A qualitative analysis of the management of mental health in the workplace in a Namibian organisation
Date
2023-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: Common Mental Disorders have associations with reduced work productivity and job satisfaction. Although mental health problems are often characterised as a reaction to a difficult or stressful life event, such as bereavement or the death of a loved one, there are also profound associations between poor mental health and work-related issues such as stress, conflict, work demands and pressure. Consequently, workplace practices have an impact on the mental wellbeing of employees, if not managed properly the condition leads to dysfunctional workplace behaviour. Therefore, organisations need to assess their contribution towards the wellbeing of employees in order to make required adjustments to enable employees to thrive and achieve performance and job satisfaction. The management of employee mental health and wellbeing was particularly pertinent during the COVID-19 pandemic. The pandemic has forced changes in work practices and brought about uncertainty, fear and stigma among employees in terms of job security, financial status, economic status as well as overall physical and emotional wellbeing. Therefore, this study sought to explore approaches to managing mental health in the workplace and determine factors impacting its management so that strategies for effective management of mental health and mental wellbeing are proposed and outlined. Using a descriptive case study, interviews and document analysis were content analysed to explore employee experiences of strategies used to manage mental health in a Namibian based financial insurance company. The data indicated a need for national legislative amendments and policy development to guide the management of mental health in organisations. Employee support strategies surrounding the development of EAPs can provide insight to the measures of support or approaches undertaken by the consulted organisation in this study. To enhance mental wellbeing or manage mental health problems a multidisciplinary approach involving various stakeholders in the industry is required to combine resources and services to support employees. Additionally, the study is suggestive of an alteration or modification of various environmental and operational factors within the organisation to mitigate the impact of these factors on employee’s mental wellbeing.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Algemene geestesversteurings word met verminderde werkproduktiwiteit en werkstevredenheid geassosieer. Alhoewel geestesgesondheidsprobleme dikwels gekenmerk word as 'n reaksie tot 'n moeilike of stresvolle lewensgebeurtenis, soos rou vanweë ‘n sterfgeval of die dood van 'n geliefde, is daar ook diepgaande verbintenisse tussen swak geestesgesondheid en werkverwante kwessies soos stres, konflik, werkeise en druk. Werkplekpraktyke het gevolglik 'n impak op die geestelike welstand van werknemers. Indien dit nie behoorlik bestuur word nie, lei die toestand tot wanfunksionele werkplekgedrag. Organisasies moet dus hul bydrae tot die welstand van werknemers assesseer om die nodige aanpassings te maak om werknemers in staat te stel om te floreer en te presteer en werkstevredenheid te behaal. Die bestuur van werknemers se geestesgesondheid en -welstand was veral pertinent tydens die COVID-19-pandemie. Die pandemie het veranderinge in werkpraktyke gedwing en onsekerheid, vrees en stigma in terme van werksekerheid, finansiele status en ekonomiese status onder werknemers meegebring, tesame met algehele fisiese en emosionele welstand. Om hierdie rede is daar met hierdie studie gepoog om strategiee te ondersoek wat tydens die COVID-19-situasie in die bestuur van geestesgesondheid in werkplekke gebruik is. Onderhoude en dokumentontleding is in 'n beskrywende gevallestudie gebruik waarin werknemerervarings van strategiee om geestesgesondheid te bestuur, soos dit in 'n Namibiese finansiele versekeringsmaatskappy gebruik is, te verken. Die data het 'n behoefte aan nasionale wetswysigings en beleidsontwikkeling vir die bestuur van geestesgesondheid in organisasies aangedui. Werknemerondersteuning-strategiee rondom die ontwikkeling van Werknemerbystandsprogramme kan insig gee tot die maatreels vir ondersteuning van of vir benaderings wat deur die geraadpleegde organisasie in hierdie studie onderneem word. 'n Multidissiplinere benadering wat hulpbronne en dienste kombineer en verskeie belanghebbendes in die bedryf betrek, word benodig om geestelike welstand te verbeter of geestesgesondheidsprobleme te bestuur om werknemers te ondersteun. Daarbenewens dui die studie op 'n verandering of wysiging van verskeie omgewings- en operasionele faktore binne die organisasie om die impak van hierdie faktore op werknemers se geestelike welstand te versag.

Description
Thesis (MCom)--Stellenbosch University, 2023.