Efficacy and safety of oral protein-containing carbohydrate supplements for enhancing recovery after elective surgery : a systematic review
Date
2021-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: Context: Fasting prior to surgery is necessary to prevent aspiration, but prolonged preoperative fasting has become the norm and may be unfavorable for patient comfort and recovery. Providing a carbohydrate drink preoperatively to reduce the fasting time is recommended, but the addition of protein to these drinks could be an option.
Objectives: The primary objective of this review was to examine the safety of providing a protein-containing carbohydrate drink preoperatively in adults undergoing elective surgery. Secondary, the effect on post-operative insulin resistance or sensitivity, post-operative glycemia and other post-operative events, including discomforts such as hunger, weakness, malaise, nausea and vomiting and muscle strength, was investigated.
Method: Major electronic databases were searched and additional literature was obtained through hand-searching and reviewing the reference lists of articles and other systematic reviews. Randomised controlled trials (RCTs) in a hospital setting, involving adult patients undergoing elective surgery, were used as a data source. Two reviewers independently performed data extraction. Review Manager 5 was used to analyse data.
Results: Eleven of 286 articles were selected for inclusion. Safety, as measured by the effect on the gastric residual volume (GRV) of Protein plus carbohydrate (CHO) versus CHO only groups, indicated the median GRV levels were similar (median (range) of 4.5 (0-15)mL (n=14) vs 7.0 (0-80)mL (n=12) and 5 (0-15)mL (n=9) vs 7.0 (0.0-10)mL (n=10)). When comparing Protein plus CHO versus Control (fasting) groups, similar median levels of GRV were found (median (range) of 4.5 (0-15)mL(n=14) vs 5.0 (0-50)mL (n=12) and 5 (0-15)mL (n=9) vs 3.0 (0.0-20)mL (n=9)). Similar mean levels were also found between the GRV of the Protein plus Trace elements plus CHO versus Control (fasting) groups (mean (SD) of 13(18) (n=27) vs 12 (22) (n=26) and mean(SD) of 10 (12) (n=33) vs 11 (16) (n=35)). Secondary outcomes assessed glycemia between Protein plus CHO versus Control groups (water) and found similar mean levels (MD -10, 95%CI: -32.16 to 12.16, n=17, 1 study). Post-operative discomfort, measured by hunger visual analogue scale (VAS) scores were reported by authors to be similar between the Protein plus CHO versus CHO only groups, but the results were only reported graphically and therefore further analysis could not be done. No difference was reported on hunger in the Protein plus CHO versus Control groups (median (Inter-Quartile Range IQR) of 3 (1-5) (n=27) vs 2.5 (0.5-4.5) (n=26) and median (IQR) of 3 (1-5) (n=33) vs 4 (2-6) (n=35)). No meaningful statistical comparisons on nausea and vomiting could be made in Protein plus CHO versus Control group comparisons. One study indicated no differences in nausea VAS scores between Protein versus CHO groups (p=0.2046 for Protein vs CHO). No difference was reported by authors on post-operative muscle strength between Protein plus CHO versus CHO only treatment groups (single study), without reporting the actual data or summary statistics. The GRADE tool assessed overall methodological quality as very low.
Conclusion: Although larger RCTs are needed, the current review found that gastric emptying is similar for preoperative carbohydrate drinks plus protein compared to carbohydrate only drinks, placebo, water or fasting which may establish the safety of using a protein-containing CHO drink as part of a preoperative CHO loading regime.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Konteks: Dit is nodig om te vas voor chirurgie om aspirasie te voorkom, maar langdurige vas, wat die norm geword het voor chirurgie, kan ongunstig wees vir die gemak en herstel van die pasient. 'n Koolhidraatdrankie word preoperatief aanbeveel om die vasstyd te verkort, maar proteiene kan ’n moontlike opsionele byvoeging wees. Doelstellings: Die primere doel van hierdie sistematiese oorsig was om die veiligheid van 'n preoperatiewe proteienbevattende koolhidraatdrankie by volwassenes wat elektiewe chirurgie ondergaan, te ondersoek. Sekonder was die effek op postoperatiewe insulienweerstandigheid of -sensitiwiteit, glukemie en ander postoperatiewe effekte, insluitend ongemak soos honger, swakheid, malaise, naarheid en braking en die effek op spierkrag, ondersoek. Metode: Die belangrikste elektroniese databasisse was deursoek en addisionele literatuur was verkry deur verwysingslyste van artikels en ander sistematiese oorsigte na te gaan. Verewekansigde gekontroleerde proewe (VGPs) in 'n hospitaalomgewing op volwasse pasiente wat elektiewe chirurgie ondergaan het, was as databron gebruik. Twee onafhanklike hersieners het afsonderlik data-onttrekking gedoen. Die Review Manager 5.1 program was gekies om data mee te ontleed. Resultate: Vanuit 286 artikels was 11 gekies vir die oorsig. Veiligheid, gemeet aan die effek op die gastriese residuele volume (GRV) van Proteien plus koolhidraat (CHO) teenoor slegs CHO-groepe, het aangedui dat die gemiddelde GRV-vlakke soortgelyk was (mediaan (reeks) van 4,5 (0-15)mL (n = 14) vs 7.0 (0-80)mL (n = 12) en 5 (0-15)mL (n = 9) vs 7.0 (0.0-10)mL (n = 10)). Deur Proteien plus CHO met Kontrolegroepe (vas) te vergelyk, was soortgelyke mediaanvlakke van GRV gevind (mediaan (reeks) van 4,5 (0-15)mL (n = 14) vs 5,0 (0-50)mL (n = 12) en 5 (0-15)mL (n = 9) vs 3.0 (0.0-20)mL (n = 9)). Soortgelyke gemiddelde was ook gevind tussen die GRV-vlakke van die Proteien plus Spoorelemente plus CHO-groepe versus Vasgroepe (gemiddelde (SD) van 13 (18) (n = 27 ) vs 12 (22) (n = 26) en gemiddelde (SD) van 10 (12) (n = 33) vs 11 (16) (n = 35)). Sekondere uitkomste het die verskil in glukemie tussen Proteien plus CHO-groepe versus Waterkontrolegroepe (vas) beoordeel en het soortgelyke gemiddelde vlakke gevind (MD -10, 95% KI: -32,16 tot 12,16, n = 17, 1 studie). Postoperatiewe ongemak, gemeet deur visuele analoogskaal (VAS)-tellings vir honger tussen die Proteien plus CHO teenoor slegs CHO-groepe, was deur die skrywers gerapporteer om soortgelyk te wees, maar die resultate was slegs grafies aangebied en geen verdere ontleding kon gedoen word nie. Geen verskil was gerapporteer vir honger in die Proteien plus CHO versus Kontrolegroepe nie (mediaan (Interkwartielreeks IQR) van 3 (1-5) (n = 27) vs 2,5 (0,5-4,5) (n = 26) en mediaan (IQR) van 3 (1-5) (n = 33) vs 4 (2-6) (n = 35)). Geen betekenisvolle statistiese vergelykings vir naarheid en braking kon in die Proteien plus CHO-vergelykings gemaak word nie. Een studie het aangedui dat daar geen verskille tussen VAS-tellings vir naarheid tussen Proteiene en CHO-groepe was nie (p = 0,2046 vir Proteiene vs CHO). Geen verskil was gerapporteer vir postoperatiewe spierkrag tussen Proteien plus CHO versus slegs CHO-behandelingsgroepe nie (enkele studie), sonder om die werklike data of samevattende statistieke te rapporteer. Die GRADE-instrument het die algehele metodologiese kwaliteit as baie laag beoordeel. Gevolgtrekking: Alhoewel groter VGPs nodig is, het die huidige oorsig bevind dat maaglediging soortgelyk is by proteienryke preoperatiewe koolhidraatdrankies in vergelyking met slegs koolhidraatdrankies, placebo, water of vas wat moontlik die veiligheid van 'n proteienryke CHO-drankie as deel van 'n preoperatiewe CHO-voedingsregime mag bevestig.

Description
Thesis (MNutr)--Stellenbosch University, 2021.