A corpus-based theory and lexicographic process for the inclusion of neologisms, archaisms and foreign loanwords in lexicons of Qeqchi Mayan

Date
2024-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: All languages employ the processes of lexicogenesis to create new lexical items. Some of these lexical innovations successfully navigate the phases of lexical emergence and become stable words—initially gaining purchase in the mental lexicon before ultimately becoming eligible for lemmatization in print or digital lexicographic works. In the case of minority and indigenous languages there is often an acute need for the natural processes of lexicogenesis to be supplemented with coordinated programs of planned neology in order to fill lexical gaps and supply the languages with the vocabulary necessary to function in the modern world. Little research has been undertaken to systematically study these officially proposed lexical items and the degree to which they have become established in their speech communities and meet the criteria for inclusion in dictionaries of the language. In the present work I elaborate a lexicographic theory and decision-making process for the systematic inclusion, exclusion, and/or qualification of a variety of proposed lexical items with a particular focus on neologisms, archaisms, and loanwords from foreign languages. In addressing each of these topics I use Q’eqchi’, a member of the Mayan language family, as a model and living language laboratory to systematically analyze three distinct sets of officially proposed lexical items produced over the course of the past thirty years. Using the tools and methods of corpus linguistics, along with a multistage heuristic for determining lexical status and a multivariate model for assessing lexicographic value, I illustrate how the principles of cognitive linguistics and lexicographic theory can be used to produce better lexicographic data and an improved lexicographic process in pursuit of advancing indigenous language lexicography.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Alle tale gebruik prosesse van leksikogenese om nuwe leksikale items te skep. Sommige van hierdie leksikale innovasies navigeer suksesvol deur die fases van leksikale ontluiking en word gevestigde woorde - wat aanvanklik erkenning in die mentale leksikon verkry voordat hulle uiteindelik in aanmerking kom vir lemmatisering in gedrukte of digitale leksikografiese werke. In die geval van minderheids- en inheemse tale is daar dikwels 'n akute behoefte dat die natuurlike prosesse van leksikogenese aangevul moet word met gekoördineerde programme van beplande neologie om leksikale leemtes te vul en die tale te voorsien van die woordeskat wat nodig is om in die moderne wêreld te funksioneer. Min navorsing is nog onderneem om hierdie amptelik voorgestelde leksikale items en die mate waarin hulle in hul spraakgemeenskappe gevestig geraak het en voldoen aan die kriteria vir opname in woordeboeke van die taal sistematies te bestudeer. In hierdie proefskrif bied ek 'n leksikografiese teorie en besluitnemingsproses vir die sistematiese insluiting, uitsluiting en/of kwalifikasie van 'n verskeidenheid voorgestelde leksikale items met 'n besondere fokus op neologismes, argaïsmes en leenwoorde uit vreemde tale. In die behandeling van elk van hierdie onderwerpe gebruik ek Q'eqchi', 'n lid van die Maya-taalfamilie, as 'n model en lewende taallaboratorium om sistematies drie afsonderlike stelle amptelik voorgestelde leksikale items wat oor die afgelope dertig jaar geproduseer is, te ontleed. Deur gebruik te maak van die instrumente en metodes van korpuslinguistiek, tesame met 'n multi-stadium heuristiek vir die bepaling van leksikale status en 'n meerveranderlike model vir die assessering van leksikografiese waarde, illustreer ek hoe die beginsels van kognitiewe linguistiek en leksikografiese teorie gebruik kan word om beter leksikografiese data en 'n verbeterde leksikografiese proses te bewerkstellig in die nastrewing van leksikografiese inheemse leksikografie.
Description
Thesis (DPhil)--Stellenbosch University, 2024.
Keywords
Citation