Adolescents' relationships in a town in the Western Cape, South Africa

Date
2011-03
Authors
De Jager, Nadia
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The important role of interpersonal relationships in the adolescent developmental period has been extensively demonstrated in the literature (e.g. Brown, 1991; Gottlieb, 1991; Larson, Wilson, Brown, Furstenburg, & Verma, 2002). In the present study, adolescents’ relationships with their mothers, fathers, romantic partners, and best friends were investigated. The sample consisted of mainly White and Coloured late-adolescents from four schools in and around a large country town, representing different cultures and socio-economic backgrounds. Their relationships were investigated by assessing in what relationships adolescents reported the most and least of certain relationship qualities like support and intimacy. This was assessed with the use of two self-report questionnaires. The questionnaires used was the Network of Relationships Inventory (NRI), a 33-item Likerttype scale with which intimacy, companionship, affection, nurturance, satisfaction, relative power, punishment and conflict (C1) was assessed, and the Quality of Relationships Inventory (QRI), a 25-item Likert-type scale with which support and conflict (C2) was assessed (Touliatos, Perlmutter, & Holden, 2001). It was found that adolescents reported the different relationship qualities differently in all their relationships. The following are the main findings for the different relationship qualities: - Support: Support was found to be equally as high for mothers, best friends and romantic partners, with fathers ranked lowest for support. - Intimacy: Intimacy with romantic partners was reported as being the highest, followed by best friends and then mothers and intimacy from fathers being the lowest. - Companionship: The highest level of companionship was reported for best friends and romantic partners, who did not differ significantly from each other. This was followed by companionship from mothers and companionship from fathers was the lowest. - Affection: The highest level of affection was reported for mothers, followed by romantic partners and then fathers, with the lowest levels of affection coming from best friends. - Nurturance: Romantic partners were rated highest for nurturance, followed by best friends and mothers, who did not differ significantly from each other. The lowest level of nurturance was reported for fathers. - Satisfaction: Adolescents were most satisfied with their romantic relationships, best friends and mother-relationships, as they did not differ significantly from each others. Adolescents were least satisfied with their father-relationships. - Relative Power: Adolescents felt most powerful in their mother-relationships, followed by their relationships with their fathers. The third most power was reported in romantic relationships and adolescents felt the least powerful in their relationships with their best friends. - Punishment: Adolescents were punished most by their mothers, then their fathers and then their romantic partners and they were punished least by their best friends. - Conflict: Conflict reported was equally as high for mothers, fathers and romantic partners, with the lowest levels of conflict reported with their best friends. Apart from the above findings, analyses were also done between the different relationship qualities, relationships, and certain demographic factors. The results are supported by the developmental-contextual framework, as it emphasizes how the different aspects of adolescents’ relationships and lives are interrelated.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die belangrike rol wat interpersoonlike verhoudings in die ontwikkelingstadium van adolessensie speel, is al breedvoerig gedemonstreer in die literatuur (bv. Brown, 1991; Gottlieb, 1991; Larson, Wilson, Brown, Furstenburg, & Verma, 2002). In die huidige studie is adolessente se verhoudings met hul ma’s, pa’s, romantiese vennote, en beste vriende ondersoek. Die steekproef het bestaan uit hoofsaaklik Kleurling en Wit laat-adolessente van vier skole in en om ‘n groot plattelandse dorp, verteenwoordigend van verskillende kulture en sosio-ekonomiese agtergronde. Hul verhoudings is ondersoek deur te meet in watter verhoudings die meeste en minste van sekere verhoudingskwaliteite soos ondersteuning en intimiteit, gerapporteer is. Dit is ge-asseseer met die gebruik van twee self-rapporteer vraelyste. Die vraelyste wat gebruik is, was die “Network of Relationships Inventory (NRI)”, ‘n 33-item Likert-tipe skaal waarmee intimiteit, kameraadskap, toegeneentheid, versorging, tevredenheid, relatiewe mag, straf en konflik (C1) ge-asseseer is, en die “Quality of Relationships Inventory (QRI)”, ‘n 25-item Likert-tipe skaal waarmee ondersteuning en konflik (C2) ge-asseseer is (Touliatos, Perlmutter, & Holden, 2001). Dit is bevind dat adolessente die verskillende verhoudingskwaliteite verskillend gerapporteer het vir die verskillende verhoudings. Die volgende is die hoofbevindings vir die verskillende verhoudingskwaliteite: - Ondersteuning: Adolessente het die meeste en gelyke ondersteuning gerapporteer van hul ma’s, beste vriende en romantiese vennote, met die laagste ondersteuning komende van pa’s. - Intimiteit: Intimiteit met romantiese vennote is gerapporteer as die hoogste, gevolg deur beste vriende en dan romantiese vennote, en die minste intimiteit met pa’s. - Kameraadskap: Die hoogste vlak van kameraadskap is gerapporteer vir beste vriende en romantiese vennote wat nie beduidend van mekaar verskil het nie. Kameraadskap met ma’s was derde en kameraadskap met pa’s was laaste. - Toegeneentheid: Die hoogste vlak van toegeneentheid is gerapporteer vir ma’s, gevolg deur romantiese vennote en dan pa’s, met die minste toegeneentheid gerapporteer vir beste vriende. - Versorging: Romantiese vennote is die hoogste ge-ag vir versorging, gevolg deur ma’s en beste vriende, wat nie beduidend van mekaar verskil het nie. Die minste versorging is gerapporteer van pa’s. - Tevredenheid: Adolessente was mees tevrede met hul verhoudings met hul ma’s, beste vriende en romantiese vennote, wat nie beduidend van mekaar verskil het nie. Hulle was die minste tevrede met hul verhoudings met hul pa’s. - Relatiewe mag: Adolessente het die meeste mag gerapporteer in hul verhoudings met hul ma’s, gevolg deur hul pa’s en dan hul romantiese vennote, met die minste mag in hul verhoudings met hul beste vriende. - Straf: Adolessente is die meeste gestraf deur hul ma’s en dan hul pa’s, gevolg deur hul romantiese vennote en laastens hul beste vriende. - Konflik: Konflik was ewe hoog vir ma’s, pa’s en romantiese vennote, met die minste konflik gerapporteer vir beste vriende. Buiten bogenoemde resultate, is daar ook analises gedoen tussen die verskillende verhoudingskwaliteite, verhoudings en sekere demografiese faktore. Die resultate word ondersteun deur die ontwikkelings-kontekstuele raamwerk, aangesien dit beklemtoon hoe die verskillende aspekte van adolessente se verhoudings en lewens verbind is.
Description
Thesis (MA (Psychology))--University of Stellenbosch, 2011.
Keywords
Teenagers, Friendship in adolescence, Romantic relationships, Parent and teenager, Peer pressure, Teenagers -- Dating, Adolescent psychology, Dissertations -- Psychology, Theses -- Psychology
Citation