Identiteit en transformasie : 'n prakties-teologiese ondersoek na die verband tussen die identiteit en transformasie van Christelike geloofsgemeenskappe in die teologie van H. Richard Niebuhr

Date
1999-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study focuses on the relation between the identity and transformation of Christian faith communities, with reference to the theology of H Richard Niebuhr. The research put the hypothesis that identity and transformation, in the thought of H Richard Niebuhr, are in a relation of interdependence, because, in his thought identity has a hermeneutical function. The actuality of the above mentioned theme is discussed in part one (Chapters 1-3) of the study. Five different approaches towards identity are distinguished and discussed according to a specific example. The five approaches are the essensialistic, the functional, the dialogical, the linguistic and the narrative. In the discussion of every approach the focus is on the relation between identity and transformation. The indication is that the essensialistic and functional approaches put identity and transformation in a relation of opposites. The other approaches view this relationship in a more positive way. The concept of transformation is discussed in Chapter 3. Special attention is given to the view of congregational studies on the transformation of faith communities. Part two focuses on the theology of H Richard Niebuhr. After an initial review of his life and thought, a study is made in Chapter 4 of his identity theory. The conclusion is made that Niebuhr views identity as a way of self-knowledge or self-understanding. Niebuhr's hermeneutical identity theory, his radical historical epistemology and his theory on time, lead to a linguistic-narrative structure of identity. For Niebuhr Christian identity is in close relation with the self-revelation of God. In Chapter 4 a survey is conducted on Niebuhr's transformation theory. Transformation as a central theme in his theology is linked with the relational character of his thinking. This is the reason why the ethical metaphor "responsibility" as a dialogical category, is seen as the basic frame for Niebuhr's transformation theory. Three conversations are identified, namely the conversation with the sovereign God as the catalyst for transformation, the conversation with the past and the conversation with the context. The conversation with God holds, for Niebuhr, primate, because "God is acting in all actions ... " Self-value is therefore derived from the self-revelation of God. Transformation, therefore, is not an ethical calling in the first place, but 'n theological reality In the conversation with the past, an ongoing process of reconstruction takes place every time the past is remembered. The revelation enables us to remember the full story of the past. Niebuhr applies the ongoing conversation with the context ecclesiologically. The faith community therefore is unavoidably in conversation with the context. The faith community must be viewed as a dynamic movement, that asks continuously how God is revealing Himself in the context. This is the reason why Niebuhr holds the view that the church defines itself in terms of the context. In the conclusion it is established that the hypothesis is well-founded. The study is concluded with a number of practical theological applications.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie word die verband tussen die identiteit en transformasie van Christelike geloofsgemeenskappe aan die hand van die teologie van H Richard Niebuhr ondersoek. Die ondersoek stel die hipotese dat identiteit en transformasie by H Richard Niebuhr in 'n interafhanklike verhouding staan, as gevolg van die hermeneutiese funksie wat hy aan identiteit toeken. In die eerste deel (Hoofstukke 1-3) word die aktualiteit van 'n ondersoek ten opsigte van die verband tussen die identiteit en transformasie van Christelike geloofsgemeenskappe bespreek. Daama word vyf benaderings tot identiteit geïdentifiseer en bespreek aan die hand van 'n eksponent van elke benadering. Die vyf benaderings is die essensialistiese, die funksionele, die dialogiese, die linguistiese en die narratiewe benadering. Daar word by elke benadering gewys op die verband waarin identiteit en transformasie tot mekaar staan. Daar word aangetoon dat die essensialistiese en die funksionele benadering, identiteit in 'n konkurrente verhouding tot transformasie plaas, terwyl die dialogiese, linguistiese en narratiewe benadering 'n positiewe verband tussen identiteit en transformasie handhaaf. In die derde hoofstuk word transformasie as konsep ontleed. Daar word onder andere gekyk na die wyse waarop daar in die veld van gemeentestudies oor die transformasie van Christelike geloofsgemeenskappe gedink word. Die tweede deel van die studie word gewy aan die teologie van H Richard Niebuhr. Na 'n aanvanklike inleiding oor sy lewe en denke, word daar in Hoofstuk 4 ondersoek ingestel na sy identiteitsteorie. Daar word vasgestel dat Niebuhr 'n hermeneutiese funksie aan identiteit toeken. Identiteit is vir hom 'n hermeneutiese proses van selfverstaan. Die verband tussen Niebuhr se hermeneutiese identiteitsbegrip, sy radikaal historiese epistemologie en sy tydsbegrip het 'n linguisties-narratiewe struktuur van selfverstaan tot gevolg. Daar word aangetoon dat Niebuhr die selfopenbaring van God, direk in verband bring met die proses van selfverstaan. In Hoofstuk 5 word daar ondersoek gedoen na Niebuhr se transformasieteorie. Die sentrale rol wat transformasie as tema in sy denke speel, het primêr te make met die relasionele aard van sy denke. Die etiese metafoor, "responsibility" as 'n dialogiese kategorie, vorm daarom die raamwerk van Niebuhr se transformasieteorie. Daar word gewys op die feit dat transformasie vir hom die resultaat is van die dialoog met die soewereine God, met die verlede en met die konteks. In hierdie tridium van gesprekke, het die gesprek met God primaat, omdat God vir Niebuhr teenwoordig is in alles wat met ons gebeur. Selfwaarde word vir Niebuhr ontleen aan die selfopenbaring van God. Transformasie is daarom nie soseer 'n etiese opdrag as wat dit 'n teologiese realiteit is nie. In die gesprek met die verlede vind 'n voortdurende proses van rekonstruksie van die hede plaas. Die openbaring stel ons in staat om die volle verhaal van die verlede in herinnering te roep. Die gesprek met die konteks word ekklesiologies toegepas. Die kerk is volgens Niebuhr noodgedwonge in 'n voortdurende gesprek met die konteks. Die Christelike geloofsgemeenskap moet daarom eerder as 'n dinamiese beweging gesien word, wat voortdurend vra hoe God besig is om homself in die konteks te openbaar. Die kerk kan daarom nie anders as om haarself te verstaan in terme van die konteks nie. In die samevattende konklusie word bevind dat die hipotese soos gestel in Hoofstuk 1, 'n gegronde hipotese is. Daar word afgesluit met 'n aantal prakties-teologiese toepassings.
Description
Thesis (DTh)--Stellenbosch University, 1999.
Keywords
Citation