Self-reported function and hip extension gait biomechanics in adults with unilateral trans-femoral amputations using different socket designs in two South African metropoles : a cross-sectional study
Date
2024-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: Background: Unilateral trans-femoral (TF) amputation significantly impacts mobility and biomechanics, often leading to secondary complications like lower back pain. In South Africa, Ischial Containment (IC) is the standard prosthetic socket design, but it may restrict hip mobility during gait. The Direct Socket (DS) design is proposed as an alternative, aiming to improve hip mobility and patient satisfaction. However, limited evidence exists on how DS design impacts subjective and objective mobility outcomes for TF amputees.
Aim: This study aimed to describe self-reported mobility function and objectively-measured sagittal plane hip extension gait biomechanics based on different prosthetic socket designs (IC and DS) in adults with unilateral TF amputations in Cape Town and Tshwane. Additionally, it aimed to correlate objective and subjective results and compare the groups (intra- and intergroup).
Methods: This cross-sectional study, with an analytical component, sampled participants with TF amputations through quota sampling. Participants underwent eligibility screening, including determining K-levels, measurements of hip range of motion (ROM) and dynamometry. Participants completed questionnaires (Walking (WQ35), Climbing Stairs (CSQ15), Rising and Sitting Down (R&SDQ39)) to assess perceived disability. All participants were fitted with a loaner Rheo knee and Vari-Flex foot before optoelectronic motion capture (OMC) gait analysis. OMC outcomes included temporospatial parameters (TSP) and stance phase hip extension kinematics and kinetics. Results from the screening and OMC were correlated with the subjective findings. Statistical significance was considered at 5% and effect sizes (ES) were calculated to evaluate clinical significance. Data were described using medians and interquartile ranges (IQR). Statistical analyses included Wilcoxon signed-rank tests, Mann-Whitney U-tests, Kruskal-Wallis H-tests, and Symmetry Index (SI) calculations.
Results: Ten predominantly male adults (median age 54 (IQR 39-57)) participated, with three using IC and seven using DS sockets. Percentage of perceived disability showed a moderate ES (ES = -0.470, p = 0.183) favouring the IC socket design. Gait speed, cadence, stride length, step length and step time did not differ significantly between socket designs. Significant differences in ES were observed for step length and step time (ES = -0.748; p = 0.018) when comparing within the same group SI values showed the IC design to be more symmetrical for all TSP except step time, where DS was more symmetrical. Worse self-reported function was strongly correlated to longer step time (rS = 0.754, p = 0.012), lower cadence, shorter step length from amputated-to-sound limb, and slower average gait speed (range rS = -0.681 to -0.723, all p<0.02). Maximum hip extension for amputated and sound limbs showed moderate and small ES, favouring IC (ESs 0.324 to 0.252, p = 0.383 to 0.517), while hip flexion-to-extension ROM and kinetics showed small effect sizes without statistical significance.
Conclusions: No definitive superior socket design emerged. This study highlights the complexity of selecting a prosthetic socket design (IC or DS) for TF amputees, emphasising the need to consider individual patient factors and functional status (K-level). However, due to the small sample size and restricted generalisability, further research with larger cohorts is necessary to validate these findings and provide more robust evidence for clinical decision-making.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Agtergrond: Unilaterale trans-femorale (TF) amputasie beinvloed mobiliteit en biomeganika aansienlik, met sekondere komplikasies soos lae rugpyn tot gevolg. In Suid-Afrika is Ischiale Inperking (II) die standaard prostetiese sokontwerp, maar dit kan heupmobiliteit tydens loopgang beperk. Die Direkte Sok (DS) ontwerp word voorgestel as 'n alternatief om heupmobiliteit en pasienttevredenheid te verbeter. Beperkte bewyse bestaan egter oor hoe DS-ontwerp subjektiewe en objektiewe mobiliteitsuitkomste vir TF-amputante beinvloed. Doelwitte: Hierdie studie het gepoog om self-gerapporteerde mobiliteitsfunksie en objektiewe meetings van sagittale-vlak loopgangbiomeganika (veral heupekstensie-biomeganika tydens loopgang) te beskryf, gebaseer op verskillende prostetiese sokontwerpe (II en DS) in volwassenes met unilaterale TF-amputasies in Kaapstad en Tshwane. Dit het ook gepoog om objektiewe en subjektiewe resultate te korreleer en die groepe (intra- en intergroep) te vergelyk. Metodes: Hierdie dwarssnitstudie, met 'n analitiese komponent, het deelnemers met TF amputasies deur kwota-steekproefneming geselekteer. Deelnemers het aan siftingstoetse deelgeneem, insluitende die bepaling van K-vlakke, metings van heupekstensie en -fleskie bewegingsomvang (OVB) en dinamometrie. Deelnemers het vraelyste (Wandel (WQ35), Trapklim (CSQ15), Opstaan-en-Sit (R&SDQ39)) voltooi om ervaarde gestremdheid te assesseer. Alle deelnemers is toegerus met 'n tydelike Rheo knie en Vari-Flex voet voor optoelektroniese bewegingsopname (OBO) loopgangontleding. Die analise het gefokus op temporospatiele parameters (TSP), heupekstensiekinematika en -kinetika. Resultate van die siftingstoetse en OBO is gekorreleer met die subjektiewe bevindinge. Statistiese betekenis is beskou teen 5% en effekgroottes (EG) is bereken om kliniese betekenis aan te dui. Data is beskryf met mediane en interkwartielreeks (IKR). Statistiese analises het Wilcoxon-rangtekentoetse, Mann-Whitney U-toetse, Kruskal-Wallis H-toetse, en Simmetrie-indeks (SI) berekenings ingesluit. Resultate: Tien hoofsaaklik manlike deelnemers (mediane ouderdom 54 (IKR 39-57)) het deelgeneem, met drie wat II en sewe wat DS-sokkette gebruik het. Die persentasie ervaarde gestremdheid het 'n matige EG getoon (EG = -0.470, p = 0.183) wat die II-sokontwerp bevoordeel het. Stapspoed, kadens, treelengte, stapganglengte en stapgangtyd het nie beduidend verskil tussen die sokontwerpe nie. Groot EGs vir treelengte en treetydtreetyd is bereik (EG = -0.748; p = 0.018), vir intragroep (tussen gesonde en geamputeerde ledemate) vergelykings. SI-waardes het getoon dat die II-ontwerp meer simmetries was vir alle TSP behalwe treetyd, waar DS meer simmetries was. Laer self-gerapporteerde funksie het sterk gekorreleer met langer treetyd (rS = 0.754, p = 0.012), laer kadens, korter treelengte van amputasie-na-gesonde ledemaat, en stadiger gemiddelde spoed (rS = -0.681 tot -0.723, alle p < 0.02). Maksimale heupekstensie vir geamputeerde en gesonde ledemate het matige en klein EGs getoon wat die II-sokontwerp bevoordeel het. Heup fleksie-tot-ekstensie OVB asook kinetiese uitkomste het klein EGs getoon wat nie statisties betekenisvol was nie. Gevolgtrekkings: Geen definitiewe voordelige sokontwerp het na vore gekom nie. Hierdie studie beklemtoon die kompleksiteit van die keuse van 'n protesiese sokontwerp (II of DS) vir TF-amputante, insluitend die belang om individuele pasientfaktore en funksionele status (K-vlak) in ag te neem. Tog, as gevolg van die klein steekproefgrootte en beperkte veralgemeenbaarheid, is verdere navorsing met groter groepe nodig om hierdie bevindinge te valideer en meer robuuste bewyse vir kliniese besluitneming te verskaf.

Description
Thesis (MScPhysio)--Stellenbosch University, 2024.