Science communication and the nature of the social media audience: Breaking and spreading of science news on Twitter in the South African context
Date
2017-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Twitter has been shown to be a powerful medium for the breaking and spreading of news and science
news. In this study the TAGS v6.0 software and the Gephi graph visualisation platform are used to
visually analyse how, and by whom, various science news stories were actually spread on Twitter in
real-time, in order to determine who are the most prominent disseminators of science news globally as
well as in the South African context. This is measured in terms of total number of retweets per Twitter
account. The conclusion is made that the Twitter audience tends to retweet mainly from sources that
they know and trust to be true and accurate. This has implications for how science communicators
ought to go about understanding the nature of the social media audience. The study shows that
globally major scientists and scientific institutions use public trust on Twitter to great effect to
successfully communicate science, but that science communication role players in South Africa have
so far failed to realise Twitter’s potential. Recommendations are made for how South African
scientists, science institutions and science journalists ought to best exploit the platform to enhance the
effective communication of sound, evidence-based science.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Daar is al bewys dat Twitter ’n kragtige medium is om nuus, en wetenskapnuus, te breek en te versprei. In hierdie studie word die TAGS v6.0-sagteware en die Gephi grafiese visualiseringsplatform gebruik om visueel uit te beeld hoe, en deur wie, verskeie wetenskapnuusstories intyds op Twitter versprei het, om sodoende vas te stel wie die mees prominente verspreiders van wetenskapnuus is op globale vlak, sowel as in die Suid-Afrikaanse konteks. Dit word gemeet aan die maatstaf van die grootste aantal ‘retweets’ per profiel. Die gevolgtrekking word gemaak dat die Twitter-gehoor hoofsaaklik twiets versprei (retweet) afkomstig van bronne wat hulle ken en vertrou om waar en akkuraat te wees. Dit het gevolge vir hoe wetenskapkommunikeerders te werk behoort te gaan om die aard van die sosiale media-gehoor te verstaan. Die studie wys dat gesaghebbende wetenskaplikes en wetenskaplike instansies op internasionale vlak die publiek se vertroue baie effektief op Twitter benut om wetenskap te kommunikeer, maar dat wetenskapkommunikasie-rolspelers in Suid-Afrika tot dusver gefaal het om Twitter se potensiaal te benut. Aanbevelings word gemaak oor hoe Suid-Afrikaanse wetenskaplikes, wetenskaplike instansies en wetenskapjoernaliste te werk moet gaan om die platform bes moontlik te benut vir die verbeterde effektiewe kommunikasie van behoorlike, bewys-gestaafde wetenskap.

Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2017.
Keywords
Audience participation, Breaking news, Data visualization, Budding, Twitter, Facebook (Online social network), Journalism, UCTD