Pathways to potential actualisation: a qualitative meta-interpretation of 60 years’ theory, research, and interventions

Date
2021-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Many researchers from various disciplines have, over several decades, studied and theorised on the topic of optimal human functioning, using terms such as self-actualisation, potential development, flourishing and thriving. Sadly, much of the knowledge gained in the past is lost as experts in their respective fields retire or pass away. Similarly, knowledge from one discipline is often hidden to another discipline, thus impeding progress. This dissertation serves as an exploration and analysis of past, present, and future directions in research in optimal human functioning, here referred to as potential actualisation. By means of a qualitative meta- analysis, fifty-one sources, stretching across six decades (1960 – 2020), across at least seven disciplines and six continents were qualitatively analysed and coded according to the broader categories of affect, cognition, behaviour, physiology, and internal personality characteristics. hese codes and categories were later reorganised into the themes of identifiers, means, and benefits of potential actualisation. The aim was to determine possible overlap and the potential usefulness of such information in the creation of an overarching framework for an improved understanding of potential actualisation. This investigation thus led to the development of the Systematic Potential Actualisation (SPA) framework – a framework aimed at a comprehensive and cross-disciplinary understanding of potential actualisation, including both its nature and the systems at play on an individual level, which characterise and / or develop potential actualisation. The possibility of the ignition of an autopoietic (self-sustaining) process of potential actualisation is explored, but does require further investigation. This study emphasises the need to heed the work done by past researchers, to prevent us from reinventing the wheel, or losing valuable insights. It also highlights the importance of interdisciplinary research to gain both a detailed and comprehensive understanding of optimal human functioning. Most importantly, however, this study provides a practical and dynamic framework which may serve as a powerful tool for practitioners, from various disciplines, who seek to actualise human potential. Furthermore, it may be viewed as the foundation for future multi-disciplinary research to further understand and actualise potential.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Baie navorsers uit verskeie dissiplines het al oor talle dekades optimale menslike funksionering nagevors en daaroor geteoretiseer. Hierdie navorsers gebruik terminologie soos self- aktualisering, potensiaalontwikkeling en die vermoë om te floreer. Ongelukkig gaan baie van hierdie kennis verlore soos wat kenners op hul verskeie terreine aftree of te sterwe kom. Behalwe die voorafgenoemde, bly kennis binne een vakgebied dikwels verborge of onsigbaar vir diegene in ʼn ander vakgebied. Hierdie interdissiplinêre “blindheid” vertraag vordering in die navorsing van optimale menslike funksionering. Hierdie proefskrif dien as ʼn verkenning en analise van navorsing uit die verlede en die hede, asook moontlike toekomstige navorsingsmoontlikhede op die terrein van optimale menslike funksionering – hier daarna verwys as potensiaal-aktualisering. Een en vyftig bronne is in hierdie studie deur middel van ʼn interpretiewe kwalitatiewe meta-analise geanaliseer en gekodeer volgens die breër kategorieë van affek, gedrag, kognisie, interne persoonlike karaktereienskappe en fisiologie. Hierdie een en vyftig bronne het oor ses dekades (1960 – 2020) gestrek, ten minste sewe dissiplines en ses kontinente ingesluit. Die kodes en kategorieë is op ʼn latere stadium geherorganiseer volgens die volgende temas: identifiseerders, middele en voordele van potensiaal-aktualisering. Die doel van die ondersoek was om ondersoek in te stel na oorvleuelings tussen verskeie bronne en die potensiële bruikbaarheid van die inligting te bepaal ten einde ʼn oorkoepelende raamwerk te skep waarmee potensiaal-aktualisering beter verstaan kan word. Hierdie studie het dus gelei tot die ontwikkeling van die Sistematiese Potensiaal Aktualisering raamwerk (SPA) – ʼn raamwerk gerig op ʼn omvattende en multidissiplinêre verstaan van potensiaal-aktualisering, insluitende die aard daarvan, sowel as die samewerkende sisteme, op ʼn individuele vlak in die ontwikkeling en die verstaan van die eienskappe van potensiaal-aktualisering. Die moontlikheid daarvan om ʼn outopoïetiese (self-onderhoudende) proses te ontsluit is ondersoek, maar vereis verdere navorsing. Hierdie studie beklemtoon die noodsaak daarvan om kennis te neem van die navorsing wat in die verlede gedoen is sodat ons nie, onwetend, die wiel probeer herontdek en sodoende waardevolle insigte verloor nie. Dit beklemtoon verder die belangrikheid van interdissiplinêre navorsing in die strewe na ʼn beter, vollediger verstaan van potensiaal-aktualisering. Die belangrikste aspek van hierdie studie is egter die bekendstelling van ʼn praktiese en dinamiese raamwerk wat as ʼn kragtige stuk gereedskap kan dien om professionele persone uit verskeie dissiplines te ondersteun in die fasilitering van en strewe na potensiaal-aktualisering. Hierdie studie kan gesien word as die fondasie vir toekomstige multidissiplinêre navorsing om potensiaal-aktualisering verder te verstaan en te ontwikkel.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2021.
Keywords
Potential actualisation, Medicine -- Research -- Evaluation, Systematic Potential Actualisation framework, Self-actualization (Psychology), Optimal human functioning, UCTD
Citation