Mapping composers' experiences of contemporary film score composition processes in South Africa

Date
2021-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : The experiences of film score composers working in South Africa is under-represented in academic literature. Known factors such as limited resources, competing artistic visions, negotiations between role-players, emotional stress, and variations in working processes are largely based on Hollywood film industry practices. This study explores key concerns of film s core composers working i n S outh Africa in particular, drawn from their own accounts by means of grounded theory. Semi-structured interviews were conducted and common themes between participant accounts explored, categorised, analysed, and placed into dialogue with extant literature. Three central categories that emerged from the data suggest that the key concerns of film score composers in South Africa relate to experiencing intrinsic value in film s core composition work, c reative control, and rapport building. Experiencing intrinsic value motivates composers to engage with and enjoy their work despite typically unfavourable working conditions. Creative control relates to the need for autonomy when engaging in creative work. Perceived factors influencing this can be categorised by limitations from the client, from the industry, or from the composers themselves. Rapport building strategies employed by film score composers involve building and maintaining friendships, chasing repeated collaborations, and doing favours and working for free. This is done to get work, to increase trust and creative control, to improve communication and understanding between role players, and to pursue collaborative environments.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Daar is min akademiese vakliteratuur beskikbaar wat die ervaring van komponiste in die filmbedryf i n Suid-Afrika beskryf. Bekende faktore, soos beperkte hulpbronne, mededingende artistieke beskouings, samewerking tussen die verskillende belanghebbers, emosionele stres en verskille in werksprosesse, is grotendeels gebaseer op praktyke in die Hollywoodse fillmindustrie. In hierdie studie word die primêre stuikelblokke wat komponiste in die Suid-Afrikaanse filmbedryf ervaar, beskryf. Inligting is eerstehands van komponiste ingewin en deur middel van gegronde teorie beskryf. Semi-gestruktureerde onderhoude is gevoer en herhalende temas geïdentifiseer, in kategorieë geplaas, ge-analiseer en dan in konteks met die bestaande literatuur geplaas. Die data het drie sleutel- kwessies, wat deur die deelnemende komponiste ervaar word, blootgelê: die intrinsieke waarde van hulle werk as filmkomponiste, die belang van beheer oor die kreatiewe proses en die bou van gesonde werksverhoudinge in die industrie. Komponiste word deur die intrinsieke waarde van hul werk gemotiveer en geniet die werk ten spyte van dikwels ongunstige werksomstandighede. Daarbenewens vervul die beheer oor die kreatiewe proses hulle behoefte aan outonomie. Verdere faktore wat komponiste se ervaring gedurende die kreatiewe proses beïnvloed, sluit die volgende in: perke gestel deur die kliënt en die industrie, asook deur die komponis self. Om sukses te bereik in hierdie industrie moet komponiste aan verhoudings met ander rolspelers bou, gereelde kontak bewerkstellig en bereid wees om teen geringe, of selfs geen, vergoeding te werk. Hierdie strategie vergroot hulle kanse om werk te kry, vertroue te versterk en gee die komponis meer beheer oor die kreatiewe proses. Dit verbeter ook kommunikasie en samewerking met alle belanghebbers in ‘n werksomgewing wat sterk op samewerking staatmaak.
Description
Thesis (DPhil)--Stellenbosch University, 2021.
Keywords
Motion picture music, Grounded theory, Film composers, Motion picture industry, Qualitative data analysis software, UCTD
Citation