Death, conflict and scandal : a practical theological study of the role of rituals in congregations following the loss of the minister

Date
2023-12-15
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: When a congregation loses a minister due to death, conflict or scandal, it can potentially lead to congregational trauma and liminality. Since these losses matter to congregants in terms of their own and the congregation’s faith stories, experiences and witness, Practical Theology is invited to let these stories matter to us. This research explores the question of how rituals can possibly assist in guiding congregations through the experience of trauma and liminality following the loss of a minister due to death, conflict, or scandal. While there are several sources reflecting on aspects of this question, none focus on the combination between trauma, liminality and ritual within the context of the loss of a minister specifically – leading to a void in knowledge and praxis-theory in both academia and practice. This includes the void in the training of interim ministers. In order to answer the research question, portraiture is used as methodology to study three congregations who has each experienced the loss of a minister to death, conflict of scandal. As the first South African theologian to use portraiture (to my knowledge), part of the research entails testing the viability of the methodology in Congregational Studies. Portraiture is found to be a challenging, yet rewarding methodology that has much to offer the discerning researcher and congregation. The methodology is applied within the broader framework of Osmer’s four tasks of practical theological interpretation. Within the movement of practice to theory and back to practice, this research considers the theory and practice of three different, yet related concepts, namely trauma, liminality and ritual. By comparing the theory to practice, the theory behind all three concepts is at times confirmed and at other times challenged. The loss of a minister is shown to have the potential of being followed by trauma and liminality. It is not the loss of the minister which causes the trauma, but rather the way in which these losses (and the accompanying liminality) overwhelm the congregation while shattering trust and influencing congregational culture, among others. Addressing trauma and liminality thus asks for more than just replacing the minister. It asks for redressive action through the work of mourning. This research proposes the task of re(-)membering as a potentially helpful task in doing the redressive work of mourning. This involves a concern with the past (remembering) as well as with the future (re-membering). Further, it embraces both the gains of life and the losses symbolised by death. The potential role of rituals in assisting to guide congregations through the experience of trauma and liminality following the loss of a minister, lies in its ability to move between the past and future, life and death to draw congregants and congregations closer to the eschatological equilibrium of the present which holds both loss and gain in a creative tension. The effectiveness of rituals cannot be predicted, but the research seems to indicate that rituals that foster communitas where horizontal relationships were damaged are experienced as more healing. This leads to the identification of ritual-like acts as rituals that should not be overlooked when addressing trauma and liminality through rituals.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Wanneer ’n gemeente ’n predikant verloor weens afsterwe, konflik of ’n skandaal, kan dit potensieel tot gemeentelike trauma en liminaliteit lei. Aangesien hierdie verliese vir gemeentes ten opsigte van hulle eie en die gemeente se geloofstories, ervaringe en getuienis saak maak, word Praktiese Teologie genooi om ook hul met hierdie stories te bemoei. Hierdie navorsing ondersoek die vraag na hoe rituele moontlik kan help om gemeentes deur die ervaring van trauma en liminaliteit na die verlies aan ’n predikant weens afsterwe, konflik of skandaal te begelei. Alhoewel daar heelwat bronne is wat oor sekere aspekte van hierdie vraag reflekteer, is daar klaarblyklik geeneen wat spesifiek op die kombinasie van trauma, liminaliteit en ritueel in die konteks van die verlies aan ’n predikant fokus nie. Dit lei tot ’n leemte in kennis en praksis-teorie in beide die akademie en praktyk. Dit sluit ’n leemte in die opleiding van brugpredikante in. Om die navorsingsvraag te beantwoord, word portretatuur as metodologie toegepas om drie gemeentes te bestudeer wat elk ’n predikant weens afsterwe, konflik of skandaal verloor het. As die eerste Suid-Afrikaanse teoloog (na my kennis) om portretatuur te gebruik, is die ondersoek na die lewensvatbaarheid van dié metodologie in Gemeentebou deel van die navorsing. Daar is gevind dat portretatuur ’n uitdagende dog lonende metodologie is wat veel te bied het vir die onderskeidende navorser en gemeente. Die metodologie is toegepas binne die groter raamwerk van Osmer se vier take van praktiese teologiese ondersoek. In die beweging van praktyk na teorie en terug na praktyk, oorweeg hierdie navorsing die teorie en praktyk van drie verskillende tog verwante konsepte, naamlik trauma, liminaliteit en ritueel. Deur teorie met praktyk te vergelyk, word die teorie van die drie konsepte soms bevestig en soms uitgedaag. Daar word gewys dat die verlies aan ’n predikant die potensiaal het om te lei na trauma en liminaliteit. Dit is nie die verlies aan die predikant wat die oorsaak van die trauma is nie, maar eerder die manier waarop hierdie verliese (en die gepaardgaande liminaliteit) onder andere die gemeente oorweldig, vertroue verbreek en die gemeentelike kultuur beïnvloed. Daarom vra die aanspreek van die trauma en liminaliteit meer as net die aanstel van ’n nuwe predikant. Dit vra vir regstellende aksie deur die take van rou te onderneem. Hierdie navorsing stel voor dat die taak van re(-)membering potensieel gemeentes kan help om die regstellende werk van rou te doen. Dit behels ’n soeke na die verlede (om te remember) en die toekoms (om te re-member). Verder omarm dit beide die winste en verliese van die lewe, verteenwoordig deur die ‘lewe’ en ‘dood’. Die potensiële rol van rituele om gemeentes te help deur hul te begelei deur die ervaring van trauma en liminaliteit na aanleiding van die verlies aan ’n predikant, lê in rituele se vermoë om tussen die verlede en toekoms, lewe en dood te beweeg en daardeur gemeentelede en gemeentes nader aan ’n eskatologiese ewewig te lei. Dit is ’n ewewig van die hede wat beide wins en verlies in ’n kreatiewe spanning vashou. Die effektiwiteit van rituele kan nie voorspel word nie, maar die navorsing dui aan dat rituele wat communitas bevorder waar rituele op horisontale vlak beskadig is, as meer genesend beleef word. Dit lei tot die identifisering van ritueelagtige handelinge as rituele wat nie oorgesien moet word wanneer trauma en liminaliteit deur rituele aangespreek wil word nie.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2023.
Keywords
Citation