Development of a model for crossbred lamb production
dc.contributor.advisor | Brand, T. S. | en_ZA |
dc.contributor.advisor | Cloete, Schalk W. P. | en_ZA |
dc.contributor.advisor | Van Zyl, Johan Hendrik Combrink | en_ZA |
dc.contributor.author | Theron, Pietert Gert | en_ZA |
dc.contributor.other | Stellenbosch University. Faculty of AgriSciences. Dept. of Animal Sciences. | en_ZA |
dc.date.accessioned | 2021-12-06T13:19:29Z | |
dc.date.accessioned | 2021-12-22T14:30:40Z | |
dc.date.available | 2021-12-06T13:19:29Z | |
dc.date.available | 2021-12-22T14:30:40Z | |
dc.date.issued | 2021-12 | |
dc.description | Thesis (MScAgric)--Stellenbosch University, 2021. | en_ZA |
dc.description.abstract | ENGLISH ABSTRACT: Historically the sheep industry has played an important role in the South African agricultural landscape, but due to changing circumstances and growing challenges it may find its continued survival under threat. Producers will therefore need to find ways of improving production output and efficiency to meet these challenges. This study therefore aimed to collect production data of crossbred sheep in order to construct predictive models that could be used as part of a precision livestock farming (PLF) system by producers. Two common wool producing breeds, the Dohne Merino and Merino, were selected as dam lines for this experiment. A mixed flock of these ewes were divided into breed specific groups of 20 and each group then mated to rams of their own breeds or with Dorper, Dormer or Ile de France rams as the most important meat and terminal sire breeds. This resulted in two purebred control lines (Dohne Merino and Merino) and six crossbred trial lines (Dohne x Dorper, Dohne x Dormer, Dohne x Ile de France, Merino x Dorper, Merino x Dormer and Merino x Ile de France) being produced. Four rams and four ewes of each genotype were reared under optimal growth conditions until one year of age. During this time growth, fat deposition and intake data were collected. The data thus generated were assessed with various regression models to predict growth and fat deposition as well as feed intake. The Gompertz growth model provided the best fit for the growth data while a linear regression of age on fat depth was the most accurate in predicting fat deposition rate. An accurate model for cumulative feed intake over the growth period was also constructed. At the end of this period the lambs were shorn and wool traits of economic importance assessed. The remaining lambs were weaned at ~31 kg and reared on pastures with no supplementary feed being provided until they were deemed slaughter ready at 4 mm of backfat depth (A2 carcass classification). The growth of these lambs was also monitored and subsequently modelled, where the Logistic model provided the best fit. Upon achieving slaughter readiness, the lambs were slaughtered and selected slaughter and carcass traits recorded. Overall it was found that rams outperformed ewes for the production traits studied. This is due to sexual dimorphism benefiting rams for these traits. Crossbred lambs also had a significant advantage over their purebred contemporaries for all the traits except feed efficiency and wool quality. This was attributable to a combination of heterosis for these traits as well as breed dimorphism between the smaller dam and larger sire lines. The increased degree of breed dimorphism between Merinos and the sire breeds meant that the improvement in the performance of crossbred Merino lambs relative to the dam line was greater than the corresponding performance improvement in Dohne Merinos. It is concluded that crossbreeding offers a viable method of improving commercial production efficiency in South African Dohne Merino and Merino flocks. Producers who wish to implement a PLF system for a terminal crossbreeding enterprise can now do so using guidelines from this study. It is advised that further work be done on various crossbreeding options to expand the current local knowledge. More crosses could be included in future research while more complete models for pasture-rearing systems would also be of benefit to the industry. | en_ZA |
dc.description.abstract | AFRIKAANSE OPSOMMING: Geskiedkundig het die skaapbedryf ‘n belangrike rol in die Suid-Afrikaanse landbou gespeel, maar weens veranderende omstandighede en groeiende uitdagings mag die volgehoude oorlewing daarvan bedreig word. Produsente sal dus maniere moet vind om hulle produksie- uitset en -doeltreffendheid te verhoog om hierdie uitdagings die hoof te bied. Hierdie studie het dus ten doel gehad om produksiedata van kruisras skape te versamel sodat voorspellingsmodelle wat as deel van ‘n presisie veeboerdery (PVB) stelsel kan dien, opgestel kon word. Twee algemene wolrasse, die Dohne Merino en Merino, is as moerlyne vir die eksperiment geselekteer. ‘n Gemengde trop van hierdie ooie is in ras-spesifieke groepe van 20 ooie elk verdeel, waarna elke groep met ramme van hulle eie ras of Dorper, Dormer of Ile de France ramme, die belangrikste vleis- en terminale vaarrasse, gepaar is. Dit het twee suiwer kontrolelyne (Dohne Merino en Merino) en ses gekruiste proeflyne (Dohne x Dorper, Dohne x Dormer, Dohne x Ile de France, Merino x Dorper, Merino x Dormer en Merino x Ile de France) opgelewer. Vier ramme en vier ooie van elke genotipe is onder optimale groei omstandighede tot op jaaroud aangehou. Gedurende hierdie tyd is groei-, vetneerlegging- en voerinnamedata versamel. Die data wat so verkry is, is hierna met die hulp van verskeie regressiemodelle ontleed om groei en vetneerlegging sowel as voerinname te voorspel. Dit is bevind dat die Gompertz groeimodel die beste passing vir die groeidata gelewer het terwyl ‘n liniêre regressie van ouderdom op vetdikte die akkuraatste voorspellings van vetneerleggingstempo gelewer het. Aan die einde van hierdie tydperk is die lammers geskeer en is woleienskappe van ekonomiese belang vergelyk. Die oorblywende lammers is by ~31 kg gespeen en sonder enige byvoeding op weidings gehou totdat hulle as slaggereed beskou was. Slaggereedheid is bereik wanneer ‘n rugvetdikte van 4 mm (A2 karkas klassifikasie) bereik is. Die groei van hierdie diere is ook gemonitor en daarna gemodelleer. Die Logistieke model was hier die model wat die data die beste gepas het. Die lammers is geslag nadat slaggereedheid bereik is en geselekteerde slag- en karkaseienskappe is aangeteken. Algeheel is dit bevind dat ramme weens seksuele dimorfisme beter as ooie presteer het vir die meeste produksie eienskappe wat bestudeer is. Kruisraslammers het ook ‘n betekenisvolle voordeel bo hulle suiwerras tydsgenote getoon vir alle eienskappe behalwe voerdoeltreffendheid en wolkwaliteit. Dit kan toegeskryf word aan ‘n kombinasie van basterkrag vir hierdie eienskappe sowel as vir rasdimorfisme tussen die kleiner moer- en groter vaarlyne. Die verhoogde graad van rasdimorfisme tussen Merino’s en die vaarlyne het daartoe gelei dat die verbetering in die kommersiële produksie van Merinokruisings relatief tot die moerlyn groter was as die ooreenkomstige verbetering in Dohne Merino’s. Daar is dus tot die slotsom gekom dat kruisteling ‘n lewensvatbare metode is om produksiedoeltreffendheid in kommersiële Suid-Afrikaanse Dohne Merino en Merino kuddes te verbeter. Aangesien al die inligting wat vir die implementering van ‘n PVB-stelsel benodig word nou beskikbaar is, kan produsente wat so ‘n bestuurstelsel vir ‘n terminale kruistelingsonderneming wil benut, dit as riglyn gebruik. Dit word aanbeveel dat verdere navorsing op hierdie onderwerp gedoen word om die huidige kennis uit te brei. Meer kruisings kan in toekomstige navorsing ingesluit word, terwyl meer volledige modelle vir weidingsgebaseerde stelsels ook tot voordeel van die industrie sal wees. | af_ZA |
dc.description.version | Masters | en_ZA |
dc.format.extent | xi, 138 pages | en_ZA |
dc.identifier.uri | http://hdl.handle.net/10019.1/123945 | |
dc.language.iso | en_ZA | en_ZA |
dc.publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University | en_ZA |
dc.rights.holder | Stellenbosch University | en_ZA |
dc.subject | Sheep -- Breeding -- South Africa | en_ZA |
dc.subject | Sheep -- Feed utilization efficiency | en_ZA |
dc.subject | Precision livestock farming | en_ZA |
dc.subject | Sheep -- Productivity -- Africa | en_ZA |
dc.subject | UCTD | |
dc.title | Development of a model for crossbred lamb production | en_ZA |
dc.type | Thesis | en_ZA |