Populism, nativism, and voting behaviour: a global perspective

Date
2023-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The growth of populist parties around the globe and the related shift in voting patterns has been a feature of electoral politics in the last decade. This has occurred alongside increased levels of human migration due to climate change, conflict, economic insecurity, and other factors. Scholarly research demonstrates a close link between nativism and the rise of populism but is focussed on the global North and advanced democracies. However, it is unclear how nativist and populist attitudes are related, and the relative influence of nativism on populist voting is under-examined. Whilst levels of populism and migration are on the rise in the global South, the literature does not pay much attention to this world region. This study seeks to understand the nature of the relationship between nativism and populism through the lens of voting behaviour in both the global North and South. The empirical distinctiveness of the concepts of nativism and populism has already been demonstrated in the global North and the study significantly extends this empirical test to two global South cases. Following on from this, the relative influence of nativist attitudes versus other conventional predictors of populist voting is examined in seven country cases. The analysis includes five advanced democracies from the global North and two developing democracies from the global South. By extending the analysis to South Africa and Colombia, it is possible to examine the extent to which nativism drives populist voting in different world regions both directly and indirectly. Survey research data from the Comparative National Elections Project (CNEP) is used to analyse vote choice for a populist party in the seven country cases during the period 2016 – 2019. Phase one of the research design includes bivariate correlations and factor analysis to examine the empirical distinction between the concepts of populism and nativism in South Africa and Colombia. Phase two includes binary logistic regression to analyse the influence of nativist attitudes versus a range of predictor variables on vote choice for a populist party in each country case. Phase Two also includes partial correlations to ascertain whether nativism plays a direct or indirect role in influencing populist voting. Data analysis reveals that the concepts of nativism and populism are empirically distinct in the global South cases albeit with some variation from the global North cases. Significantly, the data shows that nativism drives populist voting directly in the global North cases together with a range of other predictor variables which differs across countries. The item measuring anti-immigrant sentiment is influential in predicting populist voting in every global North case. However, in the two global South cases, nativism has neither a direct nor indirect influence on populist voting. There are notable differences therefore between the global North and South in terms of the relationship between nativism and populism. These differences can be explained by the interaction between the supply and demand of populism in each case leading to differing experiences of elite mobilisation of the immigration issue, differing electoral systems, differing experiences of societal events (climate, conflict, terror) and differing levels of immigration issue salience. The research findings suggest that to counteract populist growth, mainstream political parties and governments need to focus on improving public trust, government responsiveness, and economic confidence amongst other measures, rather than focusing on short-term strategies like punitive immigration policies. The activation of populist attitudes is dependent on populist actors mobilising around issues like immigration which has flashpoint potential during an election cycle. The study concludes that populist actors in the global South cases have not yet mobilised effectively around this issue, but with increasing South – South migration as well as economic insecurity, the potential exists for a populist explosion in the global South.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die toename in populistiese partye wêreldwyd en die gepaardgaande veranderinge in stempatrone was 'n kenmerk van verkiesingspolitiek oor die afgelope dekade. Dit het saamgehang met verhoogde vlakke van menslike migrasie as gevolg van klimaatsverandering, konflik, ekonomiese onsekerheid en ander faktore. Vakkundige navorsing toon 'n noue verband tussen nativisme en die opkoms van populisme, maar is gefokus op die globale Noorde en gevestigde demokrasieë. Dit is egter onduidelik hoe die houdings ten opsigte van nativisme en populisme met mekaar verband hou. Die relatiewe invloed van nativisme op populistiese stemgedrag is tans ‘n onderwerp wat sub-optimaal bestudeer en ondersoek word. Terwyl vlakke van populisme en migrasie in die globale Suide aan die toeneem is, gee die literatuur nie veel aandag aan hierdie wêreldstreek nie. Hierdie studie poog om die aard van die verhouding tussen nativisme en populisme te verstaan deur die lens die onleding van stemgedrag in die globale Noorde en Suide. Die empiriese eiesoortigheid van die konsepte van nativisme en populisme is reeds in die globale Noorde gedemonstreer en die studie brei hierdie empiriese toets uit na twee gevalle in die globale Suide. Na aanleiding hiervan word die relatiewe invloed van nativistiese houdings teenoor ander konvensionele voorspellers van populistiese stemgedrag in sewe state ondersoek. Die ontleding sluit in vyf gevestigde demokrasieë in die globale Noorde en twee ontwikkelende demokrasieë in die globale Suide. Deur die ontleding na Suid-Afrika en Colombië uit te brei, is dit moontlik om vas te stel tot watter mate nativisme populistiese stemreg in verskillende wêreldstreke direk en/of indirek beïnvloed. Meningsopname data van die Vergelykende Nasionale Verkiesingsprojek (Comparative National Elections Project) word gebruik om stemkeuse vir 'n populistiese party in die sewe state in die periode 2016– 2019 te ontleed. Fase Een van die navorsingsontwerp sluit tweerigting korrelasies en faktor-analise in om die empiriese onderskeiding tussen die konsepte van populisme en nativisme in Suid-Afrika en Colombië te ondersoek. Fase twee sluit binêre logistiese regressie in om die invloed van nativistiese houdings teenoor 'n reeks voorspeller- veranderlikes op stemkeuse vir 'n populistiese party in elke staat te ontleed. Fase Twee sluit ook gedeeltelike korrelasies in om vas te stel of nativisme 'n direkte of indirekte rol speel in die beïnvloeding van populistiese stemgedrag. Data-analise onthul dat die konsepte nativisme en populisme empiries uniek of eiesoortig is in die twee gevalle in die globale Suide, maar wel ietwat verskil met betrekking tot die interpretasie in die studiegevalle in die globale Noorde. Dit is opmerklik dat die data toon dat nativisme en populistiese stemgedrag direk in die gevalle uit die globale Noorde beïnvloed, maar in kombinasie met 'n reeks ander voorspeller-veranderlikes wat van staat tot staat verskil. Die item wat anti-immigrant sentiment meet, is invloedryk in die voorspelling van populistiese stemgedrag in elke geval uit die globale Noorde. In die twee gevalle uit die globale Suide het nativisme egter nie 'n direkte of indirekte invloed op populistiese stemgedrag nie. Daar is dus noemenswaardige verskille tussen die globale Noorde en Suide in terme van die verhouding tussen nativisme en populisme. Hierdie verskille kan verklaar word deur die wisselwerking tussen die vraag en aanbod van populisme wat in elke geval lei tot verskillende ervarings van elite-mobilisering rondom die immigrasiekwessie, verskillende kiesstelsels, verskillende ervarings van gebeure in die samelewing (klimaat, konflik, terreur) en verskillende grade van die voorkoms van die immigrasiekwessie. Die navorsingsbevindinge dui daarop dat ten einde ‘n toename in populisme teen te werk, hoofstroom politieke partye en regerings moet fokus op, onder meer, die verbetering van openbare vertroue, verbetering van die vlakke van verantwoorbaarheid van regerings en verbeterde ekonomiese vertroue, eerder as om te fokus op korttermyn-strategieë met immigrasie as strafmaatreëls. Die mobilisering van populistiese houdings is afhanklik van populistiese akteurs wat mobiliseer rondom kwessies soos immigrasie wat dan konflik potensiaal het tydens 'n verkiesingsiklus. Die studie kom tot die gevolgtrekking dat populistiese akteurs in die globale Suide nog nie effektief rondom hierdie kwessie gemobiliseer het nie, maar met toenemende Suid-Suid-migrasie sowel as ekonomiese onsekerheid, bestaan die potensiaal vir beduidende toename in populistiese gedrag in die globale Suide.
Description
Thesis (DPhil)--Stellenbosch University, 2023.
Keywords
Citation