Industrial policy-making in mineral-rich developing countries
Date
2019-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT:This dissertation investigates policy-making in mineral-rich developing countries
with a focus on policies that seek to promote the value add to mineral
products before export (also known as beneficiation policy). Firstly, it explores
how mineral value chains may be conceptualised to frame the debate around
beneficiation policy and enable a holistic contextualisation of such policy. Secondly,
it presents two novel/adapted analytical frameworks that support the
appraisal of the potential strategic value of different downstream processing
activities. The first framework uses corporate sustainability disclosures to assess
the potential triple-bottom line impact of hosting a focal activity within
a particular jurisdiction. This framework is applied to the case of platinum in
South Africa in order to illustrate how it may be applied. The second framework
provides a input-output lens with which to leverage the product space
analysis method to determine how difficult it would likely be to target an industry
and what the potential capability development and economic growth
effects of this industry could be. This framework is applied to the case of steel
in South Africa. The case is used to reflect on the optimality of following a
downstream linkage-based (beneficiation) industrial policy logic. It is found
that a so-called ‘leap-frogging’ approach to policy development may be more
optimal. Finally, this dissertation presents a framework to enable the appraisal
of the factors driving the location of a particular activity to understand how such an activity could be targeted. This supports the attainment of a first approximation
of the cost and feasibility of the required interventions to attain
this activity in a mineral-rich developing country. This dissertation therefore
contributes towards consolidating and extending the academic literature that
has a bearing on improved industrial policy-making in mineral value chains of
mineral-rich developing countries. Furthermore, it aims to provide practical
tools for policy-makers in order to support improved developmental outcomes.
It is also envisioned that the tools and approaches developed in this dissertation
could be leveraged far beyond just the mineral related industries which
were the focus of this study.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie proefskrif ondersoek beleidmaking in mineraal-ryk ontwikkelende lande, met die klem op beleid wat die waarde toevoeging tot minerale produkte voor uitvoer bevorder (ook bekend as veredelingsbeleid). Eerstens word ondersoek hoe minerale waardekettings gekonseptualiseer kan word om die debat rondom veredelingsbeleid te raam en ’n holistiese kontekstualisering van sodanige beleid moontlik te maak. Tweedens, word twee nuwe/aangepaste analitiese raamwerke voorgelê wat die evaluering van die potensiële strategiese waarde van verskillende stroomafverwerkingsaktiwiteite ondersteun. Die eerste raamwerk gebruik korporatiewe volhoubaarheids-openbaarmakings om die potensiële driehoek-impak van ’n fokale aktiwiteit binne ’n bepaalde jurisdiksie te assesseer. Hierdie raamwerk word toegepas op die geval van platinum in Suid-Afrika ten einde te illustreer hoe dit aangewend kan word. Die tweede raamwerk bied ’n inset-uitsetlens vir die aanwending van die produkruimteanalise metode wat dit moontlik maak om te bepaal hoe moeilik dit waarskynlik sal wees om ’n bedryf te teiken en wat die potensiële vermoë ontwikkeling en ekonomiese groei-effekte van hierdie bedryf kan wees. Hierdie raamwerk word toegepas op staal in Suid-Afrika. Die gevallestudie word gebruik om te besin oor die optimaliteit van die volg van ’n stroomafverbindingsgebaseerde, oftewel veredelingsgebaseerde, industriële beleidslogika. Daar word bevind dat ’n sogenaamde ‘padda-sprong’-benadering tot beleidsontwikkeling meer optimaal kan wees. Ten slotte word daar in hierdie proefskrif ’n raamwerk voorgestel vir die evaluering van die faktore wat die ligging van ’n bepaalde aktiwiteit beïnvloed, om sodoende te bepaal hoe so ’n aktiwiteit geteiken kan word. Dit ondersteun die bereiking van ’n eerste benadering van die koste en haalbaarheid van die nodige ingrypings om hierdie aktiwiteit in ’n mineraal-ryk ontwikkelende land te ontwikkel. Hierdie proefskrif dra dus by tot die konsolidering en uitbreiding van die akademiese literatuur wat betrekking het op verbeterde nywerheidsbeleidmaking in minerale waardekettings van mineraal-ryk ontwikkelende lande. Verder is dit daarop gemik om praktiese instrumente vir beleidmakers te verskaf ten einde verbeterde ontwikkelingsuitkomste te ondersteun. Daar word ook beoog dat die gereedskap en benaderings wat in hierdie proefskrif ontwikkel word, ook buite die mineraalverwante bedrywe, wat die fokus van hierdie studie was, aangewend kan word.

Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2019.
Keywords
Beneficiation of ores, Industrial Policy, Industrial engineering, Policy-making, Economics, Developing countries, UCTD