Die verband tussen 'n kind se temperament, aanpassing en gesinsfunksionering

Date
1990-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: 'n Omvattende studie van die literatuur het getoon dat daar tot op hede nog baie min navorsing oor die temperament van kinders in die middelkinderjare gedoen is. Min navorsingsbevindings oor 'n moontlike verband tussen temperament, gesinsfunksionering en'n kin se aanpassing tydens die middelkinderjare is beskikbaar. Verdere navorsing op hierdie gebied is aanbeveel sodat die psigodinamika van 'n kin met aanpassingsprobleme beter verstaan kan word en met inagneming van sy/haar temperament en gesinsfunksionering interpreteer kan word Om die bogenoemde leemtes aan te spreek, is 'n ondersoek volgens die geval-kontrole-ontwerp geloods wat die volgende doelstellings gehad het: (1) die bepaling van korrelasies tussen dimensies van temperament tydens die middelkinderjare en die kind se (a) aanpassing en (b) gesinsfunksionering en (2) die bepaling van verskille tussen 'n groep kinders wat gedragsprobleme lewer en/of emosionele probleme ondervind (Groep 1) en 'n groep kinders wat nie dergelike probleme lewer nie (Groep 2) ten opsigte van (a) dimensies van temperament, (b) aanpassing en (c) gesinsfunksionering. Die volgende meetmiddels is gebruik, naamlik die "Middle-Childhood Temperament Questionnaire" die "Child Behaviour Checklist", die "McMaster Family Assessment Device", die "Marital Satisfaction Questionnaire" en die "Child Rearing Attitude Scale". Resultate het daarop gedui dat daar binne groepsverband beduidende korrelasies vir sekerre dimensies van temoerament, gedragsprobleme, sosiale vaardigheid, gesinsveranderlikes en huwelikstevredenheid gevind is. Hoewel statisties beduidend, was sommige van die korrelasies redelik laag. Geen beduidende korrelasies kon binne groepe tussen dimensies van temperament en ouerskapstyle aangetoon word nie. Die kinders van Groep 1 het ten opsigte van sekere dimensies van temperament, gedragsprobleme en sosiale vaardigheid beduidend van Groep 2 verskil. Geen beduidende verskille kon ten opsigte van gesinsveranderlikes, huwelikstevredenheid en ouerskapstyle tussen die twee groepe gevind word nie. Die gevolgtrekking is gemaak dat die kind se temperament in interaksie met gesinsveranderlikes beslis in berekening gebring moet word om 'n kind se ontwikkeling en aanpassing te verstaan en psigodinamies te interpreteer.
ENGLISH ABSTRACT: A comprehensive survey of the literature has shown that very little research has been done on the temperament of children in their middle childhood. Few research findings are available on possible connection between temperament, the functioning of the family and the child's adjustment in middle childhood. Further research in this field together with cognizance of his/her temperament and family functioning, is therefore necessary to more comprehensively understand and interpret the psychodynamics of a child with adjustment problems. In order to address the above deficiencies, research was done on a case-control basis with the following aims: (1) the determination of correlations between dimensions of temperament in middle childhood and a child's (a) adjustment and (b) family functioning and (2) the determination of differences between a group of children who have behavioral and/or emotional problems (Group 1) and a group of children who do not have such problems (Group 2) with regards to (a) dimensions of temperament, (b) adjustment and (c) family functioning. The means of evaluation consisted of the "middle Childhood Temperament Questionnaire", "Child Behavior Checklist", "McMaster Family Assessment Device", "Marital Satisfaction Questionnaire" and "Child Rearing Attitude Scale". Results indicated significance within group-correlations between certain dimensions of temperament, behavior problems, social competence, family variables and marital satisfaction. Some of the correlations were, although statistically significant, rather weak. No significant within group-correlations were found between dimensions of temperament and parenting styles. Children of Group 1 differed significantly from the children of Group 2 with regard to certain dimensions of temperament, behavior problems and social competence. No significant differences were found between the two groups fro family variables, marital satisfaction and parenting styles. It was concluded that the childs' temperament in interaction with family variables, must be taken into account to understand and interpret the childs' development and adjustment psychodynamically.
Description
Thesis (DPhil)--Stellenbosch University, 1990.
Keywords
Temperament in children, Adjustment (Psychology), Children -- Family relationships -- Psychological aspects
Citation