Social mobility and cohesion in post-apartheid South Africa

Date
2015-04
Authors
Von Fintel, Marisa
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Twenty years after the end of apartheid, South Africa remains one of the most unequal countries in the world. Socio-economic polarisation is entrenched by the lack of social capital and interactions across racial and economic divides, blocking pathways out of poverty. This dissertation examines social mobility and cohesion in post-apartheid South Africa by considering three related topics. Chapter 2 of the dissertation examines the impact of school quality on the academic performance of disadvantaged learners as one of the most important enforcing factors perpetuating the social and economic divides. Given the historic racial and economic stratification of the South African public school system, many black children are sent to historically white public schools as a way to escape poverty. Using longitudinal data, this chapter estimates the effect of attending a historically white school on the numeracy and literacy scores of black children. The main challenge is to address the selection bias in the estimates, for which a value-added approach is implemented in order to control for unobserved child-specific heterogeneity. In addition, various household covariates are used to control for household-level differences among children. The results indicate that the attendance of a former white school has a large and statistically significant impact on academic performance in both literacy and numeracy which translates into more than a year’s worth of learning. The main finding is robust to various robustness checks. In Chapter 3 the dissertation examines social cohesion by considering the concept of reference groups used in the evaluation of relative standing in utility functions. The chapter develops a model in which various parameters are allowed to enter the utility function without linearity constraints in order to determine the weight placed on the well-being of individuals in the same race group as the respondent versus all the other race groups living in one of three specified geographic areas. The findings suggest that reference groups have shifted away from a purely racial delineation to a more inclusive one subsequent to the country’s first democratic elections in 1994. Although most of the weight is still placed on same-race relative standing, the estimates suggest that individuals from other race groups also enter the utility function. The chapter also examines the spatial variation of reference groups and finds evidence that the relative standing of close others (such as neighbours) enter the utility function positively while individuals who live further away (strangers) enter the utility function negatively. Finally, Chapter 4 provides a summary of the dynamics of income in South Africa, using longitudinal household data. Chapter 4 is aimed at separating structural trends in income from stochastic shocks and measurement error, and makes use of an asset-based approach. It first estimates the percentage of individuals who were in chronic poverty between 2010 and 2012 and then estimates the shape of structural income dynamics in order to test for the existence of one or more dynamic equilibrium points, which would be indicative of the existence of a poverty trap. The findings do not provide any evidence for the existence of a poverty trap. In addition, contrary to earlier findings, the results do not provide evidence for the existence of an asset-based threshold at which the structural income accumulation paths of households bifurcate. Instead, the results seem to indicate the existence of a threshold beyond which structural income remains persistent with very little upward mobility. The robustness of the results is confirmed by making use of control functions in order to correct for any measurement error which may exist in the data on assets.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Twintig jaar nadat apartheid beëindig is word Suid-Afrika steeds as een van die wêreld se mees ongelyke lande gekenmerk. Sosio-ekonomiese polarisasie word verskans deur die gebrek aan sosiale kapitaal en interaksies tussen rassegroepe en ekonomiese klasse, wat lei tot die versperring van roetes uit armoede. Hierdie proefskrif bestudeer sosiale mobiliteit en samehorigheid in post-apartheid Suid- Afrika deur middel van drie verwante onderwerpe. Hoofstuk 2 van hierdie proefskrif ondersoek die impak van skoolkwaliteit op die akademiese prestasie van benadeelde leerders as een van die belangrikste faktore wat huidige sosiale en ekonomiese skeidings afdwing. Gegewe die historiese verdeling van die openbare skoolstelsel volgens ras en ekonomiese status, word heelwat swart kinders na historiese blanke skole gestuur ten einde armoede te ontsnap. Deur gebruik te maak van paneeldata word die impak van skoolbywoning van ’n historiese blanke skool op die geletterheid van swart kinders - in beide wiskunde en Engels - beraam. Die grootste uitdaging is om enige sydigheid in die beramings aan te spreek, waarvoor daar van ’n waarde-toevoegings inslag gebruik gemaak word ten einde te kontroleer vir enige individuele heterogeniteit. ’n Verskeidenheid kontroles op die vlak van die huishouding word gebruik ten einde te kontroleer vir verskille tussen kinders uit verkillende huishoudings. Die resultate dui daarop dat bywoning van ’n historiese wit skool ’n groot en statisties beduidende impak op die akademiese prestasie van beide wiskundige asook litterêre geletterdheid het, wat omgeskakel kan word in meer as ’n jaar se leerwerk. ’n Verskeidenheid verifikasie toetse bevestig die geldigheid van die resultate. Hoofstuk 3 van die proefskrif bestudeer sosiale samehorigheid deur die samestelling van verwysingsgroepe in die evaluasie van relatiewe posisionering in nutsfunksies te oorweeg. Die hoofstuk ontwikkel ’n model waarin verskeie parameters sonder liniêre beperkings in die nutsfunksie toegelaat word ten einde die gewig te beraam wat geplaas word op die welstand van individue in dieselfde rasgroep as die respondent teenoor al die ander rasgroepe wat in een van drie gespesifiseerde geografiese areas woon. Die bevindings dui daarop dat, na die land se eerste demokratiese verkiesings in 1994, die definiering van verwysingsgroepe weggeskuif het van ’n verdeling volgens ras na ’n meer inklusiewe definisie. Alhoewel meeste van die gewig steeds geplaas word op relatiewe posisionering teenoor individue van dieselfde ras, dui die beramings daarop dat individue van ander rassegroepe ook ingesluit word in die nutsfunksie. Die hoofstuk beoordeel ook die ruimtelike variasie van verwysingsgroepe en bevind dat die relatiewe posisionering van nabye individue (soos byvoorbeeld bure) die nutsfunksie positief beïnvloed terwyl individue wat vêr weg woon (vreemdelinge) die nutsfunksie negatief beïnvloed. Hoofstuk 4 van die proefskrif sluit af met ’n opsomming van die inkomste dinamika in Suid-Afrika, deur gebruik te maak van paneelhuishoudingdata. Die laaste hoofstuk mik om die strukturele tendens in inkomste van enige stogastiese skokke en metingsfoute te isoleer en maak gebruik van ’n bate-gebasseerde inslag. Dit beraam eerstens die persentasie van individue wat in kroniese armoede verkeer het tussen 2010 en 2012 en beraam dan die vorm van die strukturele inkomste dinamika. Dit word gedoen ten einde vir die bestaan van een of meer dinamiese ekwilibrium punte te toets, wat aanduidend sou wees van die bestaan van ’n armoedestrik. Die bevindings bied nie enige bewyse vir die bestaan van ’n armoedestrik nie. Ook bied die resultate geen bewyse vir die bestaan van ’n bategebasseerde drempel waar die strukturele inkomste akkumulasieroetes van huishoudings vertak nie, in teenstelling met vorige resultate. In plaas daarvan, blyk die resultate te dui op die bestaan van ’n drempel waarna strukturele inkomste volhardend bly met baie min opwaardse mobiliteit. Die geldigheid van die resultate word bevestig deur gebruik te maak van kontrolefunksies ten einde te korrigeer vir enige metingsfoute wat moontlik in die data van bates mag bestaan.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2015
Keywords
Social mobility -- South Africa, School choice -- South Africa, School quality -- South Africa, Subjective well-being -- South Africa, Educational equalization -- South Africa, Poverty -- South Africa, UCTD, Reference groups -- South Africa, Social interaction -- South Africa, Income distribution -- South Africa
Citation