Die slagveld van teks en betekenis : enkele aspekte in die dramatiek van Breyten Breytenbach

Date
2003-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The productions of Breyten Breytenbach's dramas created unprecedented (negative) reaction amongst the audience members. The themes and the representation of these themes through the use of language and images caused the alienation of many audience members. One of the main causes of alienation was the problem the audience had in understanding the text. The two Afrikaans dramas, Boklied and Die Toneelstuk will be placed in the postmodern theatrical tradition to give a methodology for the reading of the texts. The study also examines the nature of intertextuality to show how the use of intertextuality helps to create meaning. The theatrical productions bring the texts to life and therefore the study will also refer to the productions of these texts. The experience of a postmodern theatre piece does not imply that no meaning can be attributed to language and action. The attribution of meaning in production and texts like Boklied and Die Toneelstuk is not always based on the use oflanguage. The audience/reader of these texts becomes the cocreators of meaning. This study tries to show a range of interpretations and possible meanings of these texts.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die dramas van Breyten Breytenbach het met die produksie daarvan ongekende en negatiewe reaksie onder die Afrikaanse gehore ontlok. Die temas en die uitbeelding van hierdie temas in produksie en in die taal wat Breytenbach gebruik het, het tot vervreemding by die gehoor gelei. Een van die hoofredes vir die vervreemding by die gehoor was dat hulle probleme gehad het om die teks te verstaan. Die twee Afrikaanse dramas, Boklied en Die Toneelstuk word in hierdie tesis binne die postmoderne teaterstroom geplaas om aan te toon hoe dié tipe teatertekste gelees kan word. Die studie ondersoek ook die aard van intertekstuele verwysings in die dramas- om aan te toon hoe hierdie verwysings help met die skepping van betekenis by die kyker/leser van hierdie tekste. Die geskrewe dramateks kan eers ten volle in die lewe geroep word in die produksie van die teks en daarom word daar in die bespreking van die tekste ook na die opvoerings verwys. Die belewing van 'n postmoderne teaterstuk beteken nie dat daar nie betekenis aan aksie en taal toegeskryf kan word nie. Die toeskrywing van betekenis is, in gevalle soos die produksies van Boklied en Die Toneelstuk, nie altyd tekstueel gebaseer nie. Die toeskouer/leser van hierdie tekste is medeskepper van betekenis. Die studie poog om die vele moontlikhede van interpretasie en die betekenis van hierdie tekste uit te lig.
Description
Thesis (MDram)--Stellenbosch University, 2003.
Keywords
Breytenbach, Breyten -- Boklied, Breytenbach, Breyten -- Toneelstuk, Postmodernism, Postmodernism (Literature), Theater -- 20th century, Deconstruction, Intertextuality, Dissertations -- Drama, Theses -- Drama
Citation