The acute effect of self-induced unclassified therapeutic tremors on cardiac autonomi responses and interictal state anxiety symptoms in individuals with epilepsy
Date
2022-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Introduction: Individuals with epilepsy (IwE) are diagnosed with comorbidities up to eight times more than the general population, of which anxiety disorders are one of the most frequently reported.
Interictal anxiety is unique to IwE and includes anticipatory anxiety of epileptic seizures, seizure phobia, epileptic social phobia, and epileptic panic disorder, which leads to avoidance behaviour compromising quality of life. Further, health and wellness practitioners (HWP) are reported to feel inadequately resourced in treating anxiety in epilepsy. There is growing evidence that complementary and alternative medicine (CAM) may reduce anxiety in IwE by inducing parasympathetic activation, and thus increase heart rate variability (HRV) and reduce state anxiety. One such therapy is Tension and Trauma Release Exercises (TRE®), which employs self-initiated unclassified therapeutic tremors (SUTT), which assist the body in releasing deep muscular patterns of tension originating from stressful and traumatic experiences. Studies suggest that SUTT has a
regulating effect on the stress response, reducing anxiety and improving autonomic regulation in populations experiencing chronic stress. However, no studies to date have investigated the effect of SUTT on cardiac autonomic responses (CAR) and state anxiety in IwE. Aims: The primary aim of the research was to investigate the acute effects of a single TRE® session
on CAR, as well as interictal state anxiety in IwE. The secondary aims included determining the allostatic load index of the participants, their perceived stress and anxiety and their comfort during the TRE® session. In addition, a survey distributed to HWP determined their attitudes and perceptions towards CAM, specifically the use of TRE® in the treatment of anxiety in IwE. Methods: A RedCap survey was distributed to HWP (n = 52; age: 41.15 ± 13.59 years) to gain insights into their perceptions of and attitudes towards CAM, in particular TRE®. The experimental study was a cross-over randomized study design in IwE (n = 11; age: 23.18 ± 2.36 years) with a confirmed diagnosis, but seizure free for at least three months. Discriptive information was collected
pre-intervention. Cardiac autonomic responses ((HRV, heart rate (HR) and blood pressure (BP)) were measured at 5, 10 and 15 minutes pre- and post-intervention (i.e. TRE® session and control), via H10, Polar Electro Oy®, Finland. Perceived interictal state anxiety symptoms were measured (STAI-S) pre-and post-intervention. The potential comfort of the TRE® session was also measured using a subjective VAS comfort rating scale. Results: Survey results reported that 94% of HWP believed CAM therapies to be useful in treating
anxiety in IwE and the most preferred CAM therapies included Breathing Methods (96%), Physical Activity (90%) and Yoga (81%). Furthermore, 48% of HWPs were familiar with SUTT, 52% knew of TRE® and 17% were qualified, TRE® practitioners. The intervention’s eleven participants presented with moderate perceived stress (16.55 ± 7.79 A.U) and anxiety (8.55 ± 4.50 A.U) levels as well as a moderate descriptive allostatic load index. State anxiety symptoms improved (p = 0.04) as well as comfort levels (p = 0.04) after a single TRE® session. No treatment effect was observed in the CAR between the control and treatment group thus, Systolic BP (p = 0.60); Diastolic BP (p = 0.54); HR (p= 0.88); nLF (p = 0.41); nHF (p = 0.84); nLF/nHF (p = 0.80); Mean R-R (p = 0.96); RMSSD (p = 0.87) and SDNN (p = 0.68). Conclusion: Generally, HWPs agree that CAM therapies are effective in treating anxiety in IwE. Most are hesitant, however, to use TRE® as a treatment option, suggesting that additional substantiation is needed. In this intervention, a single TRE® session did not influence the CAR acutely, requiring longer-term investigation. Interictal state anxiety symptoms were significantly reduced, and comfort levels increased, without adverse events. Therefore, promoting TRE® as a
possible immediate state anxiety intervention for individuals with controlled epilepsy.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Inleiding: Individue met epilepsie (ImE) word tot agt keer meer gediagnoseer met komorbiditeite as die algemene bevolking, waarvan angsversteurings een van die mees gerapporteerde toestande is. Interiktale angs is uniek aan ImE en sluit angs van die verwagting van epileptiese aanvalle, aanvalfobie, epileptiese sosiale fobie en epileptiese paniekversteuring in. Interiktale angs lei tot vermydingsgedrag wat die individu se lewenskwaliteit in gevaar stel. Verder word daar gerapporteer dat gesondheids- en welstandspraktisyne (GWP) nie voldoende toegerus voel om angs in epilepsie te behandel. Daar is toenemende bewyse dat komplementêre en alternatiewe medisyne (KAM) angs in ImE kan verminder deur parasimpatiese aktivering aan te bring en dus hartklopveranderlikheid (HKV) te verhoog en toestandsangs te verminder. Een van hierdie terapieë is Tension and Trauma Release Exercises (TRE®), wat self-geïnisieerde ongeklassifiseerde terapeutiese bewe (SOTB) gebruik om die liggaam te help om diep spierspanning weens stresvolle en traumatiese ervarings te verlig. Studies dui daarop dat SOTB 'n regulerende effek op die stresreaksie het, wat angs verminder en outonome regulering verbeter in bevolkingsgroepe wat kroniese stres ervaar. Geen studies het egter tot dusver die effek van SOTB, op die kardiale outonome response (KAR) en toestandsangs in ImE ondersoek nie. Doelwitte: Die primêre doel van die navorsing was om die akute uitwerking van 'n enkele TRE®-sessie op KAR te ondersoek, sowel as interiktale toestandsangs in ImE. Die sekondêre doelwitte het die bepaling van die allostatiese ladingsindeks van die deelnemers, hul waargenome stres en angs asook gemak tydens die TRE®-sessie ingesluit. Daarbenewens was 'n opname aan GWP, om hul houdings en persepsies teenoor KAM bepaal, met spesifieke verwysing na die gebruik van TRE® in die behandeling van angs in ImE. Metodes: 'n RedCap-opname is aan GWP (n = 52; ouderdom: 41,15 ± 13,59 years) versprei, om insig in hul persepsies van en houdings teenoor KAM, spesifiek TRE®, te verkry. Die eksperimentele studie het 'n oorkruising ewekansige eksperimentele ontwerp in ImE aangeneem (n = 11; ouderdom: 23.18 ± 2.36 jaar) met 'n bevestigde diagnose, maar aanval vry vir ten minste drie maande. Kardiale outonome response ((HKV, hartklop (HK) en bloeddruk (BD)) is gemeet teen 5, 10 en 15 minute voor en na-intervensie (TRE® sessie en kontrole), via H10, Polar Electro Oy®, Finland. Waargenome interiktale toestandsangssimptome is gemeet (STAI-S) voor en na die intervensie. Die potensiële gerief van die TRE®-sessie is gemeet deur gebruik te maak van 'n subjektiewe VASgemaksglyskaal. Resultate: Opnameresultate het gerapporteer dat 94% van GWP glo dat KAM-terapieë nuttig is in die behandeling van angs in ImE en die mees voorgekeurde KAM-terapieë het asemhalingsmetodes (96%), fisieke aktiwiteit (90%) en joga (81%) ingesluit . Verder was 48% van GWP vertroud met SOTB, 52% het geweet van TRE® en 17% was gekwalifiseerde TRE®-praktisyne. Die intervensie se elf deelnemers het matig waargenome stres- (16.55 ± 7.79 A.E) en angsvlakke (8.55 ± 4.50 A.E) getoon, met 'n matige beskrywende allostatiese las indeks. Toestandsangssimptome het aansienlik verbeter (p = 0.04), sowel as gemaksvlakke (p = 0.04), na 'n enkele TRE®-sessie. Geen behandelingseffek is in die KAR tussen die kontrole- en behandelings groep waargeneem nie, dus Sistoliese BD (p = 0.60); Diastoliese BD (p = 0.54); HK (p = 0.88); nLF (p = 0.41); nHF (p = 0.84); nLF/nHF (p = 0.80); Gemiddelde R-R (p = 0.96); RMSSD (p = 0.87) en SDNN (p=0.68). Gevolgtrekking: Oor die algemeen stem GWP saam dat KAM-terapieë effektief is in die behandeling van angs in ImE. Die meeste is egter huiwerig om TRE® as 'n behandelingsopsie te gebruik, wat daarop dui dat bykomende bewyse nodig is. In hierdie intervensie het 'n enkele TRE®-sessie nie die KAR akuut beïnvloed nie, wat 'n langer termyn ondersoek vereis. Interiktale toestandsangssimptome het egter aansienlik verminder en gemaksvlakke het toegeneem, sonder nadelige gebeurtenisse. Hierdie ondersteun dus TRE® as 'n oënskynlik intervensie vir toestandsangs in individue met beheerde epilepsie.

Description
Thesis (M Sport Sc)-Stellenbosch University, 2022.