Investigating prolificacy as a trait to sustainability in smallholder sheep farming systems in South Africa
Date
2023-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Characterisation of genes related to prolificacy is important for sustainable genetic improvement
of indigenous sheep breeds in smallholder systems in South Africa. It is known that indigenous
sheep are more robust and able to reproduce in adverse conditions in comparison to exotic sheep
breeds. Genetic mutations occur commonly within genes and are responsible for the observed
phenotypic variation between breeds within a species. The first objective of this study was to
determine whether there were any genetic mutations between indigenous breeds in known fecundity
genes, growth differentiation factor 9 (GDF9) and bone morphogenetic protein receptor type 1B
(BMPR1B), in four South African indigenous sheep breeds. The second objective was to elucidate the
phylogenetic relationship between these breeds based on the sequence information of the two genes
under investigation. A total of 52 blood samples were collected from four sheep breeds (Karakul=8;
Damara=8; Zulu=18; Pedi=18). Unlabeled forward and reverse primers were used to amplify GDF9 and
BMPR1B genes. The results revealed point mutations between sheep breeds in the GDF9 and BMPR1B gene
compared to that of the Ovis aries consensus sequence found in GenBank. From the 52 animals
sampled, there were 13 individuals that had point mutations for the GDF9 gene and 7 individuals for
the BMPR1B gene. Mutations of GDF9 gene, (c.142C>T) and (c.151G>C), were detected in individuals of
the Karakul, Damara, and Zulu sheep. The results also show that the BMPR1B gene has a mutation at
position (c.80G>C) between individuals of the Zulu and Pedi sheep. Molecular phylogenetic analysis
for both genes using the Maximum Parsimony method indicates relatedness between the Zulu and Pedi
sheep. The Damara and Karakul breeds also show more relatedness based on the two gene sequences.
The phylogenetic analysis provides useful information for understanding the relationships between
indigenous breeds and the differences in the expression of reproduction genes. Polymorphism between
and within the sheep breeds could be an indication of genetic variation that is possibly associated
with higher prolificacy in indigenous sheep breeds. Prolificacy will become increasingly important
for the sustainability of sheep farming systems in terms of higher
reproduction performance, especially for smallholder sheep farmers with indigenous breeds
that contain valuable genetic resources.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Karakterisering van gene wat verband hou met reproduksie is belangrik vir volhoubare genetiese verbetering van inheemse skaaprasse wat deur kleinboere in Suid-Afrika aangehou word. Dit is bekend dat inheemse skaaprasse meer robuust is en in ongunstige toestande kan voortplant in vergelyking met eksotiese skaaprasse. Genetiese mutasies kom algemeen binne gene voor en is verantwoordelik vir die waargenome fenotipiese variasie tussen rasse binne 'n spesie. Die eerste doelwit van hierdie studie was om te bepaal of daar genetiese mutasies voorkom in bekende reproduksiegene, groeidifferensiasiefaktor 9 (GDF9) en beenmorfogenetiese proteïenreseptor tipe 1B (BMPR1B), tussen vier Suid-Afrikaanse inheemse skaaprasse. Die tweede doelwit was om die filogenetiese verwantskap tussen hierdie skaaprasse toe te lig, gebaseer op die inlighting van die geen-volgorde van die twee gene wat ondersoek word. Altesaam 52 bloedmonsters is uit vier skaaprasse (Karakoel = 8; Damara = 8; Zoeloe = 18; Pedie = 18) versamel. Ongemerkte voorwaartse en terugwaartse primers is gebruik om GDF9- en BMPR1B -gene te verleng. Die resultate dui op puntmutasies tussen skaaprasse in die GDF9- en BMPR1B -geen in vergelyking met dié van die Ovis aries konsensus geen-volgorde wat in GenBank voorkom. Van die 52 diere wat geneem is, was daar 13 individue met puntmutasies vir die GDF9-geen en 7 individue vir die BMPR1B-geen. Mutasies van GDF9 -geen (c.142C> T) en (c.151G> C) is by individue van die Karakoel-, Damara- en Zoeloe -skape opgespoor. Die resultate toon ook aan dat BMPR1B -geen mutasie (c.80G> C) tussen individue van die Zoeloe- en Pedie -skape voorgekom. Molekulêre filogenetiese analise vir beide gene met behulp van die ‘Maximun Parsimony’ metode dui verwantskap aan tussen die Zoeloe- en Pedie-skape.. Die Damara- en Karakoelrasse toon ook ‘n sterk verwantskap gebaseer op die twee gene. Die filogenetiese analise verskaf nuttige inligting om die verwantskappe tussen inheemse skaaprasse en die verskille in die uitdrukking van reproduksiegene te verstaan. Polimorfisme tussen en binne die skaaprasse kan 'n aanduiding wees van genetiese variasie wat moontlik geassosieer word met hoër vrugbaarheid in inheemse skaaprasse. Reproduksie sal toenemend belangrik word vir die volhoubaarheid van skaapboerderystelsels in terme van hoër reproduksieprestasie, veral vir kleinskaapboere met inheemse skaaprasse wat hoë genetiese diversiteit in hul reproduksiegene bevat.

Description
Thesis (MScAgric)--Stellenbosch University, 2023.