Evaluating the effects of a training programme in mindfulness based interventions in South Africa

Date
2023-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: The training of teachers of contemporary mindfulness-based approaches requires a range of competencies to be developed, embedded within which is the implicit paradox that learning and sharing mindfulness is a life-long journey, while at the same time is always present centered. The capacity of a teacher of this approach to embody the immanence of mindfulness is fundamental to this process. Thus training of teachers involves a complex interplay of experiential learning, theoretical understanding, group enquiry and periods of silent practice, both self-directed and guided. At its essence, mindfulness is the momentary knowing of the phenomena moving through the present moment, and is, as such, a subjective experience. In general the training of mindfulness-based teachers over the last two decades has been through institutions in developed countries. At the same time much of the research in the field has emerged from similar regions. While mindfulness as a practice and ethos is consistent irrespective of context, it is nonetheless important to consider that context influences the way in which mindfulness is effectively and skillfully shared, given the particular psycho-social, economic and demographics dynamics of a given country. The research presented in this dissertation is based on the experience of trainee teachers and graduates of a two-year, university-level training in mindfulness-based interventions (MBIs) in South Africa, considered a low-middle income country. As such the context is different from the prevailing regions where most teacher training is currently offered. The focus in this dissertation is primarily on the experience of those undergoing the training as the source of data. The research arc can be considered an inward-outward movement, tracking aspects of the learning journey during the training through to the sharing of mindfulness in communities, which represent many of the enormously challenging dimensions of life for a majority of South Africans. The methodological approach is a mixed-methods one, in which quantitative data using standardised scales as well as surveys are considered alongside qualitative analysis from various data sources, such as focus group and individual interviews. The findings and implications that emerge from this research are applicable to both mindfulness-based pedagogy as well as the sharing of mindfulness in diverse communities, in which skillful adaptation and trauma sensitivity are central features.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die opleiding van leermeesters van kontemporere bewustelikheidsgebaseerde benaderings (mindfulness-based approaches) vereis die ontwikkeling van ’n reeks vaardighede waarin ’n implisiete paradoks verweef is: die aanleer en onderrig van bewustelikheid is ’n lewenslange onderneming, maar dit is eweneens hedegesentreerd. Die leermeester se vermoe om die immanensie van bewustelikheid te beliggaam is fundamenteel tot hierdie proses. Daarom behels opleiding ’n komplekse wisselwerking van ervaringsleer, teoretiese begrip, groepondersoek en tydperke van stil praktyk, beide selfgerig en deur ’n ander gelei. In sy wese is bewustelikheid die momentele kennis van die verskynsels wat deur die huidige oomblik beweeg, en is dus ’n subjektiewe ervaring. Die opleiding van leermeesters van kontemporere bewustelikheidsgebaseerde benaderings (mindfulness-based approaches) vereis die ontwikkeling van ’n reeks vaardighede waarin ’n implisiete paradoks verweef is: die aanleer en onderrig van bewustelikheid is ’n lewenslange onderneming, maar dit is eweneens hedegesentreerd. Die leermeester se vermoe om die immanensie van bewustelikheid te beliggaam is fundamenteel tot hierdie proses. Daarom behels opleiding ’n komplekse wisselwerking van ervaringsleer, teoretiese begrip, groepondersoek en tydperke van stil praktyk, beide selfgerig en deur ’n ander gelei. In sy wese is bewustelikheid die momentele kennis van die verskynsels wat deur die huidige oomblik beweeg, en is dus ’n subjektiewe ervaring. Die navorsing wat in hierdie proefskrif voorgele word, is gebaseer op leerlingleermeesters en gegradueerdes se ervarings van ’n tweejaaropleiding op universiteitsvlak in bewustelikheidsgebaseerde ingrypings (mindfulness-based Interventions, MBIs) in Suid-Afrika, wat as ’n land met ’n laemiddel-inkomste beskou word. As sodanig verskil die konteks van die in die heersende streke waar die meeste leermeesteropleiding plaasvind. Daar word ook gefokus op die ervaring van diegene wat die opleiding ondergaan as die primere bron van data. Die navorsingsboog kan beskou word as ’n inwaarts-uitwaartse beweging: Navorsing volg aspekte van die leerervaring vanaf opleiding tot waar gemeenskappe waarin talle van die hoogs uitdagende lewensdimensies van die meeste Suid-Afrikaners teenwoordig is, deelgenote van bewustelikheid gemaak word. Die metodologiese benadering is ’n gemengde metode, waarin kwantitatiewe data vanuit gestandaardiseerde skale en opnames oorweeg word saam met kwalitatiewe ontleding van verskeie databronne, soos fokusgroep- en individuele onderhoude. Die bevindings en implikasies wat uit hierdie navorsing voortspruit, is van toepassing op beide bewustelikheidsgebaseerde pedagogie en die deel van bewustelikheid met diverse gemeenskappe. Hierin is vaardige aanpassing en traumasensitiwiteit sentrale kenmerke.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2023.
Keywords
Citation