The role of disability rights movements in the Ethiopian Development Agenda

Date
2011-03
Authors
Wakene, Dagnachew Bogale
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Despite the ever increasing number of persons with disabilities (PWDs) in Ethiopia and the resulting conditions of abject poverty, efforts made to curb the existing situation, thereby improving the lives and citizenry contributions of PWDs, has been minimal. Consequently, poverty and insufficient participation of PWDs continue to be the distinctive features characterizing the disability sector and movement in Ethiopia. This research was aimed at investigating the role, involvement and impact of PWDs and the Disability Rights Movement (DRM) in Ethiopia in realizing the effective inclusion of disability in the country‟s development agenda, with a specific focus on Poverty Reduction Strategy Papers (PRSPs). A qualitative research paradigm, using a case study design, was employed as a research method in this study. Data were collected using two data collection methods; namely, key informant interviews (KIIs) and focus group discussions (FGDs). Purposive sampling and snowballing techniques were used to select 44 people who participated in ten key informant interviews and three focus group discussions (each FGD attended by 8 to 10 participants). The researcher was flexible enough to conduct additional KIIs and FGDs until the data saturation point was reached. Semi-Structured Interview Guides were employed as data collection tools. A thematic content analysis was conducted following a systematic process of coding data and grouping codes into categories and emerging themes. The study was conducted in Addis Ababa, the capital of Ethiopia, in collaboration with the Federation of Ethiopian National Associations for People with Disabilities (FENAPD) – the umbrella Disabled People Organization (DPO) in Ethiopia. The results of the study revealed that the disability movement in Ethiopia has not been active enough in ensuring the involvement of PWDs in the country‟s development endeavours. It was also reiterated that, even if the Ethiopian government was one of the first signatories of the UN Convention on the Rights of Persons with Disabilities (CRPD), the practical recognition that it has so far conferred to disability and PWDs in its development plans has been less than satisfactory. The study also underlined the fact that some recent progresses, such as the mentioning of disability in the currently under-review third PRSP document of Ethiopia, should be strengthened in order to pave the way for a more comprehensive inclusion of disability. Imminent challenges and opportunities facing the Ethiopian disability movement have also been explored in the study. It is hoped that the results of this study will provide the pertinent disability stakeholders in Ethiopia, including the government, with useful, timely and concrete research evidence, especially as Ethiopia is now engaged in a process of launching its latest PRSP documents.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Ten spyte van die immer toenemende getal mense met gestremdhede (MMG's) in Etiopië en die gevolglike volslae armoede, is daar uiters min pogings aangewend om die bestaande situasie te bedwing en só die lewensgehalte en burgerskapbydraes van MMG's te verhoog. Gevolglik bly armoede en die ontoereikende deelname van MMG's eienskappe wat die gestremdheidsektor en -beweging in Etiopië kenmerk. Hierdie navorsing was daarop gemik om ‟n ondersoek te doen na die rol, betrokkenheid en invloed van MMG's en die Beweging vir die Regte van Gestremde Mense (BRGM) in Etiopië om gestremde mense doeltreffend by die land se ontwikkelingsagenda in te sluit, met spesifieke klem op Armoedeverligtingstrategieë (AVS'e). 'n Kwalitatiewe navorsingsparadigma, waartydens 'n gevallestudie gebruik is, was die navorsingsmetode van hierdie studie. Inligting is verkry deur twee data-insamelingsmetodes, naamlik onderhoude met belangrike segspersone (OBS'e) en fokusgroepbesprekings (FGB's). Doelgerigte seleksie en sneeubaltegnieke is gebruik om 44 mense te kies, wat toe aan 10 onderhoude met belangrike segspersone en 3 fokusgroepbesprekings deelgeneem het. (Elke FGB het uit 8 tot 10 deelnemers bestaan.) Die navorser was buigsaam genoeg om meer onderhoude en groepbesprekings te hou totdat die inligting 'n versadigingspunt bereik het. Semigestruktureerde onderhoudsriglyne is gebruik as instrument om die inligting in te samel. 'n Tematiese inhoudsontleding is gedoen ná 'n sistematiese proses om inligting te kodeer en kodes in kategorieë en duidelike temas te groepeer. Die studie is uitgevoer in Addis Abeba, die hoofstad van Etiopië, in samewerking met die Federasie van Etiopiese Nasionale Verenigings vir Mense met Gestremdhede (FENVMG) – die oorkoepelende organisasie vir gestremde mense in Etiopië. Die bevinding van hierdie studie is dat die gestremdheidsbeweging in Etiopië nie aktief genoeg is om die betrokkenheid van MMG's in die land se ontwikkelingsondernemings te verseker nie. Daar is ook bevestig dat, selfs al was die regering van Etiopië een van die eerste ondertekenaars van die Verenigde Nasies (VN) se Kongres oor die Regte van Mense met Gestremdhede (KRMG), die praktiese erkenning wat tot dusver aan gestremde mense in dié land se ontwikkelingsplanne gegee is, geensins bevredigend is nie. Die studie lê ook klem daarop dat onlangse vordering, soos dat gestremde mense genoem word in die derde AVS-dokument van Etiopië, wat tans hersien word, versterk behoort te word. Só kan die weg gebaan word vir 'n meer omvattende insluiting van gestremde mense. Naderende uitdagings en geleenthede wat die gestremdheidsbeweging in Etiopië sal moet aanpak, word ook in hierdie studie ondersoek.
Description
Thesis (MPhil (Rehabilitation))--University of Stellenbosch, 2011.
Keywords
Disability rights movements -- Ethiopia, Dissertations -- Speech-language and hearing therapy, Theses -- Speech-language and hearing therapy, Dissertations -- Rehabilitation, Theses -- Rehabilitation, People with disabilities -- Services for -- Ethiopia
Citation