The assessment of concussion recovery using electroencephalography

dc.contributor.advisorVan den Heever, David Jacobusen_ZA
dc.contributor.authorFroneman, Taylaen_ZA
dc.contributor.otherStellenbosch University. Faculty of Engineering. Dept. of Mechanical and Mechatronic Engineering (CRSES)en_ZA
dc.date.accessioned2019-02-28T10:07:15Z
dc.date.accessioned2019-04-17T08:29:11Z
dc.date.available2019-02-28T10:07:15Z
dc.date.available2019-04-17T08:29:11Z
dc.date.issued2019-04
dc.descriptionThesis (MEng)--Stellenbosch University, 2019.en_ZA
dc.description.abstractENGLISH ABSTRACT: Refer to text.en_ZA
dc.description.abstractAFRIKAANSE OPSOMMING: Sportverwante harsingskudding is ‘n algemene besering, wat baie spelers beïnvloed. Indien harsinngskudding nie behoorlik bestuur word nie, mag spelers terugkeer na die spel voor hulle te volle herstel het van die besering. Dit kan ‘n herhaling van die besering veroorsaak, wat tot ernstige langtermyn gevolge kan ly. ‘n Behoefte bestaan vir die ontwikkeling van ‘n goedkoper metode om elektroensefalogafie (EEG) veranderlikes na harsingskudding te monitor , en om so te bepaal waneer spelers (spesifiek op amateursvlak) gereed is om na die spel terug te keer. Die hoofdoel van die projek was om 'n harsingskudding-protokol te ontwikkel wat gebruik kan word om verskillende EEG-meetinstrumente te vergelyk. ‘n Protokol is ontwikkel om Gebeurtenis Verwante Potentiale (ERP) en krag spektrum veranderinge na harsingskudding te monitor. Dit is gedoen deur EEG opnames te maak van die deelnemers in ‘n oë-geslote russtaat, ‘n oë-geslote tandem houding, en twee Stroop toetse (een waar woorde en een waar kleure uitgeken word). Die ontwikkelde protokol is gebruik om ‘n lae-koste, draagbare EEG toestel (Emotiv Epoc+) met ‘n navorsing-gegradeerde EEG toestel (Brain Products Brainvision) te vergelyk, en die data is geanaliseer deur gemiddelde grafieke en gepaarde waarneming t-toetse te gebruik vir die 21 deelnemers . Daarbenewings was die protokol gebruik om die herstellingsproses van ‘n deelnemer met harsingskudding met die Brain Products toestel te monitor op een, veertien en 38 dae na die besering opgedoen is. Die resultate dui aan dat die Emotiv ERP grafieke goed vergelyk met die Brain Products ERP grafieke in terme van die P300 en N200 piek vorms, maar dat die Emotiv pieke laer amplitudes en ‘n vertraagde latensie van ongeveer 200 ms getoon het. Die ERP ondersoek het ‘n lae statistiese krag bewys, en behoort met meer deelnemers herhaal te word. Die krag spektrum analise het getoon dat statistiese beduidende verskille tussen die twee toestelle in sekere areas bestaan. Die resultate wat van die deelnemer met harsingskudding verkry is toon ‘n verhooging van P300 en N200 amplitudes met die verloop van tyd na besering. Hierdie bevindinge stem ooreen met vorige navorsing in die veld, en ondersteun die idee dat die ontwikkelde protokol sensitief is tot verandering na harsingskudding. Hierdie moet met meer deelnemers met harsingskudding bevestig word. Hierdie studie het belowende resultate getoon vir tendense wat met die Emotiv toestel verkry is in vergelyking met die Brain Products toestel, maar hoë veranderlikheid van die data mag probleme veroorsaak in terme van individuele assesering met die toestel. Die Brain Products toestel was in staat om tendense in die data van die deelnemer met harsingskudding te vind wat ooreenstem met vorige navorsing, maar verdere ondersoek is nodig om hierdie bevindinge te bevestig.af_ZA
dc.format.extentxii, 103 pages : illustrationsen_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/106112
dc.language.isoen_ZAen_ZA
dc.publisherStellenbosch : Stellenbosch Universityen_ZA
dc.rights.holderStellenbosch Universityen_ZA
dc.subjectBrain -- Concussion -- Rehabilitationen_ZA
dc.subjectElectroencephalography (EEG)en_ZA
dc.subjectUCTD
dc.titleThe assessment of concussion recovery using electroencephalographyen_ZA
dc.typeThesisen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
froneman_concussion_2019.pdf
Size:
16.31 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Plain Text
Description: