aimed to understand how medical students in this new medical school perceive their learning environment. With the assumption that learning is socially constructed, a qualitative approach to inquiry using focus group interviews was adopted to assess how students perceived the learning environment. An interview guide based on the five subscales of the Dundee Ready Education Environment Measure (DREEM) i.e. students' perceptions of learning, teaching, academic self-perceptions, atmosphere, and social self-perceptions, alongside other areas of interest was employed to navigate discussions. Four data sets were obtained from the transcriptions of four focus group interviews. Thematic analysis was conducted by the researcher with the aim of identifying various themes from the data sets. Although globally the learning environment was rated below average, findings of the study also identified some strengths of the learning environment namely, adequacy of classes, laboratories and seminar rooms, the good students-teachers relationship that exist, the relatively high teacher-student ratio with greater opportunity for students’ engagements in patients’ care. Nevertheless, key weaknesses were also identified, namely inadequate teaching aids and essential hospital equipment to facilitate teaching and learning, the absence of opportunities for financial aids or scholarships, and a negatively perceived social environment and an irregular supply of electricity. Again, a few of the participants also highlighted the issue relating to bullying or the use of derogatory language by some of
their lecturers. These were believed to impact negatively on teaching and learning.
In addition, the participants described their ideal medical school as one with good physical structures
with basic facilities for comfort, teaching and learning, recreation, with opportunity for inter-school
competitions, financial aids and scholarship and besides one must be aware of the date of graduation at the time admission, this, they believe will motivate students to want to learn. On the average, participants rated the current circumstances at the university as 30-40% of their expected ideal due to inadequacy or absence of some of the factors highlighted above. The identified key strengths and weaknesses, as well as challenges confronting teaching and learning in this learning environment provide the foundation from which educational managers can improve the learning environment and thereby, enhance the learning outcomes.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Daar is toenemende belangstelling en kommer oor die rol wat die leeromgewing in voorgraadse mediese studente se opleiding speel. Studente beskryf die belewing van die leeromgewing as een van die belangrikste faktore wat die sukses van enige mediese kurrikulum bepaal. Dit vorm die basis van effektiewe leer en bepaal ook die mate waarin leerdoelstellings en leeruitkomste bereik word. Die belewing van leeromgewing speel ʼn groot rol in studente se tevredenheid en prestasie. Om die kwaliteit van die kurrikula en ander leerprogramme te bepaal, kan die assessering van die leeromgewing ʼn groot bydrae lewer tot die vasstelling van sterk- en swakpunte daarvan, asook ander prioriteitsareas waar verbetering kan plaasvind. Die Ekiti State University Medical School (ESUMS) is tans in sy vroee vormingsjare. ‘n Verskeidenheid uitdagings en ander aspekte van hervorming en aanpassings staar die instelling in die gesig. Deur die leeromgewing te assesseer kan insig bekom word oor hoe die leeromgewing verbeter kan word sodat die uitkomste wat die program ten doel het, bereik kan word. Teen hierdie agtergrond was die studie daarop gemik om te verstaan hoe studente van hierdie nuwe mediese skool hulle leeromgewing ervaar. ‘n Kwalitatiewe navorsingsbenadering is gevolg waar gebruik gemaak is van fokusgroep-onderhoude om te bepaal hoe studente die leeromgewing ervaar. Die onderhoudsgids is gebasseer op die vyf DREEM subskale naamlik, studente se persepsies van leer, onderrig, akademiese selfpersepsies, die leeratmosfeer en sosiale selfpersepsies. Die vrae vir die onderhoudsgids is ontwikkel om besprekings te inisieer. Vier stelle data is verkry uit die transkripsies van die vier fokusgroeponderhoude. Die data is tematies geanaliseer met die doel om verskillende temas in die vier stelle data te identifiseer. Oorhoofs is die leeromgewing as ondergemiddeld deur die studente beoordeel. Die bevindinge het wel sekere sterkpunte van die leeromgewing geidentifiseer, naamlik die van voldoende klasse, laboratoriums en seminaarkamers, die goeie studente-dosente verhouding, die relatiewe hoe studentdosent ratio wat tot beter geleenthede vir betrokkenheid van studente by pasiëntsorg tot gevolg het. Terselfdertyd is daar ook kern swakpunte geïdentifiseer wat wissel van onvoldoende onderrighulpmiddels, noodsaaklike hospitaaltoerusting en fasiliteite vir onderrig en leer, die afwesigheid van geleenthede vir finansïele steun en studiebeurse, die negatiewe belewing van die sosiale omgewing tot die wisselvallige beskikbaarheid van elektrisitiet. Weereens het sommige van die deelnemers ook aandag gegee aan die kwessie rakende afknouery of die gebruik van afwykende taal deur sommige van hul dosente. Hierdie faktore het waarskynlik ‘n negatiewe impak op leer en onderrig. Daarbenewens het die deelnemers hul ideale mediese skool beskryf as een met goeie fisiese strukture met basiese geriewe vir troos, onderrig en leer, ontspanning, met geleentheid vir interskoolkompetisies, finansiele hulpmiddels en studiebeurse. Verder moet 'n mens bewus wees van die datum van gradeplegtigheid by die toelatingsdatum, dit glo hulle sal studente motiveer om te wil leer. Op gemiddelde het die deelnemers die huidige omstandighede by die universiteit as 30-40% van hul verwagte ideaal as gevolg van onvoldoende of afwesigheid van sommige van die faktore wat hierbo gemerk is, gegradeer. Die geidentifiseerde sleutel sterkpunte en swakpunte asook die uitdagings wat leer en onderrig in hierdie leeromgewing konfronteer, verskaf ‘n fondasie vir onderrigleiers om op te reageer en sodoende die leeromgewing en dus ook leeruitkomste te verbeter.

Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2019.
Keywords
Medical students -- Nigeria, Vocational guidance -- Nigeria, Medical students -- Nigeria -- Attitudes, UCTD