An approach to enable and advance open innovation for small and medium-sized enterprises

Date
2017-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Small and medium-sized enterprises form a very important part of any economy. These organisations generally provide 60–70 percent of the employment in countries. The success and growth of SMEs have a direct impact on a country's GDP, but SMEs also face challenges and constraints due to their size. Available resources must be managed and spent wisely. To be more competitive, SMEs often turn to innovation to develop new products and services that can help them grow and be more relevant in the market. One can argue that innovation has become an imperative for business success. Open innovation practices are becoming more prevalent in organisations as a way to innovate. More organisations are adopting open innovation to gain wider access to knowledge and technology not otherwise available to them internally to the organisation or to appropriate value from their own knowledge and technology. Adopting these new innovation processes however requires a change to organisational and management practices. Research into open innovation in SMEs has generally lagged behind research in larger organisations. Available research does show that there are benefits to using open innovation by SMEs, but also that current open innovation practices tend to be ad hoc in nature and are usually not managed as a formalised approach. Open innovation is still an evolving field, especially in its application within SMEs. There is a requirement to develop a formalised approach to help SMEs navigate the adoption and use of open innovation within their organisations. This dissertation follows a design science research method to develop such an approach that SMEs can use for the implementation, execution and improvement of open innovation within their organisations. First, the need for such an approach was established through a review of the literature and a study of South African SMEs. Thereafter, a series of design cycles was undertaken to develop various artefacts to form an integrated open innovation approach. The approach consists of an open innovation life cycle framework, design propositions with detailed descriptions filling out the framework and a toolset of templates that help users better interact with the content of the approach. Following the design science research method, a practical solution was sought for a real field problem. It is grounded in the philosophical paradigm of pragmatism and balances the need to develop theory and application.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Klein en mediumgrootte ondernemings vorm 'n baie belangrike deel van enige ekonomie. Hierdie organisasies voorsien gewoonlik 60 tot 70 persent van die indiensneming in lande. Die sukses en groei van KMO's het 'n direkte impak op die BBP van die land, maar die KMO's ondervind ook uitdagings en beperkings as gevolg van hul grootte. Beskikbare bronne moet bestuur en deeglik bestee word. Om meer mededingend te wees, draai KMO’s dikwels na innovasie om nuwe produkte en dienste te ontwikkel wat hulle kan help groei en meer relevant in die mark te maak. Daar kan ge-argumenteer word dat innovasie noodsaaklik geword het vir besigheidsukses. Oop innovasiepraktyke raak meer algemeen in organisasies as 'n manier om te innoveer. Meer organisasies neem oop innovasie aan om wyer toegang tot kennis en tegnologie te verkry wat nie andersins intern beskikbaar is vir die organisasie nie of om meer waarde te verkry uit hul eie interne kennis en tegnologie. Die aanvaarding van hierdie nuwe innovasieprosesse vereis egter 'n verandering in organisatoriese en bestuurspraktyke. Navorsing oor oop innovasie in KMO's is oor die algemeen agtergelaat teenoor navorsing in groter organisasies. Beskikbare navorsing toon aan dat daar voordele is vir die gebruik van oop innovasie deur KMO's, maar ook dat huidige oop innovasiepraktyke ad hoc van aard is en gewoonlik nie as 'n formele benadering bestuur word nie. Oop innovasie is steeds 'n ontwikkelende veld, veral in die toepassing daarvan in KMO's. Daar is 'n vereiste om 'n formele benadering te ontwikkel om KMO's te help om die aanneming en gebruik van oop innovasie binne hul organisasies te navigeer. Hierdie proefskrif volg 'n navorsingsmetodologie vir ontwerpwetenskap om so 'n benadering te ontwikkel wat KMO's kan gebruik vir die implementering, uitvoering en verbetering van oop innovasie binne hul organisasies. Eerstens word die behoefte aan so 'n benadering vasgestel deur 'n oorsig van die literatuur en 'n studie onder Suid-Afrikaanse KMO's. Daarna word 'n reeks ontwerpsiklusse onderneem om verskeie artefakte te ontwikkel om 'n geïntegreerde oop innovasiebenadering te vorm. Die benadering bestaan uit 'n oop innovasie lewensiklus raamwerk, ontwerp proposisies met gedetailleerde beskrywings wat die raamwerk invul en 'n gereedskapstel van werksblaaie wat gebruikers help om beter in wisselwerking met die inhoud van die benadering te tree. Deur die ontwerpwetenskapnavorsingsmetode word 'n praktiese oplossing gesoek vir 'n werklike veldprobleem. Dit is gegrond op die filosofiese paradigma van pragmatisme en balanseer die behoefte om teorie en toepassing te ontwikkel.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2017.
Keywords
Open Innovation, SME, UCTD, Small and medium-sized business, Technological innovations
Citation