Remembering the past: apartheid and the careers of six coloured performing musicians in the field of western art music

Date
2023-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In recent years (especially after the end of apartheid) there has been a resurgence of interest in the history of Coloured people and most recently, Coloured opera musicians. However, the history of Coloured performing musicians has been under-researched. These musicians were allowed very limited access to participate only in institutionalised Western classical music due to harsh apartheid legislation. Many excelled in their chosen field, and as a result of not being able to follow their desired career path in South Africa owing to apartheid, they worked very hard with the hope of leaving South Africa. In some instances, these musicians were the first to break racial barriers in the South African music scene. Many of them now enjoy successful careers nationally and some. internationally. This research does not cover all musicians of colour (inclusive of Black) that studied during the apartheid era but is limited to a selection of Coloured musicians who had their formative years during this time. The selected musicians are the late Sidwill Hartman, John Theodore, Michele Williams, Leon Bosch, Franklin Larey and the late George Stevens. I augmented the rather limited amount of information on these musicians available in the public domain with information gathered through extensive interviews, either with the musicians themselves, or, in the cases where they had already passed away, with close family members and friends. The nature of the interviews determines the format of the thesis: in order to preserve the authenticity of the respondents’ voices their stories are presented verbatim. These are framed by three conventional introductory chapters and a conclusion.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In die afgelope jare (veral na die einde van apartheid) het die belangstelling in die geskiedenis van Bruinmense en meer spesifiek dié van Kleurling opera-musici weer opgevlam. Daar is egter nog min navorsing gedoen oor die geskiedenis van Kleurling musici as uitvoerende kunstenaars. Hierdie musici het beperkte toegang gehad tot deelname aan geïnstitusionaliseerde Westerse klassieke musiek as gevolg van die drakoniese apartheidswetgewing. Ten spyte hiervan het baie van hulle steeds uitstekend gevaar in hul gekose vakgebied. As gevolg van die feit dat hulle weens apartheid nie hul gewenste loopbane in Suid-Afrika sou kon volg nie, het hulle baie hard gewerk met die hoop om te emigreer. In sommige gevalle was hierdie musici van die eerstes wat deur die rassegrense van die Suid- Afrikaanse musiektoneel gebreek het. Baie van hulle bedryf nou suksesvolle loopbane nasionaal of, in sommige gevalle, selfs internasionaal. Hierdie navorsing dek nie alle musici van kleur (insluitend Swart) wat gedurende die apartheidsera studeer het nie. Die gekose musici is wyle Sidwill Hartman, John Theodore, Michelle Williams, Leon Bosch, Franklin Larey en wyle George Stevens. Die musici wat vir hierdie onderwerp gekies is, het hul vormingsjare beleef gedurende apartheid en ten spyte van die moeilike omstandighede, hulself ook in hierdie tydperk akademies bekwaam. Ek het die taamlik beperkte hoeveelheid inligting wat in die openbare domein beskikbaar is, uitgebrei deur omvattende onderhoude, het ek met die musici self, of, in die geval waar hulle reeds oorlede is, met nabye familielede en vriende. Die aard en verloop van die onderhoude bepaal ook die formaat van die proefskrif; om die egtheid van die stemme van die respondente te behou, word hul verhale verbatim aangebied. Die verhale word voorafgegaan deur drie inleidende hoofstukke en afgesluit met `n gevolgtrekking.
Description
Thesis (MMus)--Stellenbosch University, 2023.
Keywords
Citation