'n Ondersoek na die verwerwing van klanke deur middel van musiek deur vreemdetaalstudente van Afrikaans

dc.contributor.authorSass, Jaydeyen_ZA
dc.contributor.authorAdendorff, Elbieen_ZA
dc.date.accessioned2017-07-17T05:55:36Z
dc.date.available2017-07-17T05:55:36Z
dc.date.issued2016-08-18
dc.descriptionCITATION: Sass, J. & Adendorff, E. 2016. 'n Ondersoek na die verwerwing van klanke deur middel van musiek deur vreemdetaalstudente van Afrikaans. LitNet Akademies, 13(2):525-555.
dc.descriptionThe original publication is available at http://www.litnet.co.za
dc.description.abstractDie verwerwing van Afrikaanse klanke en die uitspraak daarvan vorm dikwels die basis van taalverwerwingskursusse. Uitspraak is ’n belangrike aspek in die verwerwing van ’n nuwe taal en daarom behoort die onderrig van uitspraak ’n vername rol in die taalverwerwingsklaskamer te speel. Uitspraak is dikwels vir taalverwerwingstudente die moeilikste aspek om te bemeester. Die gebruik van musiek as hulpmiddel in taalverwerwing is geen nuwe verskynsel nie. Die gebruik daarvan in die onderrig en leer van nuwe tale fokus dikwels op die verwerwing van woordeskat en begrip terwyl die gebruik daarvan om uitspraak en klanke te verwerf, min plaasvind. Min studies oor die gebruik van Afrikaanse musiek om kenmerkende Afrikaanse klanke te verwerf, is al onderneem. Hierdie artikel lewer verslag oor so ’n studie wat onderneem is met vreemdetaalstudente wat Afrikaans op universiteit volg. ’n Gemengde metodologie van kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsing is onderneem deurdat vraelyste, klaswaarnemings, musiekroosters en klankopnames in die ondersoek gebruik is om vas te stel of die luister na Afrikaanse musiek die studente help om Afrikaanse klanke te verwerf, asook of dit hulle Afrikaanse uitspraak verbeter. Vier-en-dertig eerstejaarstudente wat vir die taalverwerwingsmodule geregistreer het, het die vraelys, wat hulle onder meer oor hulle eerste taal, hulle algemene Afrikaans-vaardigheid en hulle houding teenoor Afrikaans en Afrikaanse musiek gevra het, voltooi. Twee-en-twintig studente is vir die klankopnames in ’n proefgroep (12 studente) en ’n kontrolegroep (10 studente) verdeel. Die proefgroep moes op hulle eie buite klasverband vir 30 minute per dag vir sewe dae na aanbevole Afrikaanse musiek met lirieke luister en ’n rooster voltooi van die musiek en hoe lank hulle daarna geluister het. Die kontrolegroep het slegs in klasverband blootstelling aan uitspraak en klanke gekry. Die hoofbevindinge is dat die studente baat gevind het daarby om na Afrikaanse musiek met lirieke te luister deurdat 61% van klanke wat aanvanklik nie korrek uitgespreek is nie, na die luister na Afrikaanse musiek wel korrek uitgespreek is.en_ZA
dc.description.abstractThe acquisition of sounds and the pronunciation of these sounds usually form the basis of language acquisition courses. Pronunciation is an important aspect of the acquisition of a new language and therefore the teaching and learning of pronunciation should play a major role in language acquisition classrooms.
dc.description.urihttp://www.litnet.co.za/n-ondersoek-na-die-verwerwing-van-klanke-deur-middel-van-musiek-deur-vreemdetaalstudente-van-afrikaans/
dc.description.versionPublisher's version
dc.format.extent31 pages
dc.identifier.citationSass, J. & Adendorff, E. 2016. 'n Ondersoek na die verwerwing van klanke deur middel van musiek deur vreemdetaalstudente van Afrikaans. LitNet Akademies, 13(2):525-555.
dc.identifier.issn1995-5928 (online)
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/101974
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherLitNet
dc.rights.holderAuthors retain copyright
dc.subjectAfrikaans language -- Pronunciationen_ZA
dc.subjectAfrikaans language -- Phoneticsen_ZA
dc.subjectAfrikaans language -- Study and teaching -- Foreign speakersen_ZA
dc.subjectMusic in educationen_ZA
dc.subjectMusic and languageen_ZA
dc.title'n Ondersoek na die verwerwing van klanke deur middel van musiek deur vreemdetaalstudente van Afrikaansaf_ZA
dc.typeArticleen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
sass_ondersoek_2016.pdf
Size:
312.38 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Download article
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.95 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: