The importance of beliefs in shaping divergent economic outcomes

Date
2021-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : This thesis articulates the case for beliefs as a fundamental cause for divergent long-run development. This beliefs-centred approach is a synthesis of institutional and culture-based explanations of economic growth. New Institutional Economics provides the high-level incentive-based framework, while cultural primacy literature provides the necessary elucidations for hypothesising the channels of causality from beliefs to divergent decision-making across nations. The stated purpose of this thesis is (1) to inquire whether the relationship between beliefs, culture and economic outcomes can be analysed systematically, and (2) to provide examples of how particular beliefs could influence economic decision-making. In response, this thesis (1) briefly discusses the three recognised general causes of growth in economic literature, (2) provides a review of prominent narratives on the effect of culture on divergent development outcomes, (3) qualitatively investigates real-world anecdotes where different beliefs have had an observable effect on outcomes, (4) provides a rationale for investigating beliefs in economics and discusses the conception of beliefs in the Neoclassical model, (5) provides a theoretical framework for analysing the effect of beliefs (namely New Institutional Economics) and describes an individual-level cognitive model of belief formation (namely Shared Mental Models), and (6) provides a demonstration of a model to empirically test beliefs-based explanations of divergent development. This thesis critically reviews existing literature on the interaction between beliefs, culture and development, and finds that beliefs play a significant and interdependent role in causing divergent outcomes in development. Determining the exact magnitude and significance of the effect of beliefs is difficult due to the interdependence of prevailing economic incentive structures, i.e. there is an inextricable endogeneity between beliefs and prevailing institutions. Nevertheless, this thesis articulates methodologies to partially mitigate endogeneity concerns, which, in turn, provide a basis for future empirical research with richer datasets. For future research and replication, this thesis provides a succinct description of the methodology of the proposed systematic method of analysing the economic effect of particular beliefs and values. To perform this systematic analysis, datasets are required that combine the responses to questions on (1) respondents’ views, and (2) economic outcomes. Surveys that ask more questions to determine beliefs and values, individual-level economic outcomes and policy views, relevant controls, and possible instrumental variables, would provide analysts with richer data for more insightful analyses. Preliminary results show significant potential for employing this method in other contexts, such as political decision-making, the formulation of public information campaigns, public health, and the analysis of road-user behaviour. Additional contributions from cognitive science involving the formation and evolution of beliefs could further enhance the robustness of the preliminary arguments and findings on the effect of beliefs on divergent economic outcomes. This thesis concludes that beliefs seem to ultimately affect economic and political decision-making. Moreover, this thesis shows that there is at least one method of analysing the effect of beliefs systematically.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Hierdie tesis verwoord die saak vir oortuigings as 'n fundamentele oorsaak vir uiteenlopende langtermynontwikkeling. Hierdie oortuigings-gesentreerde benadering is 'n sintese van institusionele en kultuurgebaseerde verduidelikings vir ekonomiese groei. Nuwe Institusionele Ekonomie (“New Institutional Economics”) bied 'n hoë-vlak aansporingsgebaseerde raamwerk, terwyl literatuur wat die verwantskap tussen kultuur en ontwikkeling ondersoek die nodige verduidelikings bied vir die kanale van oorsaaklikheid vanaf oortuigings tot uiteenlopende besluitneming van verskillende nasies. Die doel van hierdie studie is die volgende: (1) Bepaal of die verband tussen oortuigings, kultuur en ekonomiese uitkomste stelselmatig ontleed kan word, en (2) gee voorbeelde te gee van hoe spesifieke oortuigings individue se ekonomiese besluitneming kan beïnvloed. Dit is waarom hierdie studie die volgende insluit: (1) ‘n Kort beskrywing van die drie erkende algemene oorsake van groei in ekonomiese literatuur, (2) 'n oorsig van belangrike narratiewe oor die uitwerking van kultuur op uiteenlopende ontwikkelingsuitkomste, (3) ‘n kwalitatiewe ondersoek van staaltjies uit die regte wêreld waar verskillende oortuigings 'n waarneembare uitwerking op uitkomste gehad het, (4) grondrede waarom oortuigings in die ekonomie ondersoek moet word en ‘n bespreking van die opvatting van oortuigings in die Neoklassieke model, (5) 'n teoretiese raamwerk vir die ontleding van die impak van oortuigings en 'n beskrywing van ‘n kognitiewe model van oortuigings-vorming op die vlak van die individu (naamlik “Shared Mental Models”), en (6) 'n demonstrasie van 'n model om oortuigings-gebaseerde verklarings van uiteenlopende ontwikkeling empiries te toets. Hierdie studie bied ‘n kritiese oorsig van bestaande literatuur oor die interaksie tussen oortuigings, kultuur en ontwikkeling, en bevind dat oortuigings 'n beduidende dog onderling afhanklike rol speel wat tot uiteenlopende ontwikkelingsuitkomste kan lei. Dit is moeilik om die presiese omvang en betekenis van die effek van oortuigings te bepaal as gevolg van die interafhanklikheid van heersende ekonomiese insentief-strukture, dit wil sê daar is 'n onlosmaaklike endogeniteit tussen oortuigings en heersende instellings. Hierdie studie omskryf nietemin metodologieë om die kommer oor endogeniteit gedeeltelik te verminder, wat weer 'n basis bied vir toekomstige empiriese navorsing met ryker datastelle. Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za v Vir toekomstige navorsing en dupliseerbaarheid bied hierdie studie 'n bondige beskrywing van die metodologie van die voorgestelde sistematiese metode om die ekonomiese impak van spesifieke oortuigings en waardes te ontleed. Om hierdie sistematiese ontleding moontlik te maak is datastelle nodig wat die volgende kombineer: (1) respondente se sienings en (2) ekonomiese uitkomste. Meningspeilings wat meer vrae stel om oortuigings en waardes, ekonomiese uitkomste en beleidsbeskouings op individu-vlak, relevante kontroles en moontlike instrumentele veranderlikes te bepaal, sal ontleders ryker data bied vir meer insiggewende ontledings bied. Voorlopige resultate toon dat hierdie metode beduidende potensiaal het om in ander kontekste (soos politieke besluitneming, die formulering van openbare inligtingsveldtogte, en openbare gesondheid) toepaslik te wees. Bykomende bydraes van kognitiewe wetenskap, wat die vorming en evolusie van oortuigings behels, kan die robuustheid van die voorlopige argumente en bevindings oor die uitwerking van oortuigings op uiteenlopende ekonomiese uitkomste verder verryk. Hierdie studie kom tot die gevolgtrekking dat oortuigings uiteindelik ‘n wesenlike invloed op ekonomiese en politieke besluitneming het. Boonop toon hierdie studie dat daar ten minste een metode is om die impak van oortuigings sistematies te ontleed.
Description
Thesis (MCom)--Stellenbosch University, 2021.
Keywords
Economic development -- Psychological aspects, Economic development -- Cultural aspects, Economics -- Decision making, Institutional economics, UCTD
Citation