Shared pleasure in early infant interactions
Date
2022-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: Infant mental health is strongly connected to the quality of caregiving relationships, specifically to the mutual adaptation of the infant and caregiver. Positive shared emotions in infant–caregiver relationships build social, intellectual and psychological resources for the infant, which facilitates optimal growth and development. Sharing positive affect fuels the organisation of early infant experiences of socialisation, and the mother–infant interaction may constitute the first environmental context to shape these abilities. Synchronised behaviours (such as mutual gaze and gaze following) between mothers and their infants are thought to create the foundation of early social connectedness and regulation. Infants are extremely sensitive to the emotional states of their mothers and shared joy is the goal for which mother and child instinctively strive. Shared pleasure (SP) moments in parent–infant interaction are defined as “the parent and the child sharing positive affect in synchrony”. This is expressed in facial expressions, such as a laugh or curving of mouth to smile, together with a direct gaze contact, and a simultaneous or
synchronised beginning and ending. SP sequences are analysed from free play video recordings of
mother–infant interaction situations by coding the occurrence and duration of moments, including
shared eye contact and mutual, synchronous smile or laughter. Shared pleasure is considered a marker
of more regulated emotions and, when absent, serves as a possible screening marker for early identification of at-risk dyads. This original study of SP in South Africa focused on mothers and their young infants in a clinical
and community setting. The aims of the study were to determine the frequency and duration of SP moments in infants born to mothers with and without mental illness, to correlate SP moments with the Bayley scales of infant toddler development and to determine the presence of sustained infant withdrawal as assessed by the Alarm Distress Baby (ADBB) meausurement of infant withdrawal. The first two studies (Maternal and Infant Mental health study, n = 91) showed an overall low
occurrence of SP moments (20%) in the clinical sample, although significantly more SP moments (p = 0.02) were recorded in mothers with no mental illnesses. When infants were screened for withdrawal behaviours measured by a validated tool (the Alarm Distress
Baby Scale), there was a significant correlation between low occurrence of SP and higher rates of Infant withdrawal (p = 0.0002). Interestingly, in this sample of high-risk infants, those who experienced SP moments with their mothers at 6 months showed an improvement in cognitive (p = 0.052) and motor (0.007) scores at 18 months. While overall cognitive improvements were noted across the sample, further regression modelling showed stronger associations for the presence of SP moments. Additionally, having an SP moment resulted in a smaller decrease in later motor scores compared with those without an SP moment. Results of the third Drakenstein Child Health Study of SP in the community-based sample of 291 infants and mothers showed a much higher occurrence (82%) of SP. There were no associations with SP and any risk factors, including on- screens of substance use, intimate partner violence, or postpartum depression. The high frequency of SP in a sample of high exposure to risk factors may suggest that SP in reciprocal interactions may only be disrupted in extreme cases(such as severe mental illness) and so may serve as an early red flag for screening if absent early in the interaction. A significant positive quality of the mother–infant relationship and parenting capacity has potential to contribute to favourable child development, especially in mothers at risk of mental illnesses. SP as demonstrated in this study may likely be one of those protective contributors. In a lower- and middle income country such as South Africa, it is important to recognise and screen early for relational difficulties between infant and caregivers, and SP may be considered as a potential screening tool for early, culturally appropriate social connectedness.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Daar is ʼn nou verband tussen die geestesgesondheid van babas en die gehalte van versorgingsverhoudings – veral ten opsigte van die wedersydse aanpassing van die baba en versorger. Gedeelde emosies wat as positief in die verhouding tussen die baba en versorger ervaar word, lei tot die vestiging van sosiale, intellektuele en psigologiese hulpbronne vir die baba wat optimale groei en ontwikkeling fasiliteer. Die deel van positiewe affek bevorder die ordening van die baba se ervarings van sosialisering, en moeder-kind- interaksie is gewoonlik die eerste omgewingskonteks waarin hierdie vermoëns gevorm word. Daar word gemeen dat gesinchroniseerde gedrag tussen moeders en hul babas, soos wedersydse blik (mutual gaze) en bliknavolging (gaze following), die grondslag vir vroeë sosiale verbondenheid en regulering vorm. Babas is uiters sensitief vir die gemoedstoestande van hul moeders, en beide babas en moeders streef instinktief na gedeelde vreugde. Oomblikke van gedeelde plesier (shared pleasure) in versorger-kindinteraksies word gedefinieer as die gesinchroniseerde deel van positiewe affek. Dit word getoon deur middel van gesigsuitdrukkings soos lag, of die trek van die mond om te glimlag, saam met direkte oogkontak, en ʼn gelyktydige of gesinchroniseerde begin en einde. Oomblikke van gedeelde plesier word ontleed aan die hand van video-opnames van vrye spel tussen moeders en babas. Die voorkoms en duur van sodanige oomblikke sluit in gedeelde oogkontak en wedersydse, gesinchroniseerde glimlagte of gelag. Gedeelde plesier word as ʼn merker van meer gereguleerde emosies beskou, en wanneer dit afwesig is, dien dit as moontlike siftingsmerker vir die vroee identifisering van risiko’s verbonde aan moeder-baba-verhoudings. Hierdie oorspronklike studie wat gedeelde plesier in Suid-Afrika ondersoek, fokus op moeders en hul jong babas in ʼn kliniese en gemeenskapsomgewing. Die eerste twee gevallestudies (Maternal and Infant Mental Health Study, n = 91) toon ʼn algehele lae voorkoms van oomblikke van gedeelde plesier (20%) in ʼn kliniese steekproef, terwyl daar aansienlik meer oomblikke van gedeelde plesier (p = 0,02) in moeders sonder enige psigologiese versteurings aangeteken is. Tydens die sifting van babas ten opsigte van onttrekkingsgedrag met ʼn gevalideerde meetinstrument (die Alarm Distress Baby Scale), was daar ʼn beduidende korrelasie tussen die lae voorkoms van oomblikke van gedeelde plesier en hoer koerse van baba-onttrekking (p = 0,0002). In hierdie steekproef van hoerisikobabas is dit interessant dat diegene wat op 6 maande oomblikke van gedeelde plesier met hul moeders ervaar het, ʼn verbetering in kognitiewe (p = 0,052) en motoriese (p = 0,007) tellings op 18 maande getoon het. Hoewel algehele kognitiewe verbeterings regdeur die steekproef opgemerk is, het verdere regressiemodellering sterker assosiasies met die teenwoordigheid van oomblikke van gedeelde plesier getoon. Daarbenewens het ʼn oomblik van gedeelde plesier gelei tot ʼn kleiner toename in latere motoriese tellings in vergelyking met die sonder ʼn oomblik van gedeelde plesier Resultate van die derde studie (Drakenstein Child Health Study) van gedeelde plesier in die gemeenskapsgebaseerde steekproef van 291 babas en moeders toon ʼn veel hoer voorkoms (82%) van oomblikke van gedeelde plesier. Daar was geen assosiasies met oomblikke van gedeelde plesier en enige risikofaktore, insluitend siftings van substansgebruik, geweld teen ʼn intieme lewensmaat of postpartumdepressie nie. Die hoe frekwensie van oomblikke van gedeelde plesier in ʼn steekproef met hoe blootstelling aan risikofaktore, kan suggereer dat gedeelde plesier as resiprokale interaksies slegs in. uiterste gevalle, soos ʼn erge psigologiese versteuring, ontwrigtend kan wees. In sodanige gevalle kan dit dien as ʼn vroee waarskuwingsteken tydens sifting indien dit vroeg reeds in die interaksie afwesig is. ʼn Beduidende positiewe eienskap van die moeder-baba-verhouding en ouerskapkapasiteit het die potensiaal om tot gunstige kinderontwikkeling by te dra – veral in moeders wat die risiko loop om psigologiese versteurings te ontwikkel. Soos in hierdie studie gedemonstreer word, kan gedeelde plesier waarskynlik ʼn beskermende faktor wees. In ʼn lae- en middelinkomsteland soos Suid-Afrika, is dit baie belangrik om verhoudingsprobleme tussen babas en versorgers vroegtydig te identifiseer, en gedeelde plesier kan beskou word as ʼn potensiele siftingsinstrument vir vroee kultuurtoepaslike sosiale verbondenheid.

Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Infants -- Mental health, Infants -- Development, Parent and infant, UCTD