Integration of digital twins and virtual reality for data visualisation.
Date
2022-11
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This thesis considers an integration of digital twins (DTs) and virtual reality (VR) for enhancing the data driven decision-making process. An integrated DT and VR system is designed according to an available complex DT system design framework. The Six Layer Architecture for Digital Twins with Aggregation (SLADTA) is used for the internal architecture of the DTs in the system. A custom developed VR application is used to visualise the information using VR equipment.
The Facilities Management (FM) Division at Stellenbosch University serves as the chosen case study context for the evaluation. The energy usage information for various facilities of FM is visualised in VR. The DT method of transferring information to VR is compared to a method that does not make use of DTs.
Three experiments are used to evaluate the two implementation methods to allow for an adequate comparison of the two methods. The experiments focus on, respectively, latency, computer resource utilisation (in terms of RAM and CPU usage), and reconfigurability when a new feature is to be added to the system. The experiment results indicate that the DT method has lower latencies, the two methods have similar computational resource needs, and the non-DT method is more reconfigurable than the DT method.
However, the DT method offers other advantages such as allowing for two VR experiences to visualise the same information, or allowing for a different visualisation tool, other than VR, to be integrated seamlessly into the system. The DT method also allows for a distributed operation functionality that reduces the computational load required from a single hardware device. The Non-DT method does not offer such advantages. The thesis concludes that the integration of DTs and VR for data visualisation is possible and is favourable for a system that will not only use VR as a data visualisation means.
AFRIKAANS OPSOMMING: Hierdie tesis oorweeg 'n integrasie van digitale tweelinge (DT’e) en virtuele realiteit (VR) vir die verbetering van die data-gedrewe besluitnemingsproses. 'n Geïntegreerde DT- en VR-stelsel is ontwerp volgens 'n beskikbare ontwerpraamwerk vir komplekse DT-stelsels. Die Six Layer Architecture for Digital Twins with Aggregation (SLADTA) word gebruik vir die interne argitektuur van die DT’e in die stelsel. 'n Pasgemaakte VR-toepassing word gebruik om die inligting met behulp van VR-toerusting te visualiseer. Die Afdeling Fasiliteitsbestuur (FB) aan die Universiteit Stellenbosch dien as die gekose gevallestudiekonteks vir die evaluering. Die inligting oor energieverbruik vir verskeie fasiliteite van FB word in VR gevisualiseer. Die DT-metode om inligting na VR oor te dra, word vergelyk met 'n metode wat nie van DT’e gebruik maak nie. Drie eksperimente word gebruik om die twee implementeringsmetodes te evalueer om 'n voldoende vergelyking van die twee metodes moontlik te maak. Die eksperimente fokus op, onderskeidelik latensie, rekenaarhulpbronbenutting (in terme van geheue- en mikroverwerker-gebruik), en herkonfigureerbaarheid wanneer 'n nuwe kenmerk by die stelsel gevoeg moet word. Die eksperimente se resultate dui aan dat die DT-metode laer latensie het, die twee metodes soortgelyke berekeningshulpbronbehoeftes het, en die nie-DT-metode meer herkonfigureerbaar as die DT-metode is. Die DT-metode bied egter ander voordele, soos om twee VR-ervarings toe te laat om dieselfde inligting te visualiseer, of om toe te laat dat 'n ander visualiseringsinstrument, anders as VR, naatloos in die stelsel geïntegreer word. Die DT-metode maak ook voorsiening berekeningslading te versprei wat die berekeningslading wat van 'n enkele hardeware-toestel benodig word, verminder. Die nie-DT metode bied nie sulke voordele nie. Die tesis kom tot die gevolgtrekking dat die integrasie van DT'e en VR vir datavisualisering moontlik en gunstig is vir 'n stelsel wat nie net VR as 'n datavisualiseringsmiddel sal gebruik nie.

Description
Thesis (MEng) -- Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Digital twins (Computer simulation), Virtual reality in engineering, Information visualization, Industry 4.0