A critical ethical assessment of the South African Termination of Pregnancy Bill
Date
2001-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Perhaps one of the most talked about subjects worldwide and in South Africa these days is
the abortion issue. A growing number of women admit to having had one. Basically there are
two opposing views and values on the question of abortion. We normally hear people
referring to the 'abortion issue'; my understanding of this is that there is a dialogue going on
at the moment concerning abortion. In South Africa before the current Choice of
Termination of Pregnancy (TOP) Bill, some activists' women and the ever-growing
'feminists' movements were lobbying and demanding that abortion be decriminalised.
As we may all be aware, up until 1 February 1997, abortion or termination of pregnancy
(TOP) in South Africa was conceivable under very restrictive atmosphere. Before the
introduction of the current Termination of Pregnancy Bill, a majority of women had no
access to abortion services in the country, hence the growing number of back-street job. By
implication this means that most women given the choice, would not seek the experience of
abortion, but if they do, it would be available to the in safe, legal, accessible and affordable
service. Not only does the Act conceal that terminating pregnancy that occurred through
criminal acts such as rape and incest is justifiable. The current liberal Termination of
Pregnancy Bill also gives pregnant women the 'right' or 'freedom' to abort whenever and for
whatever reason they deem fit.
Part of the ethical dilemma of the abortion issue is that there are those who holds a view that
always where there is a conflict of rights and interests, the foetus' rights must give way to, or
that the foetus' rights must be overridden by those of a pregnant women. Pro-choice
advocates maintain that a woman's choice to terminate her pregnancy is her own business
and hers alone, in other words, this for them is a private decision.
Well, I argue that this is not necessarily the case, ethically, the father of the unborn child
should also be considered in such a decision. Given that virtually every abortion has risks,
the parents of the aborting woman and to some extent the society at large are involved.
Therefore, to solely talk of the 'mother's right to choose' is basically suggest that morality is
"relative" and such relativism is conceived from the idea of privatisation of abortion and life
in general. In the following pages I will look at the arguments in support of abortion and against it, and
these are criticised. Also discussed are the ethical implications of the new South African
Termination of Pregnancy Act. Broadly speaking, technology advancement has made it
possible to detect the unborn baby's physical condition (sometimes even its mental state)
while the mother is still pregnant. The ethical implications of this medical intervention are
used to decide whether the unborn child should live or die. Given this, if the purpose of these
prenatal diagnosis were for the destruction of the unborn, therefore, advocates of the
movements such as 'the right to life', and 'pro-lifers' would argue that because of
particularly twisted purpose, prenatal diagnosis must be abolished.
Furthermore, I will acknowledge that the Termination of Pregnancy Bill as we have it, is
appraised by feminists movements and others who are not necessarily feminists as allowing
increased and unrestricted access to 'free' and 'safe' abortion in the government hospitals
and clinics. However, I argue that this was rather prematurely introduced. I argue that a
number of pregnant women claiming to be poor still present themselves to private doctors
and private clinics for abortion and they pay anything between R 600- 800 or more
depending where these services are provided.
On the other hand, for one reason or another, other women still choose to terminate their
pregnancies back street way although the risks are high in such servicing stations. In the light
of these facts, one wonders whether it is appropriate to legislate for the termination of
pregnancy or would it have been a worthwhile decision to delay the legislation of abortion
for a while and thoroughly make a research and relevant preparation for it. I also argue that
ideology plays an important part in the abortion debates.
Besides, the abortion debate is also characterised by indoctrination, the purpose of which is
to leave other confused. In both cases facts are misrepresented or false statements are made,
and this for me is ethically unacceptable. I will also comment on the importance of
linguistics, that is, the proper understanding of normal English terms and what I refer to as
'deceptive language' used by campaigners.
Inthe last part of this thesis, I will outline some basic approaches to ethics and which belong
to what is referred to as postmodernism. The Postmodern worldview deconstructs metanarratives so that no one particular belief is more believable than another. This
worldview bring with it ethical relativism, which is a theory which holds that morality is
relative to the individual. Three movements are given as an example of this move toward
ethical relativism, they are:
(a) Emotivism,
(b) Subjectivism, and
(c) Situationalism
While I will argue that rape and incest are evil acts, and support abortion in cases involving
such acts, however, I also believe that abortion is not the answer to the problem of rape and
incest.
I will propose a number of recommendations the South African government should have
made before legislating for abortion. For instance, by creating separate abortion service
facilities even in the hospital premises, with properly trained staff; so that people who came
to seek advice for abortion are not intimidated by those who go to full terms with their
pregnancy. Included in this thesis is a case study to demonstrate the complexity of the
abortion issue to everyone involved. Some psychological and emotional symptoms
following abortion will be outlined and this according to women who do share their abortion
story is a reality they have to live with every day of their lives.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Aborsie is moontlik een van die mees veelbesproke kwessies van ons tyd, sowel in Suid- Afrika as wêreldwyd. 'n Groeiende aantal vroue erken dat hulle al een gehad het. Basies is daar twee opponerende gesigspunte en waardes betrokke by die twispunt rondom aborsie. Aborsie was voor die aanvaarding van die jongste wetgewing (d.w.s. voor 1 Februarie 1997) in Suid-Afrika slegs moontlik onder streng beperkings. Voor die huidige wet ( die "Termination of Pregnancy Bill") in werking gekom het, het die meerderheid vroue geen toegang tot aborsie gehad in Suid-Afrika nie, wat gelei het tot 'n toename in agterstraat aborsies. Die nuwe wet gee nie slegs die reg om te aborteer aan vroue wat swanger is as gevolg van kriminele optrede soos verkragting of bloedskande nie. Die huidige, buitengewooon liberale wet gee ook vir alle praktiese doeleindes aan die vroue die reg om aborsie op versoek te ondergaan tot op 20 weke van swangerskap. Die doel van hierdie werkstuk is om hierdie nuwe liberale wet aan 'n krities ondersoek te onderwerp. Deel van die etiese dilemma rondom die kwessie van aborsie spruit voort uit die feit dat daar diegene is wat reken dat, indien daar enige konflik tussen regte en belange is, die regte van die fetus ondergeskik is aan die regte van die swanger vrou. Diegene ten gunste van aborsie voer aan dat die keuse gemaak moet word deur die betrokke vrou, en dat so 'n keuse uitsluitlik haar eie is. Ek argumenteer dat dit nie noodwendig die geval is nie. Die vader van die ongebore kind behoort ook 'n sê te hê in hierdie saak. Gegee dat elke aborsie sekere risiko's insluit, het die ouers van die betrokke vrou en die samelewing ook 'n belang by so ,'n situasie. Dus is om slegs te praat van die 'vrou se reg om te Ides' om te suggereer dat moraliteit "relatief' is, en sulke relativisme word afgelei van die idee van die privatisering van aborsie en die lewe in die algemeen. In die volgende bladsye sal ek die argumente vir en teen aborsie analiseer en kritiseer. Die etiese implikasies van die nuwe Termination of Pregnancy Act word veral bespreek. Tegnologiese vooruitgang het dit moontlik gemaak dat die ongebore baba se fisiese (en soms selfs mentale) kondisie bepaal kan word voor geboorte. Die etiese implikasies van die mediese intervensie word gebruik om te besluit of die ongebore baba moet lewe of sterf Dus, indien die doel van prenatale diagnose die moontlike vernietiging van die ongeborene insluit, sal diegene wat teen aborsie is, argumenteer dat so 'n verwronge doel veroorsaak dat sulke ondersoeke gestaak behoort te word. Ek sal erken dat die nuwe wet waardeer word deur feministe, en andere wat nie noodwendig feministe is nie, as 'n wet wat dit moontlik maak dat daar toenemende en onbeperkte toegang is tot 'gratis' en 'veilige' aborsies in regeringshospitale en klinieke. Maar ek wil argumenteer dat die wet te vroeg aangeneem is. Ek argumenteer dat 'n groot aantal verwagtende vroue voorgee dat hulle arm is en poog om 'n aborsie te kry by private dokters en klinieke, en dan tussen R600 - R800 of meer betaal vir so 'n diens, afhangende van waar dit geskied. Aan die ander kant, om een of ander rede, kies sommige vroue steeds om hulle swangerskappe te termineer deur agterstraat-aborsies, ten spyte van die risiko's. Gegewe hierdie feit, wonder mens of dit gepas was on 'n wet in te stel aangaande die terminasie van swangerskap, en of dit nie beter sou wees om die wetgewing uit te stel tot volledige navorsing gedoen is en voorbereiding getref is nie. Ek argumenteer ook dat ideologie 'n belangrike rol speel in die aborsie-debat. Die aborsie-debat word ook gekenmerk deur indoktrinasie ten einde mense te verwar. In beide gevalle is daar die wanvoorstelling van feite of word valse stellings gemaak, wat eties onaanvaarbaar is. Ek salook kommentaar lewer oor die belangrikheid van taal, dws die korrekte verstaan van normale (Engelse) terme en wat ek na verwys as die 'misleidende taal' wat gebruik word deur sekere kampvegters betrokke by die debat. In die laaste deel van die werkstuk sal ek sekere basiese benaderings tot etiek ondersoek, veral dié wat na verwys word as "postmodernisme". Die Postmoderne gesigspunt dekonstrueer metanarratiewe sodat geen spesifieke oordeel langer meer geloofwaardig is as 'n ander nie. Hierdie gesigspunt word dan ook vergesel deur etiese relativisme, wat huldig dat moraliteit relatief is tot die individu. Drie bewegings word genoem as voorbeelde van hierdie beweging na etiese relativisme, nl: (a) Emotivisme, (b) Subjektivisme, en (c) Situasie-etiek Alhoewel ek argumenteer dat verkragting en bloedskande morele verkeerd is, en alhoewel ek aborsie in sulke gevalle voorstaan, glo ek nie dat aborsie 'n antwoord bied op die probleem van verkragting en bloedskande nie. Ek sal 'n aantal voorstelle maak aangaande wat eintlik moes gebeur het voor die regering die huidige aborsiewet aanvaar het. Byvoorbeeld, dat aparte aborsie-fasiliteite, selfs by die hospitaal en met opgeleide personeel, geskep moes word ten einde te voorkom dat diegene wat advies vra aangaande aborsie nie geïntimideer word deur persone wat nie wil aborteer nie. Ingesluit in hierdie studie is 'n gevallestudie wat die kompleksiteit van die kwessie rondom aborsie, vir al die rolspelers, demonstreer. Sekere emosionele en sielkundige simptome, veroorsaak deurdat 'n persoon besluit het om te aborteer, sal geskets word. Vir vroue wat 'n aborsie ondergaan het is hierdie 'n realiteit waarmee hulle elke dag moet saamleef

Description
Thesis (MPhil)--University of Stellenbosch, 2001.
Keywords
Abortion, Abortion -- Law and legislation -- South Africa, Abortion -- Moral and ethical aspects -- South Africa, Abortion -- Religious aspects -- Catholic Church, Fetus -- Moral and ethical aspects, Ethical relativism, Choice of Termination of Pregnancy (TOP) Bill