'n Bedryfsielkundige ondersoek na die werkstevredenheid van dubbelinkomstegesin, enkelinkomstegesin en enkelouergesin werknemers
Date
1999-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The increasing phenomenon of dual-income families, where both the husband and his
wife are active in the labour force, as well as single parents, are part of the present
workforce diversity in the South African labour force. The issue is not only a
worker's affair, but also a business affair. The demographic changes in the labour
force, differences in workers' expectations, die provision and adaptation of human
resource policy, workers' productivity and the organisation's image as a concerned
employer are the issues that, for the sake of organisational efficiency and survival,
need to be addressed by management. Organisations should soon come to the
realisation that dual-income and single parent workers will in future he a fundamental
part of the labour force, to make adaptation easier.
The primary goal of this study was to determine if there is a statistical significant
difference between dual-income, single-income and single parent worker's job
satisfaction. The secondary goal was firstly to determine if there is a statistical
significant difference between dual-income, single-income and single parent workers
concerning a selected number of variables. A further goal was to determine the
moderate influence of a selected number of variables on the job satisfaction of dual-income,
single-income and single parent workers. The variables were gender, age,
job level, working hours, importance of life role, number of dependent children, ages
of dependent children, the wife's motivation for participation in the labour force, role
overload, time pressure, limitation of career success, financial circumstances, work
schedule, organisational policy, division of household tasks and marital support.
A comprehensive discussion on dual-income workers, single parent workers and job
satisfaction was presented. A theoretical model of the multiple facetted dimensions of
the dual-income and single parent lifestyle served as foundation for the study.
The test sample consisted of 295 employees of the University of Stellenbosch, 204 of
which were dual-income workers, 50 single income workers and 41 single parent
workers. The questionnaire was divided into two parts. The first part measured the
biographical and moderate variables. The second part was the South African version of the "Job Descriptive Index" (JDI). The JDI measures the employees' satisfaction
concerning the following five dimensions, namely the work itself, salary,
opportunities for promotion, supervision and co-workers. The sum of the JDI.
dimensions was also calculated to serve as a measurement of the employees' general
job satisfaction.
The results show firstly a statistical significant difference between dual-income and
single parent workers in respect of general job satisfaction, the work itself and salary.
There was also a statistical significant difference between single-income and single
parent workers in respect of the work itself.
The results show secondly a noticeable difference between the three family structures
concerning gender, job level, working hours, number of children and importance of
life role. There was also a statistical significant difference between the three family
structures concerning role overload and time pressure.
The results also show that organisational policy, time pressure, limitation of career
success, financial circumstances, work schedule and marital support have a statistical
significant influence on employees' job satisfaction. The results did not show any
further statistical significant results.
The main objectives of this study were successfully achieved. Conclusions and
recommendations for further research were made based on the results of the study.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die toenemende verskynsel van dubbelinkomstegesinne, waar beide die man en sy eggenote aktief in die arbeidsmark betrokke is asook enkelouergesinne, is deel van die huidige werksmag-diversiteit in die Suid-Afrikaanse arbeidsmark. Die kwessie is nie net 'n werknemersaangeleentheid nie, maar ook 'n bestuursaangeleentheid. Die demografiese veranderinge in die werksmag, verskille in werknemers se verwagtings, die voorsiening en aanpassing van mens like hulpbronbeleid, werknemers se produktiwiteit en organisasies se beeld as besorgde werkgewers is van die aspekte wat, ter wille van organisatoriese doeltreffendheid en oorlewing, deur bestuur aangespreek moet word. Organisasies sal spoedig tot die besef moet kom dat dubbelinkomstegesin en enkelouergesin werknemers in die toekoms 'n wesenlike deel van die arbeidsmark sal uitmaak, om sodoende die aanpassing te vergemaklik. Die primere doel van hierdie studie was om te bepaal of daar 'n statisties beduidende verskil tussen dubbelinkomstegesin, enkelinkomstegesin en enkelouergesin werknemers se werkstevredenheid bestaan. Die sekondere doelstellings was eerstens om te bepaal of daar 'n statisties beduidende verskil tussen dubbelinkomstegesin, enkelinkomstegesin en enkelouergesin werknemers ten opsigte van 'n geselekteerde aantal veranderlikes bestaan. Die tweede sekondere doelstelling was om die modererende invloed van 'n geselekteerde aantal veranderlikes op die werkstevredenheid van dubbelinkomstegesin, enkelinkomstegesin en enkelouergesin werknemers te bepaal. Die veranderlikes was geslag, ouderdom, posvlak, werksure, lewensrolbelangrikheid, ouderdom van afhanklike kinders, getal afhanklike kinders, die vrou se motivering vir deelname aan die arbeidsmag, roloorlading, tyddruk, beperking van loopbaansukses, finansiele omstandighede, werkskedule, organisatoriese beleid, verdeling van huishoudelike take en huweliksmaatondersteuning. 'n Volledige bespreking oor dubbelinkomstegesinne en enkelouergesinne en oor werkstevredenheid is gelewer. 'n Teoretiese model van die veelvuldige gefasetteerde dimensies van die dubbelinkomstegesin en enkelouergesin lewenstyl het as grondslag van die studie gedien. Die steekproef het uit 295 werknemers van die Universteit van Stellenbosch bestaan, waarvan 204 dubbelinkomstegesin werknemers, 50 enkelinkomstegesin werknemers en 41 enkelouergesin werknemers was. Die vraelys het uit twee gedeeltes bestaan. Die eerste gedeelte het die biografiese en modererende veranderlikes van die werknemers gemeet. Die tweede gedeelte was die Suid-Afrikaanse weergawe van die "Job Descriptive Index" (JDn. Die JDI meet vyf dimensies van werkstevredenheid, naamlik die werk self, salaris, bevordering, toesighouding en medewerkers. 'n Telling vir algehele werkstevredenheid is ook verkry deur die som van die vyf dimensies te bereken. Die resultate to on eerstens 'n statisties beduidende verskil tussen dubbelinkomstegesin en enkelouergesin werknemers ten opsigte van algehele werkstevredenheid, die werk self en salaris. Verder was daar 'n statisties beduidende verskil tussen enkelinkomstegesin en enkelouergesin werknemers ten opsigte van die werk self. Die resultate toon tweedens 'n merkbare verskil tussen die drie tipes gesinstrukture ten opsigte van geslag, posvlak, werksure, getal kinders en lewensrolbelangrikheid. Verder was daar 'n statisties beduidende verskil tussen die drie tipes gesinstrukture ten opsigte van roloorlading en tyddruk. Derdens to on die resultate dat organisatoriese beleid, tyddruk, beperking van loopbaansukses, finansiele omstandighede, werkskedule en huweliksmaatondersteuning 'n statisties beduidende invloed op werknemers se werkstevredenheid gehad het. Die resultate het geen verdere statisties beduidende verskille getoon nie. Die belangrikste doelstellings van hierdie studie is suksesvol bereik. Gevolgtrekkings en aanbevelings vir verdere navorsing word op grond van die resultate van die ondersoek gemaak.

Description
Thesis (M.A.) -- University of Stellenbosch, 1999.
Keywords
Job satisfaction, Dual-career families, Single parents -- Job satisfaction, Work and family, Single-income families, Dissertations -- Industrial psychology