A story of the scoliotic body: reimagining the posture of philosophy with Adriana Cavarero and feminist disability theory
Date
2023-11
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This thesis ventures to reimagine the body posture of the philosophical subject as inclined and scoliotic, as opposed to vertical. The first main objective is to elucidate the symbolic and physical denigration faced by women in general and people/women with disabilities, who are said to deviate from the vertical, erect, posture of the normative philosophical subject, emblematic of the Western symbolic order. I draw extensively from feminist philosopher Adriana Cavarero’s seminal works, especially Inclinations: A Critique of Rectitude (2016) and Horrorism: Naming Contemporary Violence (2009), together with feminist disability theory, to facilitate a nuanced and creative analysis of the vertical figure’s motive to denigrate bodies that incline. I show how this vertical figure has ‘disabled’ women’s bodies and the multifaceted ways in which vulnerability, gender, violence, and ethics intersect. The second main objective is to use Cavarero's concept of the inclined figure and feminist disability theory to reconceptualize the philosophical subject's body posture. In the place of the traditional upright figure, I seek to reimagine the philosopher’s posture as inclined and scoliotic, leading to a transformative understanding of ontology, ethics, and politics. Viewed from the philosophical perspective of the scoliotic subject, these domains of philosophy appear as concerned with the human condition of being inclined, corporeal, and vulnerable. The traditional reign of the philosophical subject characterised by verticality, self-sufficiency, disembodiedness and invulnerability, must end. I further aim to explore the potential of narrative language as a tool for deconstructing the symbolic order of the vertical figure and reinventing a language in which women, the disabled, and of course disabled women can speak philosophically in their own language and on their terms. Each chapter will be thematically marked by at least one of my disabilities or bodily differences: the curved spine, the naked pate of a woman with Alopecia, and the story of a girl with epilepsy serve as the corporeal tapestries or templates for my philosophical investigations. In so doing, my project has a fleshy, visceral outline and gestures towards my first act of philosophical disobedience, namely, to theorise through my own flesh. I will therefore read philosophy through a prism of narration about bodily existence, through relaying historical stories of discrimination, through relaying stories of pain and public humiliation, as well as, importantly, a political story of resistance to the injustices that accompanied these experiences.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis waag dit om die liggaamshouding van die filosofiese subjek te herverbeel as gebuig of skeef, en skolioties, in teenstelling met die vertikale postuur. Die eerste hoofdoelwit is om die simboliese en fisieke geringskatting bloot te lê wat vroue in die algemeen en mense/vroue met gestremdhede in die besonder, beleef. Hulle afkraking is gebaseer op hulle vermeende afwyking van die vertikale, regop liggaamshouding van die normatiewe filosofiese subjek emblematies van die Westerse simboliese orde. Ek gebruik hiervoor veral feministiese filosoof Adriana Cavarero se seminale werke, veral Inclinations: A Critique of Rectitude (2016) en Horrorism: Naming Contemporary Violence (2009), saam met feministiese gestremdheidsteorie, om ‘n genuanseerde en kreatiewe ontleding te doen van die vertikale figuur se motief om skewe liggame afbrekend te beoordeel. Ek wys hoe hierdie vertikale figuur vroueliggame ‘strem’ en die veelkantige maniere waarop weerloosheid, gender, geweld en etiek verweef is. Die tweede hoofdoelwit is om Cavarero se konsep van die krom of gebuigde figuur en feministiese gestremdheidsteorie te gebruik om die filosofiese subjek se liggaamspostuur te herkonseptualiseer. In die plek van die tradisionele regop figuur, verbeel(d) ek die filosoof met ‘n skoliotiese postuur, wat lei tot ‘n transformerende verstaan van ontologie, etiek en politiek. Beskou vanuit die perspektief van die skoliotiese subjek, verskyn hierdie domeine van die filosofie as gemoeid met die menslike kondisie van gebuigdheid, vleeslikheid en verwondbaarheid. Die tradisionele heerskappy van die filosofiese subjek gekenmerk deur vertikaliteit, self-genoegsaamheid, ontliggaamding, en volslae weerbaarheid, moet beëindig word. Ek ondersoek voorts die potensiaal van narratiewe taalgebruik as ‘n manier om die simboliese orde van die vertikale figuur te dekonstrueer en ‘n taal te ontwikkel waarin vroue, die gestremde persoon en natuurlik gestremde vroue filosofies kan praat in hulle eie taal en op hulle eie voorwaardes. Elke hoofstuk is tematies gemerk deur minstens een van my gebreke of liggaamlike verskille: die krom ruggraat, die kaal kopvel van ‘n vrou met Alopecia, en die storie van ‘n meisie met epilepsie, dien as die vleeslike tapisserieë of template vir my filosofiese ondersoeke. Op hierdie manier verkry my projek ‘n liggaamlike, organiese dimensie, wat die rigting aandui na my eerste daad van filosofiese ongehoorsaamheid, naamlik, om te teoretiseer deur my eie vlees en binnegoed. Ek lees daarom filosofie deur die prisma van vertellings omtrent beliggaamde ervaring, deur ware geskiedenisse van diskriminasie oor te vertel, deur verhale van pyn en openbare vernedering aan die orde te stel, sowel as, en dit is belangrik, deur ‘n politieke verhaal van weerstand teen die ongeregtigheid wat al hierdie ervarings kenmerk.

Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2023.