The differences in objective balance outcomes between elite female rugby players with and without a history of lateral ankle sprain

Date
2020-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : Background: Ankle injuries (in particular ankle sprains) are among the most common musculoskeletal injuries in rugby due to impact. Despite the high physicality of the sport, it has not deterred females from participation. Ankle sprains can be prevented or reduced by a balance training programme. Dynamic balance can be quantified by pressure or force platform systems in balance assessments by measuring displacements of the centre of pressure (COP). Despite the popularity of women‟s rugby, studies in this area are scarce. Objective: The objective of the study was to determine if there are differences in objective balance outcome measures between female rugby players with and without a history of lateral ankle sprains, using COP displacements to quantify their dynamic balance. Methodology: A cross-sectional analytical design was followed in this study. The study was conducted at the High Performance Centre Gymnasium of the Western Province Rugby Football Union (WPRFU), situated at the corner of Voortrekker Road and Duminy Street, Bellville, Cape Town. The study involved 12 participants with a history of lateral ankle sprains and 19 participants without a history of lateral ankle sprains. The Noraxon myoPressureTM (Zebris) pressure plate was utilised to objectively measure dynamic balance using COP parameters, namely Sway Area (SA), COP Speed (COP Sp), and Time-to-Boundary (TTB), using three tasks (catch-and-throw, single-leg balance, and side step). The Mann-Whitney statistical test was used to assess normality of the data. Results: The study population comprised 31 females, 12 with a history of lateral ankle sprains and 19 without a history of lateral ankle sprains. The median age of the ankle sprain group was 21.5 years, similar to the non-ankle sprain group of 21.0 years. Participants of the ankle sprain group presented with statistically significant differences in the outcome Sway Area for the tasks catch-and-throw (p=0.04) and side step (p=0.01). This was similar for the outcome Time-to-Boundary which indicated a statistically significant result for the tasks catch-and-throw (p=0.02) and side step (0=0.01). There was also a statistically significant difference for the outcome COP Speed for the task side step (p=0.01). There were no statistical differences for the task single-leg balance. Conclusion: Our findings showed a significant increase in SA and TTB in the ankle sprain group compared to the non-ankle sprain group for the tasks catch-and-throw and side step. There was also a significant increase in COP Sp in the ankle sprain group compared to the non-ankle sprain group. All other outcomes showed insignificant differences. Our findings add to the evidence base, suggesting that balance can be tested and measured objectively in female rugby players with lateral ankle sprains as a result of balance impairments. In addition, the use of pressure plates in objective balance testing to provide significant data is strengthened and may assist clinicians to identify players whose balance may be impaired following an ankle sprain and who may benefit from a balance training programme. Future studies may explore the effect of a balance intervention programme in female rugby players with and without a history of ankle sprains.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Agtergrond: Enkelbeserings (in die besonder enkelverstuitings) is een van die mees algemene muskuloskeletale beserings in rugby as gevolg van impak. Die intense fisieke aard van die sport verhinder egter nie die deelname van vrouens nie. Enkelverstuitings kan voorkom of verminder word deur middel van „n balans-opleidingsprogram. Dinamiese balans kan gekwantifiseer word deur middel van druk of krag platform stelsels wat gebruik word vir balans evaluering waar verplasings van die drukmiddelpunt (COP) gemeet word. Ten spyte van die gewildheid van vrouerugby is studies in hierdie studieveld steeds skaars. Doelwit: Die doelwit van die studie was om met behulp van COP verplasings te bepaal of daar verskille is in die resultate van objektiewe balansmeting in vroulike rugbyspelers met en sonder 'n geskiedenis van laterale enkelverstuitings om die spelers se dinamiese balans te kwantifiseer. Metodiek: „n Deursnit ontledingsontwerp is gevolg in hierdie studie. Die studie is uitgevoer by die High Performance Centre Gimnasium van die Westelike Provinsie Rugbyvoetbalunie (WPRFU), geleë op die hoek van Voortrekkerweg en Duminy Street, Bellville, Kaapstad. Die studie het 12 deelnemers ingesluit met „n geskiedenis van laterale enkelverstuitings en 19 deelnemers sonder 'n geskiedenis van laterale enkelverstuitings. Die Noraxon myoPressureTM (Zebris) drukplaat is gebruik om dinamiese balans objektief te meet met behulp van COP parameters, naamlik liggaam Swaai Area (SA), COP Spoed (COP Sp), en Tyd-tot-Grens (TTB), deur die uitvoering van drie take (vang-en-gooi, eenbeen balans en systap). Die Mann-Whitney statistiese toets is gebruik om die normaliteit van die data te evalueer. Resultate: Die studiepopulasie het bestaan uit 31 vroue, waarvan 12 „n geskiedenis van laterale enkelverstuitings gespesifiseer het terwyl die ander 19 aangedui het dat hulle nie „n geskiedenis van laterale enkelverstuitings het nie. Die gemiddelde ouderdom van die enkelverstuitingsgroep was 21.5 jaar, wat ooreenstem met die nie-enkel verstuitingsgroep van 21.0 jaar. Deelnemers van die enkelverstuitingsgroep het statisties beduidende verskille getoon in die Swaai Area uitkoms vir die vang-en-gooi (p=0.04) en systap (p=0.01) take. Die TTB het „n soortgelyke statisties beduidende resultaat getoon vir die vang-en-gooi (p=0.02) en systap (0= 0.01) take. Daar was ook „n statisties beduidende verskil in die COP spoed uitkoms vir die systap (p=0.01) taak. Daar was geen statistiese verskille vir die eenbeen balans taak nie. Gevolgtrekking: Ons bevindinge het getoon dat daar „n beduidende toename is in die liggaam SA en TTB parameters by die enkelverstuitingsgroep in vergelyking met die nie-enkelverstuitingsgroep vir die vang-en-gooi en systap take. Daar was ook „n beduidende toename in COP spoed by die enkelverstuitingsgroep in vergelyking met die nie-enkelverstuitingsgroep. Alle ander resultate dui onbeduidende verskille aan. Ons bevindinge dra by tot die fundamentele bewyse dat balans objektief getoets en gemeet kan word in vroulike rugbyspelers met laterale enkelverstuitings as gevolg van balans gestremdhede. Die gebruik van drukplate met objektiewe balanstoetse om beduidende resultate te lewer word verhoog en kan klinici help om spelers te identifiseer wat gestrem is as gevolg van „n enkelverstuiting en wat bevoordeel kan word deur „n balans opleidingsprogram. Toekomstige studies kan die effek van „n balans intervensieprogram in vroulike rugbyspelers met en sonder 'n geskiedenis van enkelverstuitings ondersoek.
Description
Thesis (MScPhysio)--Stellenbosch University, 2020.
Keywords
Ankle -- Wounds and injuries, Equilibrium (Physiology), Rugby football for women, Women rugby football players, UCTD
Citation