In defence of the public-private distinction with regard to sexual orientation: Zambia as a case study

Date
2021-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: his dissertation aims to make a contribution to the field of political ethics by bringing the normative justification for the public/private distinction to bear on a specific case of law- giving. The case in question involves the criminalisation of homosexuality in Zambia. Under Zambian law, so-called ‘carnal knowledge against the order of nature’ carries a hefty prison sentence, on the grounds that the actions to which these laws apply are widely held to be morally wrong throughout Zambian society. Support for these laws is thus derived from a comprehensive moral view to which a large majority of Zambians subscribe. On the other hand, Zambia’s Constitution proclaims it to be a democratic society, in which all citizens have equal status before the law and equal dignity, and all are assured of freedom of conscience, expression, assembly, movement and association. Given Zambia’s constitutional commitments to the latter political values, it follows that coercive laws must be appropriately justified to its citizens. This dissertation argues that the criminalisation of homosexuality in Zambia cannot be so justified. I develop this argument with reference to the notion of the public/private distinction – understood as a distinction between personal moral beliefs on the one hand, and the political values that enable citizens with different comprehensive moral views to live together in a cooperative way on the other. In so far as this distinction is a key feature of the political liberalism developed by Rawls and others, the theoretical component of the dissertation therefore entails an extensive analysis and defence of the main tenets of political liberalism. While political liberalism is commonly considered to belong to the domain of ideal theory and therefore unlikely to be action- guiding when it comes to policy and legislation, I further seek to demonstrate the relevance of political liberalism as a normative framework when it comes to procedural political ethics. I develop the above argument in six steps. I begin by providing a detailed account of the origins, content, and various justifications for Zambia’s laws regarding homosexuality, and showing that all of these justifications depend on comprehensive moral beliefs being made into the grounds of public laws. From Chapter 2 onwards, I build up the case for the opposite – that is, for drawing a distinction between personal moral beliefs and public, political values, and justifying legislation on the grounds of the latter, not the former. After investigating the origins and main tenets of liberalism in Chapter 2, I present the argument for political liberalism in Chapter 3. While comprehensive liberalism is grounded v in a conception of the good, political liberalism is meant to be free-standing, in that its justification is grounded in ideals of public reason that are present in the political culture of liberal democratic societies. I show why this is so, and why considerations of sexual orientation are, in fact, conceptions of the good life which, as such, cannot underwrite either the legitimacy of political authority or social stability. Chapter 4 narrows the focus from the general account of political liberalism to the public/private distinction in particular, as a necessary condition for persons who sharply disagree on conceptions of the good life, to nevertheless agree on constitutional principles that guide the political, legal and economic basic structure of their society. In Chapter 5 I take a step back from the main argument to consider the challenges of political liberalism emanating from its feminist and communitarian critics – both African and Western. I subject both sets of criticisms to the test of pluralism: that is, whether the alternative proposed better equips a democratic society to deal with the inevitable fact of deep disagreements about the good on the part of its citizens. I conclude that approaches that oppose the public/private distinction altogether, rather than merely refining it, fail the test of pluralism. In the sixth and final chapter, I apply the normative argument in favour of the public/private distinction to the public, political and legal reasoning regarding sexual orientation in Zambia. I show that each of these arguments violates one or more of the normative criteria of justification I have developed in the preceding chapters and should therefore be rejected. I conclude that persons who disagree on the morality of homosexuality both can and should reject, as citizens, the current Zambian law against homosexuality. In developing the above-mentioned argument, this study also seeks to open up ethical reflection about an issue which most Zambians would rather not talk about. By openly engaging with the issue and inquiring into the assumptions, prejudices and implications of the views about homosexuality that underlie Zambia’s criminalisation of homosexuality, I hope to contribute to the critical self-reflection that is a prerequisite for responsible citizenship – on my own part, and on the part of my compatriots.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie proefskrif het ten doel om 'n bydrae te lewer op die terrein van politieke etiek deur die normatiewe regverdiging vir die openbare/private onderskeid op spesifieke wetgewing van toepassing te maak. Laasgenoemde behels die kriminalisering van homoseksualiteit in Zambië. Onder die Zambiese wet dra sogenaamde ‘vleeslike kennis teen die orde van die natuur’ ‘n swaar gevangenisstraf. Die regverdiging wat vir sodanige straf aangevoer word is d at die optrede waarop hierdie wette van toepassing is algemeen as moreel verkeerd beskou word deur die Zambiese samelewing. Die wetgewing word dus begrond in ‘n omvattende morele siening wat deur ‘n groot meerderheid Zambiërs gehuldig word. Aan die ander kant verklaar die Grondwet dat Zambië 'n demokratiese samelewing is waarin alle burgers oor gelyke status voor die wet en gelyke waardigheid beskik, en almal verseker is van vryheid van gewete, uitdrukking, vergadering, beweging en assosiasie. Gegewe die grondwetlike verbintenis tot laasgenoemde politieke waardes, volg dit dat die dwang van wetgewing toepaslik teenoor die burgers geregverdig moet word. Hierdie proefskrif voer aan dat die kriminalisering van homoseksualiteit in Zambië nie sodanig geregverdig kan word nie. Ek ontwikkel hierdie argument met verwysing na die openbare/private onderskeid – hier begryp as die onderskeid tussen persoonlike morele oortuigings aan die een kant, en aan die ander kant die politieke waardes wat burgers met verskillende omvattende morele opvattings in staat stel om op 'n koöperatiewe wyse met mekaar saam te leef. Aangesien bogenoemde onderskeid 'n belangrike kenmerk is van die politieke liberalisme wat deur Rawls en ander ontwikkel word, behels die teoretiese komponent van die proefskrif dus 'n uitgebreide ontleding en verdediging van die belangrikste beginsels van die politieke liberalisme. Alhoewel politieke liberalisme beskou word as behorende tot die domein van ideale teorie behoort en daarom moeilik in staat om ons praktiese besluitneming ten opsigte van beleid en wetgewing te rig, poog ek verder om die relevansie van politieke liberalisme as 'n normatiewe raamwerk vir prosedurele politieke etiek te demonstreer. Ek ontwikkel bogenoemde argument in ses stappe. Ek begin deur 'n gedetailleerde uiteensetting te gee van die oorsprong, inhoud en verskillende regverdigings van die Zambiese wetgewing rakende homoseksualiteit, en toon aan dat al hierdie regverdigings gegrond is op ‘n omvattende morele oortuiging wat tot grondslag van openbare wetgewing gemaak word. In Hoofstuk 2 en verder ontwikkel ek ‘n argument vir die teenoorgestelde – naamlik vir die onderskeid tussen persoonlike morele oortuigings en openbare, politieke waardes, en verduidelik waarom wetgewing op grond van laasgenoemde, en nie eersgenoemde nie, geregverdig behoort te word. Na ‘n uiteensetting van die oorsprong en hoofbeginsels van liberalisme in Hoofstuk 2, bied ek in Hoofstuk 3 die argument vir politieke liberalisme aan. Alhoewel omvattende liberalisme gegrond is op 'n idee van die goeie, is politieke liberalisme bedoel om vrystaande te wees, in soverre die regverdiging daarvan gegrond is op ideale van openbare rede wat tot die politieke kultuur van liberale demokratiese samelewings behoort. Ek toon aan waarom dit so is, waarom oorwegings van seksuele oriëntasie deel uitmaak van ‘n spesifieke begrip van die goeie lewe, en waarom laasgenoemde nie die legitimiteit van politieke gesag of sosiale stabiliteit kan onderskryf nie. Hoofstuk 4 verskerp die fokus vanaf politieke liberalisme in die algemeen tot die openbare/private onderskeid in die besonder. Hier toon ek aan waarom laasgenoemde ‘n noodsaaklike voorwaarde is vir persone wat skerp verskil oor die opvattings oor die goeie lewe om nietemin konsensus te kan bereik oor die grondwetlike beginsels wat die politieke, wetlike en ekonomiese struktuur van hul samelewing behoort te reguleer. In Hoofstuk 5 neem ek 'n stap terug om die feministiese en kommunitêre kritiek teen die politieke liberalisme – vanuit sowel die Westerse- as die Afrika-filosofie – in oënskou te neem. Ek onderwerp albei stelle kritiek aan die toets van pluralisme: dit wil sê of die voorgestelde alternatief 'n demokratiese samelewing beter toerus om die onvermydelike feit van diepe meningsverskille oor die goeie van die burgers te hanteer. Ek kom tot die gevolgtrekking dat benaderings wat die openbare/private onderskeid heeltemal teëstaan, eerder as om dit net te verfyn, nie die toets van pluralisme slaag nie. In die sesde en laaste hoofstuk pas ek die normatiewe argument ten gunste van die publieke/private onderskeid toe op die openbare, politieke en juridiese redenasie rakende seksuele oriëntasie in Zambië. Ek toon aan dat elkeen van hierdie argumente in stryd is met een of meer van die normatiewe kriteria van regverdiging wat ek in die voorafgaande hoofstukke ontwikkel het en dus verwerp moet word. Ek kom tot die gevolgtrekking dat persone wat nie saamstem oor die moraliteit van homoseksualiteit nie, nogtans in hul kapasiteit as burgers die Zambiese wetgewing oor homoseksualiteit kan en moet verwerp. Met die ontwikkeling van bogenoemde argument, poog hierdie studie ook om ‘n bydrae te lewer tot etiese besinning oor 'n kwessie waaroor die meeste Zambiërs liewer nie sou praat nie. Deur openlik met die aangeleentheid om te gaan en ondersoek in te stel na die aannames, vooroordele en implikasies van die standpunte oor homoseksualiteit wat Zambië se kriminalisering van homoseksualiteit ten grondslag lê, hoop ek om by te dra tot die kritiese self-refleksie wat ‘n voorwaarde is vir verantwoordelike burgerskap – om my eie onthalwe, sowel as dié van my medeburgers.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2021.
Keywords
Homosexuality, Law, Liberalism, Feminism, Communitarianism, Sexual orientation -- Law and legislation, UCTD
Citation