"Ghoema vannie Kaap" : the life and work of Taliep Petersen (1950–2006)

Date
2013-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This dissertation is a life-works biography of South African musician Taliep Petersen. It is not only concerned with a discussion of his various projects, but also with situating them within his lived experience and the broader sociopolitical environment of South Africa during the period from 1950 to 2006. Furthermore, by discussing his artistic output against the background of coloured identity discourse, this dissertation is concerned with exploring his various self-identifications through the years, whether it be Anglo-American popular music, the “traditional” folk music of the Cape Malay community, District Six, Islam, a heritage of slavery or the Afrikaans language. This is the first academic project on Taliep Petersen and there are no scholarly publications that deal substantially with his biography or with his work. As such, this dissertation makes considerable use of newspaper sources and archival material, though it is most reliant on oral testimony in the form of over thirty qualitative interviews, supplemented by personal communication and unstructured questionnaires specifically drawn up for individual informants. Regarded partly as an oral history project, this dissertation employs theoretical premises from this approach in regarding memories as living histories recalled in the present to make sense of the past. Individual interviews are treated as created texts, stories told to make sense of the life of Taliep Petersen. This dissertation draws from numerous disciplinary discourses within the arts and humanities. It focuses particularly on creolization, regarding this process as cultural creativity leading to the creation and constant fluidity of musical forms as well as individual and group identities. Part I of this dissertation consist of two lengthy chronologies that document the first thirty years of Taliep’s life, focusing variously on his childhood in District Six and his years as a young coloured musician in a world increasingly dominated by white concerns. Part II consists of four chapters that take a closer look at specific projects in the latter part of Taliep’s life, placing a greater emphasis on interpretation than on biographical chronicling. Chapter 3 deals with the activities of Taliep’s cover band, Sapphyre, in the early 1980s, with specific focus on their LP, Rosa. The Taliep Petersen/David Kramer collaboration in the mid-1980s forms the subject of Chapter 4, which focusses specifically on their first project, District Six: The musical. Chapter 5 straddles three projects of the 1990s, another musical (Poison), an album (Tribute) and a concert (Two worlds – One heart). The final chapter is concerned with a discussion of Taliep’s television work of the early years of the twenty-first century, as well as with the last musical he co-wrote with Kramer before his death, Ghoema. To explore the interaction of different mediums of representation within the linear account of a life lived, interludes consisting of fieldwork notes, maps, lists, perspectival sketches and family trees are interspersed between chapters.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie verhandeling is ‘n lewe-en-werk biografie van die Suid-Afrikaanse musikant Taliep Petersen. Dit is nie net gemoeid met ‘n bespreking van sy verskillende projekte nie, maar ook met die situering daarvan in sy geleefde ervaring en die breër sosio-politieke klimaat van Suid-Afrika in die tweede helfte van die twintigste eeu. Deur ‘n bespreking van sy artistieke produksie teen die agtergrond van kleurlingidentiteit-diskoers, poog hierdie verhandeling om Taliep se verskeie identiteite te ondersoek, hetsy Anglo-Amerikaanse populêre musiek, die “tradisionele” volksmusiek van die Kaapse Maleier-gemeenskap, Distrik Ses, Islam, die erfenis van slawerny, of die Afrikaanse taal. Hierdie projek is die eerste van sy soort oor Taliep Petersen, oor wie se werk en persoon daar ‘n gebrek is aan akademiese publikasies. Daar word dus in hierdie verhandeling geput uit koerant- en argiefbronne, maar meestal uit mondelinge getuienis in die vorm van meer as dertig kwalitatiewe onderhoude, aangevul deur persoonlike mededelings en ongestruktureerde vraelyste gerig op spesifieke individuele informante. Hierdie verhandeling word gedeeltelik beskou as ‘n mondelinge geskiedenisprojek. Teoretiese uitgangspunte van hierdie benadering is daarom toegepas, veral met betrekking tot ‘n opvatting van herinneringe as lewendige geskiedenisse wat herroep word in ‘n poging om sin te gee aan die verlede. Individuele onderhoude word behandel as nuutgeskepte tekste en stories as sin-gewende vertellings oor die lewe van Taliep Petersen. Die verhandeling steun op verskeie dissiplinere diskoerse binne die kunste en geesteswetenskappe. Dit fokus spesifiek op kreolisering en beskou dié proses as kulturele kreatiwiteit wat lei tot die skepping en voortdurende vloeibaarheid van musikale vorme, sowel as van individuele- en groepsidentiteite. Deel 1 van hierdie verhandeling bestaan uit twee uitgebreide kronologië wat die eerste dertig jaar van Taliep se lewe dokumenteer. In Hoofstuk 1 is die klem op sy kinderjare in Distrik Ses en in Hoofstuk 2, op sy tyd as jong kleurlingmusikant in ‘n wêreld wat toenemend oorheers is deur blanke belange. Deel 2 bestaan uit vier hoofstukke wat gemoeid is met spesifieke projekte in die later deel van sy lewe, en vervolgens is daar ‘n groter klem op interpretasie as op biografiese kronologisering. Hoofstuk 3 handel oor die bedrywighede van Taliep se musiekgroep, Sapphyre, in die vroeë 1980s, met speisifieke verwysing na die groep se langspeelplaat, Rosa. Die Taliep Petersen/David Kramer kreatiewe tweemanskap kom aan die bod in die middel-1980s, met spesifieke verwysing na hulle eerste projek, District Six: The musical. In Hoofstuk 5 oorvleuel drie projekte uit die 1990s, naamlik nog ‘n musiekspel (Poison), ‘n album (Tribute) en ‘n konsert (Two worlds – One heart). Die laaste hoofstuk is gemoeid met ‘n bespreking van Taliep se televisiewerk in die vroeë jare van die een-en-twintigste eeu, sowel as die laaste musiekspel wat hy saam met Kramer kort voor sy dood geskryf het, Ghoema. Om die interaksie van verskillende mediums van voorstelling binne die liniêre weergawe van iemand se lewe te ondersoek, is tussenspele in die vorm van veldwerknotas, kaarte, lyste, perspektiwiese sketse en stambome tussen hoofstukke ingevleg.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2013.
Keywords
Taliep Petersen, Music - South Africa, Biography, Coloured identity
Citation
Collections