Enabling complexity thinking in urban regeneration in Cape Town
Date
2020-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : Apartheid policies of racial segregation have left a daunting legacy in South Africa – a fragmented urban form with unequal access to jobs, amenities and public services. Since the advent of democracy, planning systems have not been pro-poor or inclusive; instead, they have often imposed an instrumental and technical rationality inherited from the old colonial system, with little consideration to the survival strategies and power contests of the urban poor.
Mainstream consensus-based theories, such as communicative and deliberative planning, with their focus on participation, mutual learning and shared vision, also fail to recognise the reality of contestation over power and resources that characterise cities in the Global South. As a result, citizen participation in the context of state-society collaboration is often absent or unsuccessful. For this reason, urban scholars from the Global South are calling for the need to build a more practical and usable theory that is rooted in the realities of their cities.
This thesis attempts to provide one such empirical account by profiling the implementation of the City of Cape Town-led Mayoral Urban Regeneration Programme (MURP) in Bonteheuwel, Cape Town, over the 2017 – 2019 period. The specific objectives of the research are 1) to demonstrate how Bonteheuwel can be understood as a complex adaptive system; 2) to apply the ‘conflicting rationalities’ lens to the study of planning interventions in the Global South, such as the MURP in Bonteheuwel; and, 3)to explore the characteristics of a complexity-based governance approach to urbanregeneration in the Global South.
I have used case study design to guide the research for this thesis because, its focus on agents and structures in a particular context, makes it ideal to explore the reality of planning practice in a city in the Global South. A combination of secondary information, participant observation and a total of 14 interviews were used as sources of data.
The research found that applying the lens of complexity to the description of planning settings, such as Bonteheuwel, offers new opportunities to understand the diverse logics, multiple trajectories and possible futures that exist. By recognising the characteristics of complex-adaptive systems (CAS), which are prevalent in our societies, planners are better equipped to begin to engage in processes of governance and transformation.
The case has also surfaced, how state logics of govern and improve assume an instrumental rationality that has little touch with the reality on the ground: a web of messy micropolitics, power and space contestations that are often encouraged by the state’s history of unfulfilled promises and under delivery. The research, therefore, endorses the validity and relevance of the conflicting rationalities concept and illustrates the existence of normative and power struggles within state and society.
Based on complexity theory, adaptive management emerges as a new ontology and epistemology to govern the realities of chaos, non-linearity and unpredictability of complex adaptive systems, such as Bonteheuwel. The learnings brought about by the case study point, however, to additional gaps in the literature, which should be prioritised to advance planning theory and practice in cities in the Global South.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Die apartheidsbeleide van rasse-segregasie het vir ’n ingewikkelde nalatenskap in Suid-Afrika gesorg – ’n gefragmenteerde stedelike vorm met ongelyke toegang tot werksgeleenthede, geriewe en openbare dienste. Sedert die aanbreek van die demokrasie is beplanningstelsels nóg pro-armes nóg inklusief; in stede daarvan is daar met die stelsels dikwels ’n instrumentele en tegniese rasionaliteit afgedwing, wat by die ou koloniale stelsel geërf is en min oorweging aan die oorlewingstrategieë en magsverset van die stedelike armes skenk. Hoofstroom-konsensusgebaseerde teorieë, soos kommunikatiewe en beraadslagende beplanning gemik op deelname, wedersydse leer en gedeelde visie, erken ook nie die realiteit van verset oor mag en hulpbronne wat stede in die globale Suide kenmerk nie. Gevolglik is deelname deur landsburgers in die konteks van die staat-samelewing-medewerking dikwels afwesig of onsuksesvol. Om hierdie rede wys stedelike vakkundiges uit die globale Suide op die behoefte om ’n meer praktiese en bruikbare teorie daar te stel wat op die realiteite van hul stede gegrond is. Hierdie tesis voorsien een sodanige empiriese weergawe, deur ’n profielsamestelling van die implementering van die burgemeestersgeleide stedelike vernuwingsprogram van die Stad Kaapstad (MURP) in Bonteheuwel, Kaapstad, oor die tydperk 2017 tot 2019. Die spesifieke doelstellings van die navorsing is 1) om te demonstreer hoe Bonteheuwel as ’n komplekse adaptiewe stelsel verstaan kan word; 2) om die ‘botsende rasionaliteite’-lens op die studie van beplanningsintervensies in die globale Suide, waaronder die MURP in Bonteheuwel, te rig; en 3) om die kenmerke van ’n kompleksiteit-gebaseerde beheer-en-bestuur-benadering tot stedelike vernuwing in die globale Suide te ondersoek. Ek gebruik ’n gevallestudie-ontwerp om die navorsing vir hierdie tesis te rig, aangesien die fokus daarvan op agente en strukture in ’n bepaalde konteks dit ideaal maak om die realiteit van beplanningspraktyke in ’n stad in die globale Suide te ondersoek. ’n Kombinasie van sekondêre inligting, deelnemerwaarneming en altesaam 14 onderhoude word as databronne gebruik. Die navorsing bevind dat deur die lens van kompleksiteit op die beskrywing van beplanningsituasies soos Bonteheuwel te rig, nuwe geleenthede bied om die bestaande uiteenlopende logika, veelvuldige navorsingstrajekte en moontlike uitkomstes te bekom. Wanneer beplanners die kenmerke van ’n komplekse adaptiewe stelsel (CAS) wat in ons samelewings voorkom, kan uitken, is hulle beter toegerus om by beheer-en-bestuur- en transformasieprosesse betrokke te raak. Die kwessie het ook aan die lig gekom dat die regeringslogika van beheer-en-bestuur en verbetering ’n instrumentele rasionaliteit veronderstel wat weinig raakpunte het wat betref die realiteit op voetsoolvlak: ’n web van morsige mikropolitiese, mags- en ruimtelike verset wat dikwels deur die staat se geskiedenis van onvervulde beloftes en onvoldoende lewering aangemoedig word. Die navorsing onderskryf gevolglik die geldigheid en relevansie van die botsende rasionaliteitsbegrip en illustreer die bestaan van normatiewe en magstrydvoering binne die staat en die samelewing. Gegrond op die kompleksiteitsteorie kom adaptiewe bestuur as ’n nuwe ontologie en epistemologie na vore vir die beheer-en-bestuur van die realiteite van chaos, nie-lineariteit en die onvoorspelbaarheid van komplekse adaptiewe stelsels soos Bonteheuwel. Die insigte wat met die gevallestudie bekom word, dui egter op bykomende leemtes in die literatuur, wat geprioritiseer moet word om beplanningsteorie en -praktyk in stede in die globale Suide aan te moedig.

Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2020.
Keywords
Cities and towns -- Administration -- Cape Town (South Africa), Urban renewal -- Cape Town (South Africa)
City planning, Land use -- Planning -- Cape Town (South Africa)
City planning, Complexity Theory, UCTD