A phenomenological exploration of the South African perspective on psychological harassment in the workplace
Date
2023-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: Objective: To gain a deeper understanding of psychological harassment as a concept, its manifestation and the cognitive and behavioural impact on victims in the South African workplace. Participants: Despite aiming to reach a sample size of around 2 to 25 participants, the final sample included 7 participants across various race groups and ages. In addition, both genders were represented across various industries and at various levels of education and career progression. Study Method: A qualitative study using an exploratory framework to gain valuable individual and personal experience with psychological harassment embedded in a phenomenological understanding of the lived experiences. Main Finding: Participants found it challenging to define the concept of psychological harassment but managed to name the behaviour of psychological harassment with ease. Overall, it becomes clear that psychological harassment has the potential to affect one's emotional well-being significantly, which in turn changes other elements that are detrimental to organisational performance. The study's findings also showed that victims of psychological harassment are unlikely to report their experience due to organisational dynamics such as culture, politics and power distribution. Therefore, the presence of psychological harassment in the South African workplace needs to be pre-empted by addressing the aforesaid dynamics. Conclusion: It is evident from the conversation with the study’s participants that the presence of psychological harassment in the workplace might only be acknowledged and hopefully eliminated subsequent to the recently introduced Code of Good Practice on the Prevention and Elimination of Harassment in the Workplace is implemented. With the promising nature of such positive changes, organisations might become more aware of their culture, politics and power dynamics that encourage psychological harassment. However, based on the findings in this study, Employers and employees might require extensive guidance on how to practically implement the Code, as psychological harassment does not seem to be a well-understood phenomenon in South African workplaces.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Doel: Om 'n dieper begrip te verkry van sielkundige teistering as 'n konsep, die manifestasie daarvan en die kognitiewe en gedragsimpak op slagoffers in die Suid-Afrikaanse werkplek. Deelnemers: Ten spyte daarvan dat dit die doel was om 'n steekproefgroep van ongeveer 2 tot 25 deelnemers te bereik, het die finale steekproefgroep 8 deelnemers oor verskeie rasgroepe en ouderdomme ingesluit. Beide geslagte in verskeie industriee en op verskeie vlakke van onderwys en loopbaanvordering was verteenwoordig. Studiemetode: 'n Kwalitatiewe studie, wat 'n verkennende raamwerk gebruik het, om waardevolle individuele en persoonlike ervaring op te doen ten opsigte van sielkundige teistering, wat vasgele is in 'n fenomenologiese begrip van die beleefde ervarings. Hoofbevinding: Deelnemers het dit uitdagend gevind om die konsep van sielkundige teistering te definieer, maar het maklik daarin geslaag om die gedrag van sielkundige teistering te identifiseer. Oor die algemeen het dit baie duidelik geword dat sielkundige teistering die potensiaal het om persone se emosionele welstand aansienlik te beinvloed, wat op sy beurt ander elemente in verband met organisatoriese prestasie nadelig beinvloed. Die bevindinge van die studie het ook getoon dat dit baie onwaarskynlik is dat slagoffers sielkundige teistering rapporteer as gevolg van organisatoriese dinamika soos kultuur, politiek en magsverspreiding. Die teenwoordigheid van sielkundige teistering in die Suid-Afrikaanse werksplek moet voorkom word deur die bogenoemde dinamiek in totaliteit aan te spreek. Konklusie: Dit is duidelik uit die gesprek met die studie se deelnemers dat die teenwoordigheid van sielkundige teistering in die werksplek waarskynlik eers sal erken en hopelik uitgeskakel word na die onlangse bekendstelling van die Kode van Goeie Praktyk oor die Voorkoming en Uitskakeling van Teistering in die Werkplek. Sulke belowende, positiewe verandering kan organisasies meer bewus maak van hul kultuur, politiek en magsdinamika wat sielkundige teistering kan aanmoedig. Gebaseer op die bevindinge in hierdie studie, mag beide, werkgewers en werknemers, uitgebreide leiding benodig om die Kode prakties te implementeer, aangesien sielkundige teistering blyk om 'n verskynsel te wees wat nie goed verstaan word in Suid-Afrikaanse werkplekke.

Description
Thesis (MCom)--Stellenbosch University, 2023.