Immigrant labour: Employment of Zimbabweans as farmworkers in Ceres District, South Africa
Date
2022-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT:
The study seeks to understand the employment of Zimbabwean farmworkers on a fruit producing farm in Ceres District in the Western Cape Province of South Africa from the side of the farm management and the employees. Semi-structured interviews and observations were used to examine how Zimbabwean farmworkers secured employment on Stone farm in Ceres in a context of an oversupply of South African farmworkers in the area. More so, the study sought to understand how Zimbabweans are experiencing labour conditions on farms and farmers’ considerations regarding the employment and housing of Zimbabweans on Stone Farm. The study draws on insights from rational choice theory, social network theory, Foucault’s notion of power and Wolpe’s writings on capitalism to make sense of the employment of Zimbabweans on Stone farm. This study established that initially Zimbabweans found employment on the farm because of positive perceptions by farm management of these workers during a time of labour unrest amongst South African workers in the area. The workers that were first employed by the farm were already working on farms elsewhere and acquired that employment mostly through their networks. Zimbabweans joining the farm later got it through their networks on the farm. Even farm management use the networks of these workers to employ more Zimbabweans since they are perceived as hard-working labour as compared to their South African counterparts. This practice of recruitment also allows farm management larger control over the workers as many are relatives. Stone Farm is one of the few farms in the district close to town that is still providing accommodation to farmworkers on the farm. Although Zimbabwean workers experience this housing as cheaper and safer than in town, they were not fully happy with the nature of housing because it is overcrowded and there is a lack of individual privacy. Workers at Stone Farm do not earn enough to take care of themselves and their families back home. They are also experiencing discrimination in the workplace from fellow South African workers and farm management, mainly through language (Afrikaans) and race. They also do not enjoy the same protection under the law as they may be undocumented or do not have the necessary work permits. This leaves them more vulnerable than South African workers.
The conclusion reached is that the employment of Zimbabweans as farm workers in Ceres, is the perpetual creation of a docile labour force on the farms. A recommendation of the study is that undocumented workers and workers without work permits should receive as far as possible the same coverage and treatment as South African workers by farm management. The UN, ILO, NGOs, and other human rights organisations should have this complex issue high on their agendas to work towards a more equal world and to address the dire political and economic situation in sender countries. Farms should follow a language policy that will cater better for language diversity of its workforce. Both management and workers should be trained how to handle diversity issues in the workplace. More studies are needed on the employment of workers from other countries by commercial farms in South Africa because the extent and implications for both foreign and local workers are unknown.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie poog om die indiensneming van Zimbabwiers as plaaswerkers op ʼn vrugteboerdery in die Ceres distrik in die Provinsie van die Wes-Kaap in Suid-Afrika te verstaan vanuit beide die perspektiewe van werkers en plaasbestuur. ʼn Kernvraag is hoe dit moontlik is dat Zimbabwiers werk op hierdie plaas kon bekom in die konteks van ʼn ooraanbod van arbeid in die area. Daar word ook ondersoek ingestel na werkers se belewing van en perspektiewe oor die arbeidsopset op die plaas en plaasbestuur se oorwegings vir die aanstelling van en verskaffing van huisvesting vir Zimbabwiers op die plaas. Om sin te maak van die waarnemings gebruik die studie teoretiese insigte uit die rasionele-keuse teorie, sosiale-netwerk teorie, Foucault se begrip van mag en Wolpe se werk oor die ontwikkeling van kapitalisme in Suid-Afrika. Die data is ingesamel deur semi-gestruktureerde onderhoude en waarnemings op een boerdery, Stone Farm. Die studie het bevind dat die Zimbabwiers aanvanklik aangestel is as gevolg van ʼn positiewe persepsie van plaasbestuur teenoor die werkers gedurende ʼn tyd van arbeidsonrus onder Suid-Afrikaanse plaaswerkers. Die eerste van hierdie werkers was reeds elders in Suid-Afrika werksaam as plaaswerkers en het die daardie werk hoofsaaklik deur sosiale netwerke gekry. Nuwe Zimbabwiese werkers het deur hulle netwerke werk op die plaas bekom. Selfs die plaasbestuur gebruik die netwerke van bestaande werkers om meer Zimbabwiers aan te stel omdat hulle as meer betroubare en hardwerkende werkers ervaar word as Suid-Afrikaners in die algemeen. Sodoende kan hulle ook groter kontrole oor die werkers uitoefen aangesien baie van die werkers verwant is. Stone Farm is een van die min boerderye naby die dorp wat steeds akkommodasie vir werkers op die plaas verskaf. Alhoewel Zimbabwiese werkers hiervan gebruik maak omdat dit goedkoper en veiliger is as behuising in die dorp, kla hulle oor die omstandighede aangesien huise oorvol is en daar ʼn gebrek aan privaatheid is. Werkers verdien nie genoeg om vir hulleself te sorg en geld vir familie in Zimbabwe te stuur nie. Hulle ervaar ook diskriminasie in die werksplek van Suid-Afrikaanse werkers en plaasbestuur, hoofsaaklik ten opsigte van die taal (Afrikaans) wat in die werksplek gebruik word en ras. Ook geniet hulle nie dieselfde beskerming onder die regstelsel nie aangesien van hulle nie noodwendig die nodige werkspermitte het nie. Dit laat hulle meer kwesbaar as Suid-Afrikaanse werkers. Die gevolgtrekking is dat die indiensneming van Zimbabwiers as plaaswerkers boerderye verseker van ʼn meer ‘gehoorsame’ arbeidsmag. ʼn Aanbeveling van die studie is dat ongedokumenteerde werkers en werkers sonder werkspermitte dieselfde voordele en behandeling as Suid-Afrikaanse werkers behoort te kry. Die komplekse situasie van hierdie werkers behoort hoog op die agenda van menseregte organisasies, die Verenigde Volke Organisasie, die Internasionale Arbeidsorganisasie en nie-regeringsorganisasies te wees. Boerderye behoort ʼn taalbeleid te volg wat nie diskriminerend is nie en beide bestuur en werkers behoort opleiding te ontvang hoe om diversiteitskwessies in die werksplek te hanteer. Verdere navorsing is nodig oor migrante werkers op kommersiele plase in Suid-Afrika aangesien die omvang en die implikasies vir beide buitelandse en plaaslike werkers onbekend is.

Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Foreign workers -- Zimbabwean, Foreign workers -- Zimbabwean -- Violence against -- South Africa -- Ceres, Agricultural laborers -- South Africa -- Ceres Arch -- Social conditions, Orchards -- South Africa -- Ceres Arch, Stone farm -- South Africa -- Ceres Arch, Foreign workers -- Zimbabwean -- Discrimination -- South Africa -- Ceres Arch, Language diversity, UCTD