Final sentences in biblical Hebrew narrative prose form Genesis to 2 Kings
Date
2000-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Final sentences are a neglected area of research in Biblical Hebrew. Apart from an
investigation by Mitchell (1879) in the previous century, and a more recent article by
Muraoka (1997), this is certainly an area of Biblical Hebrew grammar in need of research.
Biblical Hebrew grammars propound a variety of ways final constructions can supposedly
be expressed. The main thesis of this study is that the diversity of final constructions in
Biblical Hebrew is not merely different syntactic realizations of the same semantic
meaning, but that each syntactic construction carries definite semantic nuances.
Traditional grammars, because they are sentence-based, present some shortcomings in the
description of final sentences. I will briefly expose some of the linguistic presuppositions
of traditional grammars, and their inherent limitations with respect to the study of final
constructions.
Recent developments in general linguistics, especially the variety of approaches subsumed
under the broad classification textlinguistics, create new opportunities to address Biblical
Hebrew grammar. I will explore this relatively recent developments to the study of
language, in order to determine whether insights from studies conducted in terms of this
paradigm can be used to describe final constructions more adequately.
A number of theses are presented in Chapters 2 and 3, which are evaluated in Chapters 4
to 6. The findings are presented in a summary of at the end of each chapter. The final
results of this investigation are summarized in Chapter 7.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Finaalsinne het tot dusver min aandag geniet in Bybelse Hebreeuse navorsing. Afgesien van 'n ondersoek deur Mitchell (1879) in die vorige eeu, en 'n onlangse artikel deur Muraoka (1997), is hierdie 'n navorsingsgebied wat vra om nadere ondersoek. Volgens Bybelse Hebreeuse grammatikas kan finaalsinne op verskeie wyses uitgedruk word. Die hooftese van hierdie studie is dat die verskeidenheid van finaalkonstruksies in Bybelse Hebreeus nie bloot verskillende sintaktiese opsies is om dieselfde semantiese betekenis te realiseer nie, maar dat elke onderskeie sintaktiese konstruksie 'n besondere semantiese nuanse weergee. Omdat hulle eng op die beskrywing van die sin gebaseer is, hou traditionele grammatikas tekortkominge in vir die beskrywing van finaalsinne. In hierdie studie wys ek kortliks op die linguistiese voorveronderstellings van die tradisionele benadering, en op die inherente tekortkominge van so 'n benadering ten opsigte van die ondersoek van finaalsinne. Onlangse ontwikkelinge in die algemene linguistiek, veral die verskeidenheid benaderings saamgevat onder die begrip tekslinguistiek, bied nuwe moontlikhede vir die beskrywing van Bybelse Hebreeus. Ek sal hierdie nuwe benadering tot taalstudie ondersoek om vas te stel of dit aangewend kan word om finaalsinne beter te beskryf. Verskeie tesisse word in Hoofstukke 2 en 3 geformuleer en dan in Hoofstukke 4 tot 6 geëvalueer. Die resultate word aan die einde van elke hoofstuk saamgevat. Die uiteindelike konklusies van hierdie studie word in Hoofstuk 7 saamgevat.

Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2000.
Keywords
Bible. Old Testament -- Language, style, Narration in the Bible, Hebrew language -- Syntax, Hebrew language -- Sentences, Dissertations -- Ancient Near Eastern Studies, Theses -- Ancient Near Eastern Studies