Postural sway in rugby players with chronic groin pain
Date
2018-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : Introduction:
Center of pressure (COP) has been frequently used as a guide of postural stability in standing.
Objectives: The study aimed to describe postural sway (as determined by the center of pressure) during pelican stance and during foot contact of the landing phase of a double leg jump in rugby players with chronic adductor related groin pain compared to asymptomatic controls.
Methodology: Study Design: A descriptive observational cross-sectional study was conducted. Setting: The study was performed at the 3D Human Biomechanics Central Analytical Facility at Stellenbosch University, South Africa. Participants: A consecutive sample of eight participants, four cases and four controls with chronic adductor related groin pain were included. One of the cases had bilateral groin pain and three had unilateral groin pain.
Main Outcome Measures: Center of pressure (range of movement and velocity) were measured and analysed at foot contact during a double leg landing and during pelican stance by means of a force platform.
Results: There were no significant differences between affected and unaffected sides within cases, nor between the affected side and same side in matched controls for any of the measurements recorded. However, in most cases greater antero-posterior range of movement and velocity is seen while standing on the affected side when compared to standing on the unaffected leg. There were also no significant differences found for postural sway when referring to antero-posterior and medio-lateral mean range of movement and velocity
Conclusion: Postural Sway is not significantly affected in rugby players with chronic groin pain. There were no differences in center of pressure range of movement and velocity amplitude between cases and controls during a pelican stance test and after a double leg landing. It is postulated that a player with groin pain have over time learned to compensate in adjusting their COP. The study however tested participants who at the time of testing presented with no pain and were not fatigued prior to testing which may have obscured the impact of the condition on balance as determined by postural sway. Further research examining the risk of injury by fatiguing participants prior to testing may shed more light on the effect chronic groin pain has on postural sway in this population.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Inleiding: Middel punt drukking is dikwels gebruik as n gids van posturale stabiliteit (Ruhe, Fejer and Walker, 2011). Doel: Die doel van hierdie studie was om Posturale Swaai te beskryf bepaal deur middel punt drukking (center of pressure) tydens een-been-staan en voet kontak tydens dubbel-been-landing in rugbyspelers met adduktor-verwante liespyn en dit te vergelyk met ‘n nie-symptomatiese kontrole groep. Metodologie: Ontwerp: ‘n Beskrywende waarnemende deursnitstudie is uitgevoer. Omgewing: Die studie is by die 3D Menslike Biomeganika Sentrale Analiserings Fasiliteit by die Universiteit van Stellenbosch uitgevoer. Deelnemers: ‘n Groep van agt aktiewe rugbyspelers is stelselmatig gewerf, nl. vier deelnemers, drie met unilaterale en een met bilaterale adduktor-verwante liespyn, en vier met geen simptome wat as kontroles gedien het. Uitkomsmetings: Middel punt drukking (omvang van beweging en spoed) is gemeet en geanaliseer op die punt van voetkontank tydens ’n dubbel-been-landing en een-been-staan aktiwiteit deur middel van force platform. Resultate: Geen betekenisvolle verskille is gevind tussen die geaffekteerde en ongeaffekteerde kante in individue met kroniese adduktor lies pyn, en ook nie tussen die geaffekteerde kant en ooreenstemmende kant van die kontrole groep. Tog in meeste gevalle is ‘n groter A-P omvang en spoed gemeet veral met staan op die geaffekteerde been in vergelyking met staan op die nie-geaffekteerde been. Daar was ook geen beduidende verskille in posturale swaai wanneer verwys word na antero-posterior en medio-lateral omvang van beweging en spoed nie. Gevolgtrekking: Posturale Swaai word nie beduidend geaffekteer in rugbyspelers met kroniese adduktor verwante liespyn nie. Daar was geen verskille in Middel Punt Drukking omvang of spoed gevind nie. Daar word veronderstel dat spelers met lies pyn oor ‘n tydperk aanleer om te kompenseer en sodoende hul middel punt drukking aanpas. Hierdie studie het wel deelnemers getoets wat tydens toetsing met geen pyn gepresenteer het nie en is ook nie tot uitputting geneem voor toetsing nie, wat dalk die impak van hierdie toestand op balans soos bepaal deur posturale swaai, onderskat het. Verdere navorsing om die risiko vir besering te ondersoek deur deelnemers uit te put voordat hulle getoets word, mag dalk meer lig werp op die effek van liespyn op posturale swaai in hierdie populasie.

Description
Thesis (MScPhysio)--Stellenbosch University, 2018.
Keywords
Chronic adductor-related groin pain, Groin -- Wounds and injuries, Postural sway, Rugby players, UCTD