An evaluation of packaging logistics and operating conditions in the macadamia kernel supply chain : a global case study
Date
2024-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: The South African macadamia nut industry has grown significantly over the last decade and South Africa, together with Australia, dominates the global macadamia market. In 2021, South Africa exported approximately 98 percent of its macadamia nut produce. With significant growth, this industry’s importance and economic impact should be noticed. Macadamia nuts require adequate packaging as it needs protection from various operating conditions, such as vibration, shocks, temperature variations, and moisture exposure. If not protected from these operating conditions, the packaging and the product may be damaged and may contribute to food loss along the supply chain. Packaging logistics, a young and emerging research field, integrates packaging- and logistics systems and impacts numerous logistics processes in a supply chain. It can considerably affect supply chain performance as well. This highlights the importance of making informed packaging decisions, which can help to reduce overall costs, reduce the environmental effect of packaging, as well as increase the value of packaged products. Although this research field is emerging, there is still room for contributing research. The main aim of this study was to evaluate whether standard shipping containers with thermal liners and desiccant materials can be an alternative solution for the shipping of macadamia kernels while still protecting the product and its packaging from various operating conditions. Furthermore, the research study wanted to shed light on the current packaging performance and potentially highlights areas where the case study stakeholders perceive the packaging system can improve. This research study followed a deductive research approach where quantitative and qualitative data was collected from the case study stakeholders, The Macadamia Company and The Packaging Company. The researcher combined the use of the Packaging Performance Methodology, including packaging scorecards, as well as intelligent data loggers inside a sample of shipping containers, supplemented by secondary location data. In general, the packaging system performed well, but security and packaging waste requires attention. For the sample of containers that were observed, major shock events were only observed at the handling points. Furthermore, as expected, temperature variation appears to be more of a challenge in standard containers with thermal liners and desiccant materials than the refrigerated container. However, relative humidity was outside the desired range in the refrigerated container while being more satisfactory in standard containers with thermal liners and desiccant materials. Based on the results of this study, it appears that standard containers with thermal liners and desiccant materials may be a viable alternative packaging and shipping method for macadamia kernels, but more extensive research is needed.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Suid-Afrikaanse makadamia-bedryf het die afgelope dekade aansienlik gegroei en Suid-Afrika, saam met Australie, oorheers die wereldwye mark vir makadamias. In 2021 het Suid-Afrika ongeveer 98 persent van sy makadamia-produksie uitgevoer. Met aansienlike groei moet hierdie bedryf se belangrikheid en ekonomiese impak raakgesien word. Makadamianeute benodig voldoende verpakking aangesien dit beskerming benodig teen verskeie operasionele toestande, soos vibrasie, skokke, temperatuurvariasies en vogblootstelling. As dit nie beskerm word teen hierdie operasionele toestande nie, kan die verpakking en die produk beskadig word en kan dit bydra tot voedselverlies in die voorsieningsketting. Verpakkingslogistiek, 'n jong en opkomende navorsingsveld, integreer verpakking- en logistieke stelsels en beinvloed talle logistieke prosesse in 'n voorsieningsketting. Dit kan ook die voorsieningskettingprestasie aansienlik beinvloed. Dit beklemtoon die belangrikheid om ingeligte verpakkingsbesluite te neem, wat kan help om algehele koste te verminder, die omgewingsimpak van verpakking te verminder, asook die waarde van verpakte produkte te verhoog. Alhoewel hierdie navorsingsveld groei, is daar steeds ruimte vir bydraende navorsing. Die hoofdoel van hierdie studie was om te evalueer of standaard skeepshouers met termiese voerings en droogmiddels 'n alternatiewe oplossing vir die verskeping van makadamia-kerns kan wees, terwyl dit steeds die produk en sy verpakking teen verskeie operasionele toestande beskerm. Verder het die navorsingstudie gepoog om lig te werp op die huidige verpakkingsprestasie en moontlik areas uit te lig waar belanghebbendes in die gevallestudie opmerk dat die verpakkingstelsel verbeter kan word. Hierdie navorsingstudie het 'n deduktiewe navorsingsbenadering gevolg waar kwantitatiewe en kwalitatiewe data van die gevallestudie-belanghebbendes, The Macadamia Company en The Packaging Company, ingesamel is. Die navorser het die gebruik van die erpakkingsprestasie-metodologie gekombineer, insluitend verpakkingstelkaarte, sowel as intelligente dataloggers binne 'n steekproef van verskepingshouers, aangevul deur sekondere liggingsdata. Oor die algemeen het die verpakkingstelsel goed gevaar, maar sekuriteit en verpakkingsafval verg aandag. Vir die steekproef wat waargeneem is, is groot skokgebeure slegs by die hanteringspunte waargeneem. Verder, soos verwag, blyk temperatuurvariasie meer van 'n uitdaging te wees in standaardhouers met termiese voerings en droogmiddels as die verkoelde houer. Relatiewe humiditeit was egter buite die verlangde band in die verkoelde houer terwyl dit meer bevredigend was in standaardhouers met termiese voerings en droogmiddels. Gebaseer op die resultate van hierdie studie, blyk dit dat standaardhouers met termiese voerings en droogmiddelmateriaal 'n lewensvatbare alternatiewe verpakking- en verskepingsmetode vir makadamia-kerns kan wees, maar meer uitgebreide navorsing is steeds benodig.

Description
Thesis (MCom)--Stellenbosch University, 2024.