‘Digital surveillance’ from the perspective of ‘Christian Freedom’ : a theological assessment in conversation with Martin Luther and Dietrich Bonhoeffer
Date
2022-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Digital surveillance as a dominant phenomenon of current life is increasingly coming
under scrutiny by sociological and economic research because of its impact on individuals and societies. Theologians can contribute to this discourse through their focus on the human-divine relationship and its ethical implications. This thesis investigates in what way Christian freedom according to the Lutheran tradition can speak critically and constructively to the problematic aspects of digital monitoring. To this end the practice of pervasive data harvesting and processing by state and commercial operators is placed within a wider framework of historical, cultural,
political, social, economic and technological parameters. This analysis raises serious concerns about governance, the handling of power and the role of technology, but also about human dignity, the notion of human freedom and the overall understanding of
the human person as such. The dilemma of an adequate response to these challenges has to do with human ambiguity, resignation and dependency on the digital medium.
The subsequent exploration of Christian freedom first relies on Luther’s seminal considerations on freedom, which reflect his God-related anthropology. As a divine gift of grace, granting justification, forgiveness and a liberated existence in Christ, freedom is realized as loving commitment to others in faithfulness towards God. In society, freedom unfolds its dynamic within the twofold rule of God in the worldly and the spiritual kingdom. Bonhoeffer portrays freedom as anchored in the reconciliation reality revealed in Christ, characterizing it as ‘creaturely freedom’ for God, from
creation and for others. It is the basis for a new humanity in conformation to Christ and
a life that is determined by accountability before God and mutual human responsibility.
The ethical claim embodied in ‘the other’ is honoured in love and obedience towards the divine will and in vicarious representative action for others. To describe the specific tasks of Christians and government in society, Bonhoeffer leans on Luther’s twokingdoms- approach, appropriating it for his own time.
A Reformation-based theology thus identifies the worldview of the digital surveillance paradigm as strongly self-referential and devoid of a transcendent perspective. This results in an inappropriate view of the human person and a self-centred concept of
freedom, which abets the neglect of others, the avoiding of responsibility and the danger of dispensing with moral considerations. Christian freedom constitutes an antidote, emphasizing the gift-character of human life, the liberation from perpetual
self-justification and the inescapable judgement of data permanence through God’s judgement of grace. In rejecting the utilitarian calculus of digital abstraction, it affirms the wholeness and value of individual personhood. Against ideas of freedom as convenience, predictability and risk-free safety and its side-effects of dependency and (self)objectification, freedom is upheld as reciprocity, grounded in bonds of trust, wherein responsibility is embraced as divine empowerment to serve others and for genuine ‘self-realization’. This approach can represent an alternative way of living and
acting in a digitally dominated world. The critical assessment of digital surveillance shows the urgent need to find agreement on certain values based on a shared experience of humanity.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Digitale bewaking, as ’n dominante fenomeen van die hedendaagse lewe, is toenemend die onderwerp van sosiologiese en ekonomiese navorsing vanweë die impak op individue en samelewings. Teoloë kan tot hierdie diskoers bydra deur hulle fokus op die verhouding tussen mens en God en die etiese implikasies daarvan. Hierdie tesis ondersoek in watter opsig Christelike vryheid volgens die Lutherse tradisie krities en konstruktief uitspraak lewer oor die problematiese aspekte van digitale monitering. Vir hierdie doel word die praktyk van omvattende data-insameling en -verwerking deur staats- en kommersiële operateurs binne ’n breë historiese, kulturele, politieke, sosiale, ekonomiese en tegnologiese raamwerk gestel. Hierdie analise wek ernstige kommer oor bestuursgedrag, die hantering van mag en die rol van tegnologie, maar ook oor menswaardigheid, die konsep van menslike vryheid en die verstaan van die mens in die algemeen. Die dilemma van ’n gepaste antwoord op hierdie uitdagings het te make met menslike ambivalensie, oorgawe aan en afhanklikheid van die digitale medium. Die daaropvolgende ondersoek van Christelike vryheid maak eerstens staat op Luther se seminale oorwegings wat sy God-verwante antropologie reflekteer. Vryheid word beskou as ’n goddelike gawe van genade, die skenk van regverdiging, vergifnis en ’n bevryde bestaan in Christus. Dit word verwerklik in ’n liefdevolle verbondenheid met ander mense wat uit getroudheid aan God spruit. In die samelewing ontsluit vryheid sy dinamiek binne die tweevoudige heerskappy van God in die wêreldse en die geestelike koninkryk. Bonhoeffer beeld vryheid uit as geanker in die werklikheid van versoening soos in Christus geopenbaar. Hy karakteriseer dit as ‘vryheid van die kreatuur’ vir God, vanuit die skepping en ter wille van ander. Dit is die basis vir ’n nuwe menslikheid in ooreenstemming met Christus en ’n lewe wat bepaal word deur aanspreeklikheid teenoor God en wedersydse menslike verantwoordelikheid. Die etiese aanspraak beliggaam in ‘die ander’ word eerbiedig in liefde en gehoorsamheid teenoor die goddelike wil en in die plaasvervangende verteenwoordiging vir ander. In sy beskrywing van die spesifieke take van Christene en regerings in die samelewing, steun Bonhoeffer op Luther se twee-koninkryke-benadering en pas dit aan vir sy eie tyd ’n Reformasie-gebaseerde teologie identifiseer dus die wêreldbeeld van die digitale bewakingsparadigma as sterk self-verwysend en sonder ’n transendente perspektief. Dit lei tot ’n misplaaste opvatting van die mens en ’n self-behepte voorstelling van vryheid wat die verontagsaming van ander, vermyding van verantwoordelikheid en die gevaar van die minagting van morele oorwegings bevorder. Christelike vryheid stel ’n teenmiddel daar wat die geskenk-karakter van die menslike lewe beklemtoon asook die bevryding van permanente selfregverdiging en van die onontkombare oordeel van datapermanensie deur God se oordeel van genade bewerkstellig. Deur nuttigheidslogika van digitale abstraksie te verwerp, bevestig Christelike vryheid die integriteit en waarde van individuele persoonskap. Teenoor die idees van vryheid as gerieflikheid, voorspelbaarheid en risikolose veiligheid, met sy newe-effekte van afhanklikheid en (self)objektivering, word vryheid as wederkerig verstaan, gegrond in ’n vertrouensverbond, waarbinne verantwoordelikheid aangegryp word as goddelike bemagtiging om ander te dien en ware self-verwesentliking te bereik. Hierdie benadering verteenwoordig ’n alternatiewe manier om binne ’n digitale wêreld te leef en te handel. Die kritiese ontleding van digitale bewaking toon die dringende behoefte om ooreenstemming te vind oor sekere waardes wat op ’n gedeelte ondervinding van menswees gebaseer is.

Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Christian ethics, Bonhoeffer, Dietrich, 1906-1945, Luther, Martin, 1483-1546, UCTD