Taalonderwysers se perspektiewe aangaande vervlegte leer as onderrig- en leerbenadering vir die 21ste-eeuse leerder

Date
2020
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Die fokus van hierdie artikel was op die perspektiewe wat taalonderwysers oor die gebruik van vervlegteleerbenaderings aangaande die taalonderrig van die hedendaagse 21ste-eeuse leerder het. Die twee kernoorwegings wat hierdie navorsing gerig het, was eerstens die beduidende rol wat onderwysers se perspektiewe speel met betrekking tot opvoedkundige hervormingspogings en tweedens vervlegte leer as onderrig- en leerstrategie tot taalonderrig aan die 21ste-eeuse leerder. Met die tegnologiese vooruitgang wat so kenmerkend van die 21ste eeu is, is dit noodsaaklik om die manier waarop mense leer, te herontwerp en te verander. Binne die kontekstuele raamwerk van die 21ste-eeuse klaskamer moet daar in ag geneem word dat tegnologie deel vorm van die hedendaagse leerder se verwysingsraamwerk. Hierdie veranderende opvoedkundige landskap noop die onderwyser om vernuwend na onderrig en leer te kyk en strategieë te ondersoek vir hoe tegnologie op ’n sinvolle wyse binne die kurrikulumraamwerk geïntegreer kan word sonder om die eienskappe van tradisionele leerervarings te ignoreer. Die doel is om uiteindelik ’n positiewe uitwerking met betrekking tot die aard en kwaliteit van die opvoedkundige ervaring in die taalklas te bewerkstellig. Gegewe die deurslaggewende rol wat onderwysers se perspektiewe speel ter verwesenliking van die suksesvolle en sinvolle implementering van vernuwende onderrig- en leerbenaderings, het ons deur middel van ’n interpretivistiese gevallestudiebenadering die perspektiewe van agt taalopvoeders van dieselfde skool, wat tans vervlegteleerbenaderings binne die bestaande nasionale kurrikulum integreer, ondersoek. Die insigte wat deur semigestruktureerde onderhoude en ’n fokusgroeponderhoud verkry is, is volgens ’n inhoudsanalise-benadering ontleed om uiteindelik die hoofnavorsingsvraag van hierdie studie te beantwoord, naamlik: Watter perspektiewe huldig taalonderwysers oor die gebruik van vervlegteleermetodes in hulle klaskamers? Die studie lewer ’n bydrae tot opvoedkundige navorsing deurdat onderwysers se perspektiewe as belangrike oorweging tot suksesvolle opvoedkundige hervormingsbewegings met betrekking tot vernuwende onderrigleerpraktyke, geïdentifiseer word. Verder lewer hierdie studie ook ’n belangrike bydrae ten opsigte van die aanvaarding van tegnologie-gedrewe opvoedkundige praktyke in die plaaslike Suid-Afrikaanse konteks.
The focus of this study was on the perspectives of language teachers on the use of blended learning approaches with regard to the teaching of the current 21st-century learner. Two core considerations guided this study. The first related to the significant role that the teacher’s perspective plays on educational reform efforts, and the second concerned blended learning as a teaching and learning strategy for language teaching.
Description
CITATION: Pedro, M. & Van der Merwe, M. 2020. Taalonderwysers se perspektiewe aangaande vervlegte leer as onderrig- en leerbenadering vir die 21ste-eeuse leerder. LitNet Akademies, 17(1):372-409.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
Keywords
Language and languages -- Study and teaching, Continuing education, Computer-assisted instruction, Internet in education, Communication and technology -- 21st century, Blended learning, Information storage and retrieval systems, Language and languages -- Study and teaching, Constructive realism, Social construtionism, Language and languages -- Computer-assisted instruction, Language and languages -- Study and teaching -- Computer network resources, Teachers -- Language
Citation
Pedro, M. & Van der Merwe, M. 2020. Taalonderwysers se perspektiewe aangaande vervlegte leer as onderrig- en leerbenadering vir die 21ste-eeuse leerder. LitNet Akademies, 17(1):372-409.