The Law and the Gentiles in Acts 15 : divine authority between the scriptures of Israel and Jesus on the law

Date
2017-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This dissertation reads Peter's speech and James' speech in Acts 15 in light of Jesus' view of the law in the Gospel of Luke. In Luke's presentation of the Jerusalem Council, Peter and James appropriate different aspects of Jesus' teaching. Recalling Jesus' taking issue with the Pharisees for focusing on the outside behavior of cleansing cups and plates in Luke 11:37-41, Peter in Acts 15 uses Jesus' emphases that it is the inside that renders a person clean; James reflects Jesus' teaching in Luke 24:47 that the Scriptures speak of repentance for the forgiveness of sins among all the nations on the basis of the name of Jesus. In response to the demand of the Jewish believers for the Gentile believers to be circumcised and ordered to keep the law in relation to their salvation, Peter emphasizes the certainty of the salvation of Gentile believers, pointing out that God cleanses their heart when they respond to the gospel through faith (Acts 15:9); James uses the connection between the name of Jesus and the forgiveness of sins for including people within the Jesus movement. James in the book of Acts uses an Amos text from the Scriptures that speaks of Gentiles being included among the people of God as called by God's name. James emphasizes that the way for Gentile believers to bear the name of God is through their calling upon the name of Jesus for the forgiveness of sins. Therefore, James orders that the Gentile believers not be circumcised. Through reference to Jesus' stress upon the importance of the inside in one's relationship with God, and to Jesus' teaching that his name offers forgiveness of sins, Luke in Acts shows that the identity of the Jesus movement is the purification of the heart and the calling upon the name of Jesus. These two elements are vital for Luke' presentation of what constitutes salvation.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie proefskrif vertolk Petrus en Jakobus se toesprake in Handelinge 15 in die lig van Jesus se siening van die wet in die Evangelie van Lukas. In Lukas se uitbeelding van die Jerusalem Raad, neem Petrus en Jakobus verskillende aspekte van Jesus se onderrig in Lukas op. Gedagtig aan hoe Jesus teenoor die Fariseërs reageer het ten opsigte van hul fokus op uiterlike gedrag met verwysing na die was van bekers en borde in Lukas 11: 37-41, gebruik Petrus in Handelinge 15 Jesus se beklemtoning dat 'n persoon aan die binnekant skoon moet wees; Jakobus weer weerspieël Jesus se onderrig in Lukas 24:47 dat die Bybelse Geskrifte die bekering tot vergifnis van sondes onder al die nasies benadruk op grond van die naam van Jesus. In reaksie op die vraag van die Joodse gelowiges of nie-Joodse gelowiges besny moet word en beveel moet word om die wet te hou met die oog op hul redding, beklemtoon Petrus die sekerheid van die redding van nie-Joodse gelowiges, en wys daarop dat God hulle harte reinig wanneer hulle reageer op die evangelie in die geloof (Hand 15: 9); Jakobus gebruik die verband tussen die naam van Jesus en die vergifnis van sonde ten opsigte van die insluiting van mense binne die Jesus-beweging. Jakobus maak in die boek Handelinge gebruik van 'n Amos teks van die Bybelse Geskrifte wat praat van heidene wat ingesluit word as mense van God as geroep in God se naam. Jakobus beklemtoon dat vir nie-Joodse gelowiges die wyse om die naam van God te dra, is om hul op die naam van Jesus te beroep vir die vergifnis van sondes. Daarom beveel Jakobus dat die nie-Joodse gelowiges nie besny moet word nie. Deur te verwys na Jesus se beklemtoning van die belangrikheid van die innerlike in 'n mens se verhouding met God, en Jesus se onderrig dat sy naam vergifnis bied van sondes, toon Lukas in Handelinge die identiteit van die Jesus-beweging aan as die suiwering van harte en ʼn beroep op die naam van Jesus. Hierdie twee elemente is deurslaggewend vir hoe Lukas redding uitbeeld.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2017.
Keywords
Jesus Christ -- Name, Bible. Acts, XV -- Criticism, interpretation, etc., Salvation, UCTD
Citation